Akademia skep verskeie geleenthede deur die jaar om meer inligting te bekom oor ons studierigtings, om ons personeel te ontmoet, kwelvrae te vra en te ervaar wat ons studente ervaar. Indien daar nie ʼn inligtingsessie of opedag is wat jou behoeftes aanspreek nie, bespreek gerus ʼn konsultasie met ʼn studentewerwer of dui jou belangstelling in ʼn toekomstige sessie aan.