Wat kan ek studeer?
Akademia bied ’n verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker.
FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
NAUURSE ONDERRIGMODEL
Die Nagraadse Diploma in Belasting is bedoel vir studente wat ʼn loopbaan in belasting beoog. Die student kry die kennis en vaardighede wat benodig word om ʼn belastingkenner te word wat in staat is om organisatoriese en individuele nakoming van die vereistes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Tesourie te verseker. Die suksesvolle student is in staat om ontwikkelinge in die verskillende velde van belasting te ontleed.
Die doel van die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde is om studente voor te berei as bestuursrekenmeesters in die werkplek. Die kwalifikasie sal studente toerus met insig in die wêreld van finansiële bestuur vanuit ʼn korporatiewe en individuele perspektief, met die klem op die verbetering van besluitneming in ʼn mededingende omgewing.
Die Baccalaureusgraad in Bestuursrekeningkunde bemagtig die student om die beginsels van bestuursrekeningkunde te verstaan en in die praktyk toe te pas. Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in beginsels en praktyk van bestuursrekeningkunde, finansiële bestuur, finansiële rekeningkunde, bedryfsetiek en korporatiewe bestuur.
Die Baccalaureusgraad in Ekonomie en Regte bemagtig die student om die beginsels van Ekonomie en Regte te verstaan en om dié beginsels in die praktyk toe te pas. Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in beginsels en praktyk van ekonomie, finansiële bestuur, finansiële rekeningkunde, verskillende aspekte van regswetenskap, die Suid-Afrikaanse regstelsel, en toepassing in die praktyk. Die student word ook voorberei vir verdere studies in ekonomie of regte.
Die Baccalaureusgraad in Finansiële Beplanning bemagtig die student om die beginsels van ekonomie, beleggingsbestuur en finansiële beplanning te verstaan en om dié beginsels in die praktyk toe te pas. Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in beginsels en praktyk van ekonomie, finansiële bestuur, finansiële rekeningkunde, verskillende aspekte van sakebestuur en beleggingsbestuur, en verwante dissiplines. Die student word ook voorberei vir verdere studies in ekonomie of finansiële bestuur.
Die BCom-graad in Ondernemingsbestuur stel die student in staat om die beginsels van bestuur in alle afdelings van ’n onderneming te verstaan en in die praktyk toe te pas. Dit is dus ’n omvattende program wat vir die student ’n breër insig sal gee oor elke aspek van ’n sakeonderneming en ook hoe om hulle eie sakeonderneming op te rig en suksesvol te bestuur.
Die uniekheid van die program lê in die feit dat dit vir jou deure in elke afdeling van ’n onderneming kan oop maak weens die aard van die vakke waaruit dit saamgestel is.