Toelatingsvereistes
Akademia bied ’n verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Om vir studies by Akademia gekeur te word moet daar aan die onderstaande vereistes voldoen word.
NAGRAADSE DIPLOMAS – NAUURSE KONTAKMODEL
Om in aanmerking te kom vir toelating tot die Nagraadse Diploma in Belasting, word die volgende benodig:
- BCom (Rekeningkunde) / BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad of ooreenstemmende kwalifikasie op NKR-vlak 7 met Belasting as hoofvak.
Om in aanmerking te kom vir toelating tot die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde, word die volgende benodig:
- BCom (Rekeningkunde) / BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad of ooreenstemmende kwalifikasie op NKR-vlak 7met Rekeningkunde, Finansiële Bestuur of Bestuursrekeningkunde.
NAGRAADSE SERTIFIKAAT – NAUURSE KONTAKMODEL
Om in aanmerking te kom vir toelating tot die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior- en Verdere Onderwys en Opleiding)-kwalifikasie word die volgende benodig:
- Toepaslike B-graad of ʼn verwante diploma van 360 krediete op NKR-vlak 7
- Diploma/graad moet voldoende leer in ʼn dissipline (bv. Wiskunde) in toepaslike akademiese velde insluit: 32 krediete op NKR-vlak 7 vir die hoofvak relevant aan die gekose VOO-skoolvak; 32 krediete op NKR-vlak 6 vir die vak wat relevant is aan die Senior Fase.
Vakonderwyskombinasie | Diploma/graadvakke benodig vir toelating |
---|---|
Aardrykskunde-onderwys (VOO) + Sosiale Wetenskappe-onderwys (SF) |
|
Geskiedenis-onderwys (VOO) + Sosiale Wetenskappe-onderwys (SF) |
|
Afrikaans Huistaal-onderwys (VOO) + Afrikaans Huistaal-onderwys (SF) |
|
Engels Huistaal-onderwys (VOO) + Engels Huistaal-onderwys (SF) |
|
Engels Eerste Addisionele Taal-onderwys (VOO) + Engels Eerste Addisionele Taal-onderwys (SF) |
|
Besigheidstudies-onderwys (VOO) + Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-onderwys (SF) |
|
Ekonomie-onderwys (VOO) + Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-onderwys (SF) |
|
Rekeningkunde-onderwys + Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-onderwys (SF) |
|
Fisiese Wetenskappe-onderwys (VOO) + Natuurwetenskappe-onderwys (SF) |
|
Lewenswetenskappe-onderwys (VOO) + Natuurwetenskappe-onderwys (SF) |
|
Wiskunde-onderwys (VOO) + Wiskunde-onderwys (SF) |
|
Lewensoriëntering-onderwys (VOO) + Afrikaans-onderwys (SF) of Engels-onderwys (SF) of Wiskunde-onderwys (SF) |
OF
|
GRAADKWALIFIKASIES – NAUURSE KONTAKMODEL
Toelatingsvereistes:
- Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) wat graadstudies spesifiseer met ʼn toelatingspunt (TP) van 32 (Lewensoriëntering uitgesluit), met:
- Afrikaans 60%
- Engels 60%
- Wiskunde 50%*
OF
- Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
- Gemiddeld 60%
- Sakeberekeninge 70%
OF
- Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
- Gemiddeld 60%
- Sakeberekeninge 70%
*Wiskundige Geletterdheid (70%) of Tegniese Wiskunde (60%) kan oorweeg word, mits die voornemende student ʼn algehele goeie akademiese profi