Akademia het uitnemende en roepinggedrewe personeel wat bydra tot ’n leerervaring van wêreldgehalte.
Besturende direkteur
Akademiese hoof
Direkteur
Voorsitter en direkteur
Direkteur
Direkteur
Besturende direkteur
Persoonlike assistent
Spesialis: Besigheidsontwikkeling
Dekaan:
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Dr. Rachel Maritz het in 2008 haar doktorsgraad in Ondernemingsbestuur (met spesialisasie in Strategiese Bestuur) aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal. Sy behaal ʼn meestersgraad in bedryfsleiding (MBL) aan Unisa (2002) en ʼn meestersgraad in Afrikaans (Mediakommunikasie) (met lof) by UP, asook BA (Tale) en honneursgraad in Afrikaans (met lof) by dieselfde instansie. Sy ontvang toekennings vir die beste doktorale proefskrif, meestersverhandeling en beste honneursstudent.
Rachel was vroeër vir sestien jaar voltyds verbonde aan die Universiteit van Pretoria se Departement Ondernemingsbestuur (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe). Sy dien as Hoof: Onderrig en Leer in hierdie departement, dien op die Fakulteitskomitee vir Onderrig en Leer, asook op die fakulteitstaakspan vir die fakulteit se internasionale akkreditasie. Tussen 1997 en 2001 was sy werksaam by Telkom as senior konsultant vir interne oudit en Bestuurder: Mededingende Intelligensie.
Rachel het wye ervaring as ʼn strategiekonsultant vir PWC, asook Enterprises UP, en was betrokke by strategieprojekte (onder andere die ontwikkeling, oudit en implementering van strategie) vir uiteenlopende maatskappye. Sy ontwikkel kursusse in strategie vir UP, die plaaslike bedryf, asook vir die internasionale MBA van die Guglielmo Marconi Universiteit in Rome. Sy tree op as studieleier vir meesters- en doktorale studies, asook as eksterne moderator en eksaminator vir programme, verhandelinge en proefskrifte aan ander universiteite. Sy is betrokke by die skryf van handboeke in strategiese bestuur en publiseer verskeie navorsingsartikels in internasionale vaktydskrifte. Haar navorsing fokus op ontplooiende en kreatiewe strategie, strategie in die praktyk, en korporatiewe bestuur.
Departementshoof:
Bestuurswetenskappe Programkoördineerder: BComHons (Ondernemingsbestuur)
Departementshoof:
Ekonomiese en Finansiële
Wetenskappe
Programkoördineerder:
Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde
Dosent:
Finansiële Bestuur
Dosent:
Rekeningkundige Wetenskappe
Dosent:
Statistiek en Beleggingsbestuur
Dosent:
Ondernemingsbestuur en Organisatoriese Bestuur
Dosent:
Voorsieningskettingbestuur
Vakhoof:
Finansiële en Beleggingsbestuur Programkoördineerder: Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde Dosent:
Bestuursrekeningkunde
Dosent:
Ondernemingsbestuur
Vakhoof en dosent:
Ekonomie
Edward Blight is ʼn dosent in Ekonomie en het ʼn BA (Politiek, Filosofie, en Ekonomie), asook ʼn honneursgraad en meestersgraad in Ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Sy meestersgraad is getiteld “Prevalence of a mineral resource curse in South Africa: A critical analysis of the gold and diamond sectors”.
Hy ontvang verdere opleiding in Heterodokse Ekonomie by die Mises Universiteit in Amerika. Hy lewer referate by verskeie nasionale konferensies. Edward is ook ʼn meningskrywer vir Maroela Media en publiseer verskeie artikels oor die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hy doseer in en is vakhoof van Ekonomie.
Programkoördineerder:
Gevorderde Diploma in
Projekbestuur
Dosent:
Projekbestuur
Dosent:
Statistiek en Sakeberekeninge
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Programkoördineerder:
Hoër sertifikaat kantoor administrasie
Dosent:
Belasting en Rekeningkunde
Vakhoof:
Rekeningkunde, Belasting en Ouditkunde
Dosent:
Ouditkunde en Belasting
Programkoördineerder: Hoër sertifikaat Rekeningkunde
Programkoördineerder: BCom (Ondernemingsbestuur)
Dosent: Strategiese Bestuur
Dosent:
Menslikehulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge
Programkoördineerder:
BCom (Ekonomie en Regte)
Dosent:
Ekonomie en Finansiële Beplanning
Programkoördineerder:
BCom (Finansiële Beplanning)
Nagraadse Diploma in Belasting
Dosent:
Rekeningkundige Wetenskappe
Dosent:
Bestuursrekeningkunde en Belasting
Programkoördineerder: BCom (Bestuursrekeningkunde) en BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)
Dosent:
Rekeningkundige Wetenskappe
Vakhoof:
Ondernemingsbestuur
Dosent:
Ondernemingsbestuur
Dosent:
Ekonomie en Internasionale Handel
Dosent:
Bestuursrekeningkunde en Finansiële Bestuur
Dosent:
Etiek en Verantwoordelike Korporatiewe Burgerskap
Dosent:
Finansiële Beplanning
Dosent:
Projekbestuur
Junior dosent:
Bestuurswetenskappe
Dosent:
Projekbestuur
Jacolene Greyvenstein is ʼn deeltydse dosent in Projekbestuur by Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BSc- en honneursgraad in Bourekenkunde en later ook ʼn MSc-graad in Projekbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key Internasional Honour Society. Sy is al vir meer as 20 jaar in die praktyk, eers as ʼn professionele bourekenaar en later as ʼn projek- en ontwikkelingsbestuurder in die konstruksiebedryf. Haar professionale kwalifikasies sluit in internationale lidmaatskap in projekbestuur en bourekenkunde. Sy doseer tans die volgende modules:
Beginsels van Projekbestuur vir die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie en Projekuitvoeringsbestuur vir die Gevorderde Diploma in Projekbestuur.
Dosent:
Finansiële Beplanning
Dosent:
Beleggingsbestuur
Dosent:
Navorsingsmetodologie
Dosent:
Bedryfsinligtingstelsels
Akademiese assistent: Departement Bestuurswetenskappe
Akademiese assistent: Departement Ekonomie en Finansiële Wetenskappe
Deeltydse akademiese assistent: Departement Bestuurswetenskappe
Akademiese assistent: Departement Ekonomie en Finansiële Wetenskappe
Dekaan:
Geesteswetenskappe
Departementshoof:
Sosiale Wetenskappe
Departementshoof:
Tale en Kultuurwetenskappe Programkoördineerder: BA (Kommunikasie en Joernalistiek)
Dosent:
Visuele en Digitale Kommunikasie
André Gouws – dosent: Visuele en Digitale Kommunikasie, Fakulteit Geesteswetenskappe, Departement Tale en Kultuurwetenskappe
André Gouws is ’n ervare joernalis en akademikus. Gouws is sedert 2017 in die akademie. Hy het van 2017 tot 2018 joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch (US) gedoseer, en van 2019 tot 2022 joernalistiek en kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Gouws het in 2018 ’n MA-graad in Joernalistiek en Mediastudies (met lof) aan die Rhodes-Universiteit verwerf, en in 1993 ’n BA-graad in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg.
Gouws het in 2022 die uitnemende onderrigtoekenning van Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Geesteswetenskappe vir onderrig in die Skool vir Kommunikasie ontvang, en in 2021 die uitnemende onderrigtoekenning van NWU vir die gebruik van inligtingstegnologie in onderrig. Hy was in 2021 en 2022 NWU-genoot vir oop onderrig.
Gouws doen navorsing oor digitale media en visuele kommunikasie, asook joernalistiekonderrig. Hy is tans besig met sy PhD aan US. Sy PhD-navorsing handel oor die digitale openbare sfeer en sosiale media. Hy het in 2022 ’n referaat gelewer by die NWU se eerste konferensie oor Digitale Tegnologie in Moeilike Tye in die Geesteswetenskappe oor die gebruik van tegnologie in onderrig, en het ook in 2022 ’n akademiese boekhoofstuk gepubliseer in die boek Contextualised open educational practices, oor selfgeleide studie in hoër onderrig.
Gouws was meer as twee dekades lank verbonde aan verskillende media-instellings, waaronder Beeld, Die Burger en Grafika24, Media24 se infografika-afdeling. Hy was die stigtersredakteur van Grafika24, en het ook verskeie ander redakteursposisies gevul, waaronder nagredakteur en hoofsubredakteur van Die Burger. Hy is sedert 2023 die publieke verteenwoordiger vir die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste (FCJ) op die Persraad van Suid-Afrika.
Dosent:
Kommunikasie
Dosent:
Kommunikasiebestuur
Dosent:
Filosofie
Programkoördineerder:
BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
Dosent:
Politiek
Dosent:
Joernalistiek en Mediastudies
Dosent:
Etiek, en die Kuns van
Argumentering
Dosent:
Politiek, Internasionale
Verhouding, en Kernintegrasie
Dosent:
Filosofie
Dosent:
Joernalistiek
Dosent:
Bedryfsetiek
Dosent:
Inleiding tot Regslatyn
Waarnemende dekaan: Natuurwetenskappe
Professor Gawie du Toit het sy kwalifikasies, onder andere ʼn hoëronderwysdiploma, MSc-graad in Wiskunde en ʼn doktorsgraad in Didaktiek by die Universiteit van Vrystaat (UV) voltooi. Hy betree die hoër onderwys in 1987 as senior navorser in die destydse Navorsingsinstituut vir Onderwysbeplanning by dieselfde universiteit. In 1997 is hy aangestel as departementshoof van die Departement Didaktiek (later bekend as Kurrikulumstudie) in die Fakulteit Opvoedkunde aan die UV. Hy het ook die pos Programdirekteur: Voorgraadse programme van 2010-2013 beklee.
Op 1 November 2013 is hy vir drie jaar gesekondeer om die BEd (Seniorfase en Verdere Onderwys en Opleiding)-program wat hy aan die UV ontwikkel het aan die nuutgestigte Sol Plaatje Universiteit (SPU) te implementeer. Sedert 2016 is hy voltyds by die SPU aangestel as Hoof: Skool vir Opvoedkunde. Sy navorsingsfokus is op wiskunde-onderwys en kurrikulumontwikkeling gerig. Sedert sy toetrede tot die Fakulteit Opvoedkunde in 1997 het hy tien artikels en vyf hoofstukke in akademiese boeke gelewer. Onder sy leiding het 22 meestergraadstudente en dertien doktorale studente hulle studies suksesvol voltooi.
Du Toit was ook betrokke by verskeie navorsingprojekte saam met die Katolieke Universiteit van Leuven in België en die Universiteit van Alberta in Edmonton, Kanada. Verder was hy ook administrateur van verskeie bestuursopleidingseminare vir onderwysleiers in die Vrystaat.
Dosent:
Natuurwetenskappe
Dosent:
Vektoranalise en Lineêre Algebra
Machiel Snyman is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn PhD in Fisika asook ʼn MSc (cum laude) in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Machiel se navorsingsfokus is Operator-algebras en die toepassing daarvan in Teoretiese Fisika. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Annales Henri Poincaré in samewerking met prof. Rocco Duvenhage (UP) oor balans in kwantum Markov semigroepe.
Hy doseer tans die volgende modules: Vektoranalise en Lineêre Algebra.
Programkoördineerder:
BSc (Rekenaarwetenskappe)
Dosent:
Rekenaarwetenskappe
Dosent: Inleiding tot Toegepaste Wiskunde en Inleiding tot Fisika
Programkoördineerder:
BSc (Wiskundige Wetenskappe) Dosent: Algebra
Dosent:
Fisika en Toegepaste Wiskunde
Dekaan:
Opvoedkunde
Professor Gawie du Toit het sy kwalifikasies, onder andere ʼn hoëronderwysdiploma, MSc-graad in Wiskunde en ʼn doktorsgraad in Didaktiek by die Universiteit van Vrystaat (UV) voltooi. Hy betree die hoër onderwys in 1987 as senior navorser in die destydse Navorsingsinstituut vir Onderwysbeplanning by dieselfde universiteit. In 1997 is hy aangestel as departementshoof van die Departement Didaktiek (later bekend as Kurrikulumstudie) in die Fakulteit Opvoedkunde aan die UV. Hy het ook die pos Programdirekteur: Voorgraadse programme van 2010-2013 beklee.
Op 1 November 2013 is hy vir drie jaar gesekondeer om die BEd (Seniorfase en Verdere Onderwys en Opleiding)-program wat hy aan die UV ontwikkel het aan die nuutgestigte Sol Plaatje Universiteit (SPU) te implementeer. Sedert 2016 is hy voltyds by die SPU aangestel as Hoof: Skool vir Opvoedkunde. Sy navorsingsfokus is op wiskunde-onderwys en kurrikulumontwikkeling gerig. Sedert sy toetrede tot die Fakulteit Opvoedkunde in 1997 het hy tien artikels en vyf hoofstukke in akademiese boeke gelewer. Onder sy leiding het 22 meestergraadstudente en dertien doktorale studente hulle studies suksesvol voltooi.
Du Toit was ook betrokke by verskeie navorsingprojekte saam met die Katolieke Universiteit van Leuven in België en die Universiteit van Alberta in Edmonton, Kanada. Verder was hy ook administrateur van verskeie bestuursopleidingseminare vir onderwysleiers in die Vrystaat.
Departementshoof:
Professionele Studies Programkoördineerder: BEd (Grondslagfase-onderwys)
Dr. Maretha Steyn is ʼn senior dosent en programkoördineerder van die BEd-program. Sy het ʼn BPrimEd (cum laude) asook BEd-honneursgraad (cum laude) aan onderskeidelik die Universiteit van Pretoria en Universiteit van Suid-Afrika verwerf, en daarna ʼn MEd in Historiese Opvoedkunde (Universiteit van Suid-Afrika) en ʼn doktorsgraad (Universiteit van Pretoria) in Grondslagfase Wiskunde. Haar meestersgraad het gehandel oor “Veranderende opvattinge oor die aanvangsonderrig van lees en skryf” en haar doktorsgraad is getiteld “Teaching the mathematical concept of time in Grade 2”.
Sy was vir 31 jaar as onderwyser en departementshoof by Laerskool Stephanus Roos betrokke. Dr. Steyn is passievol oor die onderwys en het ervaring in die ontwikkeling van kursusmateriaal asook die opleiding van onderwysers en studente in onder andere kurrikulum- implementering en innoverende onderrigstrategieë. Sy is ook betrokke by die beplanning en skryf van onderrig- en leermateriaal. Maretha se navorsingsbelangstellings is gefokus op
onderrigstrategieë in die Grondslagfase met die doel om voordiensonderwysers te bemagtig. Dr. Steyn doseer die volgende NGOS-module: Onderrig en leer in Opvoedkunde-konteks asook die Praktiese Onderwys-module in die B.Ed.-program.
Departementshoof: Opvoedkundestudies
Programkoördineeder: NGOS
Dosent:
BEd: Opvoedkunde 1A en Akademiese Vaardighede en NGOS: Leer- en Leerderontwikkeling in Opvoedkunde-konteks
Susan O’Reilly is ʼn dosent in Opvoedkunde by Akademia en beskik oor ʼn meestersgraad in Psigologie (cum laude) en ʼn professionele onderwyskwalifikasie. Haar onderwysprofiel sluit skoolonderwys- asook tersiêre ervaring in. Haar meestersgraadverhandeling is verwerk en as artikel opgeneem in die internasionale joernaal, Journal of Intergenerational Relationships.
Susan is die programkoördineerder van die Nagraadse Onderwyssertifikaat vir Senior Fase- en VOO-onderwys by Akademia. Sy doseer ook Opvoedkunde 1A (Sosio-pedagogiek) en Opvoedkunde 1B (Ontwikkeling en leer van die adolessent) in die BEd-program en Werksgeïntegreerde Leer (Leer in Praktyk) in die NGOS-program.
Dosent:
Afrikaans Huistaal-onderwys
Annelise de Vries is ʼn dosent in Afrikaans en vakhoof: Tale in die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia. Sy het ʼn doktorsgraad in Toegepaste Linguistiek, ʼn meesters- en honneursgraad in Afrikaans-Nederlands, ʼn BA-graad in Kommunikasiestudies en ʼn BA-graad in Pastorale Begeleiding en Psigologie. Sy het haar doktorsgraad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf en haar MA-, honneurs- en BA-grade aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. De Vries se navorsingsfokus is toegepaste linguistiek waaronder taalbeplanning en forensiese linguistiek val. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn hoofstuk in die boek, Language and the law in South Africa and beyond – Language and crime: Issues in forensic linguistics.
Sy het vir drie jaar in die onderwysomgewing gewerk en daarna vier jaar grotendeels as ʼn navorser. Sy dien ook tans as voorsitter van die direksie van die Afrikaanse Taalraad en as lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie.
Dosent:
Sosiale Wetenskappe-onderwys
Dosent:
Opvoedkunde
Dosent:
Opvoedkundige Sielkunde
Dosent:
Afrikaans, Afrikaansonderwys en Afrikaans as Taal van Onderrig en Leer
Dosent:
Lewensvaardighede, Opvoedkunde en Akademiese Vaardighede Programkoördineerder: BEd (Intermediêre Fase-onderwys)
Elana Kriel is dosent in Opvoedkunde van die BEd-program. Sy het ʼn BA (cum laude), hoëronderwysdiploma – nagraads (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Daarna verwerf sy die BEd-graad in Opvoedkundige Sielkunde, ook aan die Universiteit van Pretoria. Aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal sy die BEd-graad met spesialisering in Skoolvoorligting. Haar MEd-graad met spesialisering in Opvoedkundige Sielkunde en die skripsie getiteld “ʼn Analise van die potensiaal van Narratiewe Terapie as streshantering by ʼn opvoeder in insluitende onderwys” word behaal aan die Universiteit van Pretoria. Tydens haar nagraadse studies doen sy ervaring op by verskeie skole as aflosonderwyser en deeltydse dosent in afstandsonderrig vir onderwysers, gemoeid met opleiding in spesiale behoeftes. Ná registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCSA) praktiseer Elana as opvoedkundige sielkundige. Sy doen ervaring op in die korporatiewe wêreld met telefoonberading en die bestuur van die inbelsentrum. Verder bestuur sy ook die nasionale netwerk van diensverskaffers in die spesifieke werknemersondersteuningsprogram. Sy was vir tien jaar by Kwaggasrand Tegniese Beroepsgerigte Skool vir Leerders met Spesiale Behoeftes (LSOB) werksaam as terapeut. Sy was behulpsaam in die verwysings- en assesseringsproses van leerders na en van spesiale skole en aan die stuur van ʼn multiprofessionele ondersteuningspan. Haar passie is terapeutiese bemoeienis, opvoeding en opleiding aan onderwysers. Elana doseer die BEd-modules Lewensvaardighede, Opvoedkunde en Akademiese Vaardighede.
Dosent:
Opvoedkunde
Jhani Pottas is ʼn dosent in Opvoedkunde by Akademia en het ʼn BEd-graad in Lewenswetenskappe- en Wiskunde-onderwys asook ʼn honneurs- en meestersgraad (met onderskeiding) in Lewenswetenskappe-onderwys aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Akademiese toekennings sluit in die toekenning vir beste honneursstudent in Lewenswetenskappe. Sy het agt jaar as Lewens- en Natuurwetenskappe onderwyser gewerk. Sy doseer tans die volgende modules:
Dosent:
Besigheidstudies- en
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-
onderwys
Dosent:
Engels, Engelsonderwys en Engels as Taal van Onderrig en Leer
Monique Alberts is ʼn dosent in Opvoedkunde by Akademia en het ʼn BEd-graad in Verdere Onderwys en Opleiding asook ʼn honneursgraad in Engels Letterkunde en in Opvoedkunde met ʼn fokus op leerderondersteuning (cum laude) aan die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van Suid-Afrika onderskeidelik verwerf. Sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in Opvoedkunde. Alberts se navorsingsfokus is Engels as taal van onderrig en leer. Sy het agt jaar as onderwyseres gepraktiseer. Sy doseer tans die volgende modules:
Dosent:
BEd: English 1 (Foundation and Intermediate Phase) en NGOS: English First Additional Language Teaching (Senior Phase)
Dr. Nic de Jager doseer in die Fakulteit Opvoedkunde en spesialiseer in Engels vir beide die BEd- en NGOS-programme. Hy het ʼn baccalaureusgraad in Onderwys (Senior Fase- en VOO-onderwys) aan die Noordwes-Universiteit verwerf, en daarna ʼn BA-honneursgraad in Engelsonderwys, ʼn MA in Toegepaste Taal en Geletterdheidsonderwys en ʼn PhD in Onderwys aan die Universiteit van die Witwatersrand. Dr. De Jager se passie vir onderrig en opvoeding lê in die kunste, letterkunde en verskeie digitale platforms, en die geleenthede wat hierdie areas vir kreatiewe uitdrukking en selfverwesenliking bied. Hy praktiseer sedert 2011 as onderwyser, vakhoof en dosent by verskeie sekondêre sowel as tersiêre onderriginstellings, onder meer Universiteit van die Witwatersrand en Tshwane-Universiteit vir Tegnologie. Hy het sodoende grondige praktykervaring as opvoeder in beide die hoërskool- en universiteitskonteks opgedoen. Sy navorsingsfokus is multimodale pedagogiek, spesifiek die toepassing van alternatiewe onderrigstrategieë in die ontsluiting van voorgeskrewe vakkennis. Sy gepubliseerde werk sluit akademiese artikels asook illustrasies vir boeke in. Sy nuutste gepubliseerde artikel is getiteld “Reading Gamefully: Videogamification as Multimodal Pedagogy for High School Setworks”.
Dr. De Jager doseer die volgende modules by Akademia: BEd: English 1 (Foundation and Intermediate Phase), BEd: Lewensvaardighede 2 (Visuele Kuns), NGOS: English Home Language Teaching (Senior Phase) en NGOS: English Home Language Teaching (FET Phase).
Dosent:
Wiskunde 1 (BEd), Natuurwetenskap en Tegnologie 1 (BEd) en Wiskunde-onderwys (NGOS)
Dosent:
Sosiale Wetenskappe en
Geskiedenis-onderwys
Dosent:
Lewenswetenskaponderwys
Prof. Erna du Toit is ʼn deeltydse dosent in Lewenswetenskaponderwys aan die Fakulteit Opvoedkunde. Sy verwerf onder andere die volgende kwalifikasies: ʼn hoëronderwysdiploma, BScHons (Plantkunde); MEd en haar PhD in Didaktiek aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy begin haar hoëronderwysloopbaan aan die destydse Vista Universiteit vanwaar sy gesekondeer word na die Universiteit van die Vrystaat. In 2014-2018 word sy deel van die akademiese span wat die onderwysprogramme aan die nuutgestigte Sol Plaatje-universiteit geïmplementeer het. Tans tree sy as opvoedkundekonsultant op.
Sy het verskeie publikasies, hoofstukke in boeke, en boeke die lig laat sien asook nasionale en internasionale referate gelewer. As studieleier en ook medestudieleier het vier doktorale en tientalle MEd-studente hulle studies suksesvol voltooi.
Dosent:
Rekenaarvaardighede
Me. Esmé Leus is ʼn deeltydse dosent in Rekenaarvaardighede by Akademia en het ʼn baccalaureusgraad in Tegnologie asook ʼn meestersgraad in Inligtingstegnologie aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Esmé se navorsingsfokus is die evaluering van die IT-komponent in toerisme- en gasvryheidskurrikulums. Sy het tien jaar se ondervinding as dosent in tersiêre onderrig in inligtingstegnologie en spesialiseer ook in bestuursinligtingstelsels.
Esmé doseer tans die Rekenaarvaardigheidsmodule in die NGOS-program in die Fakulteit Opvoedkunde.
Dosent:
Wiskunde-onderwys
Johan Koekemoer het studeer aan die Noordwes-Universiteit (NWU) asook die Universiteit van Pretoria. In 2012 verwerf hy sy BIng-graad in meganiese ingenieurswese, waarna hy rigting verander het na onderwys om in sy roeping te volhard. Tussen 2013 en 2017 voltooi hy sy nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) asook sy honneurs in Wiskunde-onderrig. In 2017 lewer hy die bevindings van sy navorsingsprojek (Aligning mathematics taught in the intermediate phase, with afterschool enrichment programs, to respond to a changing engineering education landscape) by die tweejaarlikse internasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Gemeenskap van Ingenieurs opvoeding (SASEE). In 2017 voltooi hy ook ’n Wiskunde-onderrigkursus by die Freudenthal Instituut aan die Utrecht Universiteit in Nederland. Sedert 2018 is hy werksaam by die Skoleondersteuningsentrum as die hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers. Hy lewer ook vanjaar sy meestersgraadskripsie rakende Wiskunde-onderwys en die integrering van tegnologie.
Dosent:
Afrika-gesprekstaal
Karien Brits is ʼn dosent in Sepedi as Gesprekstaal by Akademia en het ʼn BBk-graad (Bedryfskommunikasie) asook ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) in Setswana aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Karien se navorsingsfokus is meertaligheid en taalbeplanning, maar sy stel ook belang in taalverwerwing, morfologie, taaltegnologie en onomastiek. Haar groot liefde vir taalaanleer vind neerslag in die praktyk en sy het die volgende tale op haar kerfstok: Duits, Pools, Spaans, Frans, asook van die Sotho- en Ngunitale. Sy is tans besig om Turks en Russies aan te leer. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in die South African Journal of African Languages oor taalstereotipering en meertaligheid. Akademiese toekennings sluit in die beste honneursstudent in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Sy is al vir bykans twee dekades in die universiteitswêreld betrokke en was werksaam by die Noordwes-Universiteit, die Adam Mickiewicz-Universiteit in Poznan (Pole) asook die Universiteit van Johannesburg. Sy doseer tans die volgende module: Afrikagesprekstaal (Sepedi) in die NGOS-program, Fakulteit Opvoedkunde.
Dosent:
Lewensvaardighede
Marizahn Wentzel is ʼn deeltydse dosent in Lewensvaardighede in die BEd-program by Akademia. Marizahn het ʼn BA-graad in Menslike Bewegingskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Daarna verwerf sy haar Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) aan die Noordwes-Universiteit. Marizahn behaal ook ʼn honneursgraad en ʼn meestersgraad (cum laude) in Sport- en Vryetydstudies aan die Universiteit van Pretoria. Haar verhandeling se titel was Corporate Wellness Programs in South Africa: Contexualising Pitfalls Rendering Businesses from Achieving a Culture of Wellness.
Marizahn Wentzel se akademiese toekennings sluit in akademiese erekleure namens die Studenteraad van die Universiteit van Pretoria. Sy het vyf jaar as onderwyser gepraktiseer. Sy doseer die BEd-module Lewensvaardighede (LO-komponent) by Akademia.
Dosent:
Lewensvaardighede
Michelle van Dyk is ʼn deeltydse dosent in die Fakulteit Opvoedkunde en doseer die Dramakomponent van die Lewensvaardighedemodule vir BEd-tweedejaarstudente by Akademia. Sy het ʼn meestersgraad in Drama- en Filmstudie aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie verwerf. Michelle het uitgebreide ervaring in die onderrig van toneelspel en het by hoëronderwysinstellings onderrig; sy was ook hoof van die dramadepartement by ʼn hoërskool en het op ʼn paneel gedien vir kurrikulumontwikkeling van Dramatiese Kunste vir graad 10 tot 12, namens die Gautengse Departement van Onderwys. Michelle het ook vaardigheidsklasse in Improvisasie vir professionele sowel as amateurakteurs in Amsterdam gelei. Sy het praktiese ervaring in die vermaaklikheidsbedryf, waar sy werksaam was in kinderteater, poppespel en as assistentproduksieontwerper. Akademiese toekennings sluit in die toekenning vir beste ondersteunende hoofrol in ʼn produksie, asook beste akademiese prestasie in die Dramadepartement aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie.
Dosent: NGOS Natuurwetenskappe-onderwys en Fisiese Wetenskappe-onderwys
Moreen Coetzee is ’n dosent in Opvoedkunde by Akademia en het ’n BSc-graad in Fisiologie en Biochemie, asook ’n professionele onderwyskwalifikasie aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Sy het ’n honneurs- en meestersgraad in Fisiese Wetenskappe-onderwys aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Haar meestersgraadverhandeling lewer twee artikels op getiteld, “First-year university students’ conceptual understanding of electric circuits in relation to school and personal background” asook “Conceptual understanding of electric circuits amongst students entering university physics” gepubliseer in die joernaal Perspectives in Education.
Sy het vir sewe jaar in die onderwysomgewing gewerk met deeltydse ervaring as navorser. Moreen se navorsingsbelangstelling is navraaggebaseerd t.o.v. onderwys en leer, en die konteks daarvan in Suid-Afrikaanse klaskamers. Moreen doseer Natuurwetenskappe-onderwys (ONOSN 171) asook Fisiese Wetenskappe-onderwys (OFOVN 172) deeltyds in die NGOS-program.
Dosent:
Departement Opvoedkundestudie
Tina Myburgh is ʼn deeltydse dosent in Lewensoriëntering-onderwys by Akademia en het ʼn BA-graad in Psigologie en Tale asook ʼn honneurs in Psigologie aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Sy het ook ʼn professionele onderwyskwalifikasie aan dieselfde universiteit behaal. Sy het twee en dertig jaar as onderwyseres gepraktiseer. Haar passie is Lewensoriëntering en die ontwikkeling van studiemateriaal vir leerders. Die geestesgesondheid van jongmense is vir haar belangrik en sy glo dat Lewensoriënteringonderwysers ʼn uiters belangrike rol het om te speel in die versorging en die optimale ontwikkeling van die jeug se geestesgesondheid. Sy doseer tans die volgende modules in die NGOS-program: OLEVN172.
Dosent:
Rekeningkunde-onderwys
Dr. Viné Petzer is ʼn dosent in Rekeningkunde-onderwys (VOO) by Akademia en het ʼn BCom-graad (cum laude), ʼn nagraadse onderwysdiploma asook ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) in Onderrig en Leer aan die Noordwes-Universiteit (NWU) verwerf. Sy het ook haar doktorsgraad ontvang na aanleiding van ʼn verhandeling oor ʼn model om positiewe rekeningkundige klaskameromstandighede te skep wat suksesvolle leer op skool ondersteun. Viné se navorsingsbelangstellings is tans gefokus op die verbetering van onderrig- en leerstrategieë in rekeningkunde, met die doel om kognitiewe ontwikkeling onder leerders sowel as voordiensonderwysers te bevorder. Sy is ook besig om artikels vir publikasiedoeleindes in ʼn internasionale geakkrediteerde tydskrif te finaliseer. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn hoofstuk in ʼn boek oor “Quality education: The nexus of human capital development, economic growth and social justice in a South African context” by die NWU, en het sy ook bygedra tot ʼn hoofstuk in die boek Developing Critical Thinking. Sy het 25 jaar ervaring in onderwys op skool- en hoëronderwysvlak.
Administratiewe beampte:
Proefonderwys
Dekaan:
Fakulteit Regsgeleerdheid
Professor Hermie Coetzee is die dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan Akademia. Sy behou ʼn BCom-graad in Regte (cum laude), ʼn LLB (cum laude), ʼn LLM deur navorsing (cum laude), asook ʼn LLD. Prof. Coetzee was vanaf 2006 tot Junie 2020 in verskeie hoedanighede aan die Universiteit van Pretoria verbonde. Sy is die skrywer en medeskrywer van vele geakkrediteerde artikels, in beide nasionale en internasionale vaktydskrifte. Sy dra ook by as skrywer van handboeke. Hermie spesialiseer in verbruikerskredietreg en verbruikersinsolvensiereg. Sy het ook ʼn belangstelling in ondernemingsreg. Hermie was by verskeie navorsingsprojekte van onder andere die Wêreldbank en die Nasionale Kredietreguleerder betrokke. Sy is sedert 2018 ʼn C1-gegradeerde navorser soos deur die Nasionale Navorsingstigting (NRF) geakkrediteer. Vanaf 2020 dien sy op die redaksie van die Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR) en is tans ook as buitengewone professor aan die Noordwes-Universiteit verbonde. Hermie is ʼn toegelate prokureur en lid van die Advieskomitee aangaande Projek 127 van die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie.
Departementshoof: Privaat- en Handelsreg
Dr. Melanie Roestoff (voorheen professor aan die Universiteit van Pretoria) is dosent en hoof van die departement Privaat- en Handelsreg aan Akademia. Sy het ʼn BLC (cum laude) en LLB-graad (cum laude) asook ʼn meesters- (cum laude) en doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Roestoff is ʼn toegelate prokureur van die Hoë Hof van Suid-Afrika. Haar navorsingsfokus is Insolvensiereg en Handelsreg. Sy is die skrywer en medeskrywer van ’n groot aantal artikels, aantekeninge en vonnisbesprekings in geakkrediteerde en vakkundige tydskrifte. Sy is ook die medeskrywer van etlike handboeke, onder andere Mars: The Law of Insolvency (2019), en het al verskeie referate by nasionale en internasionale konferensies gelewer. Sy was ook al by verskeie navorsingsprojekte betrokke, onder andere, ʼn ondersoek na die skuldhersieningsproses ingevolge die Nasionale Kredietwet van 2005 wat in opdrag van die Nasionale Kredietreguleerder tot ʼn verslag: The Debt Counselling Process: Challenges to the Consumers and the Credit Industry in General (2009) gelei het.
