Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

’N PRET-AKTIWITEITSBOEK VIR KINDERS

Ideaal vir leerders in graad 4 tot 7

As ʼn toekomsgerigte gemeenskapsinstelling strewe Akademia daarna om ʼn bekende studietuiste te skep selfs vir die jonger geslagte. Met die daarstel van Fontieland: ʼn Prettige aktiwiteitsboek vir kinders, beoog Akademia om homself aan ʼn jonger gehoor bekend te stel op ʼn interaktiewe wyse wat kinders tussen die ouderdomme van 9- tot 13-jaar oud maklik sal verstaan.

Hierdie pretboek is ideaal om kinders oor naweke, vakansies of op die lang pad besig te hou. Spandeer kwaliteit tyd saam as gesin deur die aktiwiteite te voltooi en saam die avonture van Stella en Hennie in Fontieland te ontdek.

Koerieruitgawes vir eie onkoste.

Fontieland_Webblad(uitsave)-04

Sodra al die aktiwiteite in die Fontieland pretboek voltooi is, kan die oplossings en antwoorde hier afgelaai word.

Kry jou Junior Fontie-hemp nou op Die Winkel

Akademia wil deel in jou kind se toekomsdroom en wil graag sy/haar storie hoor van wat hulle dink hulle gaan doen as hulle ‘groot’ is. Neem ʼn foto van die storie wat sy/hy in die Fontieland pretboekie geskryf het en laai dit vir ons op. Jy kan ook ʼn foto van sy/haar inkleurprentjie op laai. Vir elke inskrywing wat ons ontvang, kwalifiseer jy vir afslag op die Junior Fontie t-hemp of ander Fontieland-produkte.

Geniet jy die pretboek? Deel dit met jou vriende, familie en die skool.

HET JY TERUGVOER EN VOORSTELLE OOR
DIE PRETBOEK?

Ons wil graag van jou hoor. Stuur ʼn e-pos na
juanmarie@akademia.ac.za

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE