Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Maak ’n blywende bydrae tot Afrikaans

BEPLAN JOU TESTAMENT SLIM, BEMAAK AAN AKADEMIA EN SPAAR BOEDELBELASTING!

Deur jou testamentêre bemaking of erflating aan Akademia help jy om ʼn Afrikaanse studietuiste te bou. Akademia beoog om teen 2025 ʼn omvattende residensiële kampus daar te stel waar 5 000 voorgraadse en 2 000 nagraadse studente op ʼn pragtige kampus in Pretoria kan studeer!

Maak vandag nog ’n bydrae tot ’n

HOOPVOLLE TOEKOMS

HET JY GEWEET?

Akademia is ʼn kwalifiserende openbare weldaadorganisasie (OWO) wat kwalifiseer om jou boedelbelastingaanspreeklikheid te verminder. ʼn Bemaking of erflating van toerusting aan Akademia in ’n testament geld vir boedelbelastingdoeleindes as ʼn aftrekking.

Die onderstaande paragraaf dien as ʼn voorbeeldklousule vir ʼn kontantbemaking aan Akademia:

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R50 000.00 (vyftigduisend rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer 2011/HE08/005.

In die geval van bates of toerusting word dit aanbeveel dat Akademia se regsvennoot bystand bied.

Elke persoon en gesin is uniek, en ons wil jou graag help om jou boedel pas te maak na jou behoeftes. Ons regsverteenwoordigers by Hurter Spies Ingelyf kan jou hiermee bystaan.

Voltooi die vorm om advies oor boedelbelasting te ontvang.


Gereelde vrae oor testamentêre bemakings

’n Erflating is ’n spesifieke bepaling in jou testament wat bepaalde bates (goedere en/of kontant) in jou boedel aan Akademia bemaak. Die voordeel van hierdie soort bemaking is dat jy nie in jou leeftyd ’n uitgawe aangaan nie en steeds gebruik van jou bates behou tot en met afsterwe.

  • Jy het die gebruik van jou bates in jou leeftyd.
  • Jy kan ’n sinvolle bemaking aan Akademia verpersoonlik volgens jou wense.
  • ’n Erflating aan Akademia is vrygestel van boedelbelasting en verminder dus die potensiële boedelbelastingaanspreeklikheid in jou boedel.
  • Jou skenking sal vir dekades die lewens van Afrikaanse studente aan Akademia verander.
  • Dit is ʼn toegewese nalatenskap om jou of ʼn geliefde te eer.
  • ʼn Spesifieke bedrag
  • ʼn Bepaalde belegging (byvoorbeeld aandele)
  • ʼn Toegewese nalatenskap/-fonds vir spesifieke vir een of meer spesifieke doelstellings
  • ʼn Lewens- of uitkeerpolis met Akademia as begunstigde
  • ʼn Persentasie van die boedel
  • Die restant van die boedel

Jy kan ʼn kodisil (aanhangsel) by jou huidige testament voeg waarin jy die bemaking boekstaaf. Daar is sekere vereistes waaraan voldoen moet word, en dit is dus raadsaam om ʼn regskundige te kontak om jou hiermee by te staan.

“Skenking” verwys na ʼn vrywillige verhandeling van eiendom (kontant of in goedere) sonder enige teenprestasie. Die transaksie moet dus kosteloos van aard wees. Waar daar ʼn verwagting ontstaan of geskep word om iets in ruil te kry vir die transaksie, sal dit nie as ʼn skenking beskou word nie.

Kontak Rudi van der Merwe, Akademia se skenkingsfondsbestuurder, by +27 82 406 2869 of via e-pos by skenking@akademia.ac.za om ʼn skenkersvorm aan te vra. Wanneer jy die vorm ingevul het en die betaling gemaak het (bankbesonderhede sal verskaf word), e-pos asseblief die vorm vir verwysingsdoeleindes aan skenking@akademia.ac.za

Elke klein bydrae of skenking tel! Klik hier vir ʼn uiteensetting van die verskillende skenkingsopsies en kies ʼn projek wat jou na aan die hart lê. Kontak gerus vir Rudi van der Merwe, Akademia se skenkingfondsbestuurder, by +27 82 406 2869 of via e-pos by skenking@akademia.ac.za vir verdere opsies.

Kontak Rudi van der Merwe, Akademia se skenkingfondsbestuurder, by +27 82 406 2869 of via e-pos by skenking@akademia.ac.za

Die doel van boedelbelasting is om die oordrag van bates, van die bestorwe boedel na die begunstigdes, te belas en is betaalbaar deur die boedel.

Vanaf 1 Maart 2018 is die koers waarteen boedelbelasting gehef word 20% op die eerste R30 miljoen van die belasbare boedel. Indien die belasbare boedel meer as R30 miljoen oorskry, word boedelbelasting teen 25% gehef, met ʼn primêre korting van R3,5 miljoen.

  • ʼn Testament bied jou ʼn geleentheid om seker te maak dat jou familie versorg is na jou afsterwe.
  • Dis jou enigste kans om te verseker dat jou bates verdeel word volgens jou wense.
  • Dit bied jou die geleentheid om ʼn eksekuteur te nomineer wat jou wense doeltreffend sal uitvoer.
  • Deur ʼn testament op te stel kan jy reeds gedurende jou leeftyd familiekonflik verhoed.

Ja, jy kan, maar as jou testament nie voldoen aan die vereistes van die Wet op Testamente nie, gaan jou testament nie geldig wees nie, wat beteken dat jy intestaat sterf en jou bates verdeel word soos bepaal in die Wet op Intestate Erfopvolging. Dus is dit veiliger om ʼn professionele persoon soos ʼn prokureur en rekeningkundige beampte te raadpleeg om jou behulpsaam te wees met die opstel van ʼn geldige testament. Onthou om jou testament gereeld te hersien sodat dit met groot lewensgebeure soos geboortes en egskeidings tred hou. Regsverteenwoordigers by Hurter Spies Ingelyf kan u hiermee bystaan. Voltooi gerus die elektroniese vorm hierbo.

  • Vir ʼn gratis testament en/of regsadvies, klik hier.
  • Vir finansiële produkte wat kan help met boedelbelasting, kry gratis advies by Solidariteit Finansiële Dienste deur hier te klik.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE