TOEKOMSMUSIEK: OMVATTENDE RESIDENSIËLE KAMPUSAANBOD
Akademia beoog om teen 2027 ʼn omvattende residensiële kampus daar te stel waar 5 000 voorgraadse en 2 000 nagraadse studente op ʼn pragtige kampus in Pretoria kan studeer. ʼn Eerste tree tot hierdie ontwikkeling is die tussentydse kampus in Centurion, wat vanaf 2021 ʼn veilige studietuiste vir talle voltydse studente bied. Klik hier vir ʼn volledige uiteensetting van die akademiese aanbod wat op die tussentydse kampus aangebied word.
NAUURSE AFSTANDSMODEL
Die suksesvolle nauurse afstandsmodel gaan steeds voluit voort, en daar word beoog om studentegetalle teen 2025 te sien verdubbel. Hierdie model is die afgelope dekade oor en oor as uniek en besonders effektief bewys, soos onder andere in die soomlose voortgaan van akademiese aktiwiteite tydens die aanvanklike Covid-19-inperkings gesien is. Vanaf 2021 word ʼn bykomende e-leeropsie aan studente gebied om vanaf enige plek in die wêreld gehalte onderrig te ontvang.
Klik hier vir meer inligting oor die nauurse afstandsmodel.
FAKULTEITGROEI
Akademia beoog om in 2025/2026 kwalifikasies in die volgende fakulteite aan te bied:
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
Hierdie fakulteit is tans Akademia se grootste fakulteit en het in 2021 reeds tien kwalifikasies aangebied. Ontwikkeling geskied om ʼn meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) aan te bied. Die dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is dr. Rachel Maritz.
OPVOEDKUNDE
Hierdie fakulteit se eerste kwalifikasie, Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys), word vanaf 2021 aangebied. BEd (Grondslagfase-onderwys) en BEd (Intermediêre Fase-onderwys) is die heel nuutste toevoegings tot die fakulteit. Die twee kwalifikasies word vanaf 2022 voltyds op die Centurion-kampus aangebied. ’n BEdHons (Kurrikulumstudies) en ’n Gevorderde Diploma in Graad R-onderwys word ook ontwikkel. Die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde is prof. Gawie du Toit.
GEESTESWETENSKAPPE
Akademia se eerste kwalifikasie in hierdie fakulteit, BSocSci (Politiek, Filososofie en Ekonomie), gaan suksesvol voort en het in 2022 eerste graduandi gelewer. ʼn Tweede kwalifikasie in hierdie fakulteit, BA (Kommunikasie en Joernalistiek), word vanaf 2021 aangebied. Verdere ontwikkelings geskied om die aanbod te vergroot met kwalifikasies soos BA (Taalstudies), BA (Algemeen), BA (Kultuurwetenskappe), sowel as ’n BAHons (Media en Kommunikasie) en BSocSciHons-graad met spesialisering in Politiek of Globale Politiek. Die dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe is prof. Pieter Duvenage.
GESONDHEIDSWETENSKAPPE
Akademia werk onverpoosd aan die akkreditasieproses om BNur (Verpleegkunde) te mag aanbied.
Daar word ook ontwikkel aan ’n Diploma in Optiese Reseptering en ʼn BOptom (Baccalaureusgraad in Optometrie).
NATUURWETENSKAPPE
REGSGELEERDHEID
INGENIEURSWESE
Akademia beoog om in 2025 die volgende kwalifikasies in ingenieurswese aan te bied:
BIng (Bedryfsingenieurswese)
BIng (Elektriese Ingenieurswese)
BIng (Elektroniese Ingenieurswese)
TEOLOGIE
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2023 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat