WAT KAN EK MET MY HOËR SERTIFIKAAT IN REKENINGKUNDE DOEN?
Die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde is ʼn praktykgerigte kwalifikasie op NKR-vlak 5. Dit gee ʼn suksesvolle student toegang tot verdere diploma- en graadstudies in die rekeningkundige wetenskap. Ná die voltooiing van hierdie kwalifikasie, sal ʼn student klerikale boekhoufunksies suksesvol kan verrig.
Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (Financial Sector Conduct Authority – FSCA), voorheen bekend as die Finansiëlediensteraad (Financial Services Board – FSB), erken die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde ingevolge hul geskiktheidsvereiste. Dit beteken dat studente wat die kwalifikasie voltooi het, voldoen aan die FAIS se wetlike vereiste vir ʼn kategorie I-finansiëlediensteverskaffer, verteenwoordiger en sleutelindividu.
WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?
NKR-vlak 5
130 krediete
SAKO-nommer: 86487
ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse onderrigmodel
MODULES
Die module bied aan studente kennis van finansiële rekeningkunde, asook die toepassing van hierdie beginsels in ’n organisasie.
Die module bied aan studente kennis en vaardighede om kosterekeningkundige beginsels toe te pas.
Die module bied aan studente ’n begrip vir die basiese beginsels van ekonomiese besluitneming, ekonomiese wisselwerking en hoe die ekonomie in geheel funksioneer.
Die module bied ’n begrip vir inligtingstelsels wat in ’n sakeomgewing toegepas word.