Departementshoof: Publiek- en Prosesreg
Dr. Willem H Gravett is die departementshoof van Publiek- en Prosesreg aan Akademia. Hy is ʼn voormalige professor aan die Departement Prosesreg, Universiteit van Pretoria. Hy behaal die grade BLC (cum laude) en LLB (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria. In 1997 word hy bekroon met die Bradlow International Human Rights Law Scholarship vir 1997/98. In 1998 ontvang hy die LLM-graad summa cum laude aan die Notre Dame Law School in die Verenigde State. Hy is in Augustus 1997 as advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika toegelaat en in November 1998 as lid van die New York State Bar. Gravett het onder meer die volgende akademiese toekennings ontvang, Schiltz-prys vir die beste student in die laaste jaar van die BLC-graad, die Grotius-medalje en Harold Galasko-prys vir die beste student in die laaste jaar van die LLB-graad, asook die Butterworths-prys vir die LLB-student wat die beste opstel geskryf het. Aan die Notre Dame Law School het hy die Dean’s Awards ontvang vir uitstekende prestasies in internasionale reg en aanspreeklikheid vir growwe skendings van menseregte. In 1998 word Gravett toegelaat om in New York te praktiseer en het hy by ʼn internasionale regsfirma in New York City aangesluit. Tussen 1998 en 2012 het hy ʼn aktiewe litigasiepraktyk in New York gehad en meer as 130 sake tot finaliteit gevoer. Hy voltooi sy formele advokaatopleiding aan die National Institute of Trial Advocacy (1998) in South Bend, Indiana, en aan die American Law Association se Family Law Trial Advocacy Institute aan die Universiteit van Houston (2004).
Dosent:
Privaat- en Handelsreg
Dosent:
Regsgeleerdheid
Dosent:
Intellektuelegoederereg en Regsvergelyking
Dosent:
Publiek- en Prosesreg
Chrislie Boers (voorheen dosent in die Regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria) is ʼn dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het ʼn BSc-graad in Mensfisiologie en LLB (cum laude) asook ʼn meestersgraad (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is tans besig met voorbereiding vir ʼn doktorale proefskrif in mediese reg en bio-etiek. Boers se navorsingsfokus is bio-etiese en reguleringsriglyne vir menslikegenoomredigering. Akademiese toekennings sluit in die volgende: dekaansmerietelys en Norton Rose Fulbright-prys vir die beste student in Mediese Reg.
Sy doseer tans die volgende modules: Inleiding tot die Reg en Regsuitleg.
Dosent:
Privaat- en Handelsreg
Dr. Jacolien Barnard is ʼn dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het die grade LLB en LLD (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria asook ʼn LLM-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) in hierdie dissipline verwerf. Barnard se navorsingsfokus is verbruikersbeskermingsreg; produkte-aanspreeklikheid; koopreg en huurreg. Sy is ʼn toegelate prokureur sedert 2002 en was voorheen verbonde as professor aan UP. Sy is outeur en mede-outeur van verskeie nasionale en internasionale artikels, hoofstukke en boeke. Sy doseer tans Arbeidsreg en Besondere Kontrakte aan die Fakulteit Regsgeleerdheid.
Dosent:
Regsgeleerdheid
Lichel Helmchen is ʼn dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het die grade LLB (cum laude) en LLM aan die Universiteit van Pretoria, asook ‘n nagraadse onderwyssertifikaat vir die senior- en verdere onderwys en opleidingsfase aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Helmchen se navorsingsfokus is Kinderreg. Sy is die skrywer en medeskrywer van artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte. Sy is ʼn toegelate prokureur en doseer tans die volgende modules: Personereg, Familiereg en Deliktereg.
Dosent:
Afrikaanse en Engelse
Taalvaardigheid in die
Regskonteks
Natasha Venter is ’n voltydse dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het ’n LLB-graad asook ʼn Meestersgraad in Strafprosesreg aan die Noordwes-Universiteit verwerf, plus ’n BA-graad in Linguistiek en Sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (cum laude). Sy is tans werksaam by AfriForum se Privaatvervolgingseenheid wat besig is om die konsep van privaat vervolging in Suid-Afrika te vestig. Natasha is ook ’n toegelate prokureur. Sy doseer tans die volgende module: Afrikaanse en Engelse Taalvaardigheid in die Regskonteks.
Programkoördineerder:
LLB
Dosent:
Regsgeleerdheid
Dosent:
Regsgeleerdheid
Stephen Nel is ʼn dosent in Regsgeleerdheid aan Akademia. Hy het ʼn LLB-graad, asook ʼn LLM in Omgewingsreg, aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus verwerf. Hy doseer die volgende modules: Konstitusionele Reg, Regspluralisme en Administratiefreg.
Dosent:
Ondernemingsreg
Dr FJ Labuschagne is ʼn deeltydse dosent in Regsgeleerdheid aan Akademia. Hy het ʼn LLB-graad verwerf aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en daarna ʼn LLM in Korporatiewe Reg, ʼn LLM in Belastingsreg asook ʼn LLD aan die Universiteit van Pretoria (UP). Sy doktorsgraad se fokus was op korporatiewe finansiering. Hy het vir tien jaar as spesialisprokureur praktiseer by van die land se topregsfirmas en ook by ʼn internasionale regsfirma. Daarna het hy tot die advokatuur toegetree en praktiseer hy tans as lid van die Pretoria en Johannesburg Balies met kamers te Brooklyn Advokatekamers en die Maisels Groep in Sandton. Sy spesialisvelde sluit in korporatiewe reg, korporatiewe finansiering en regulering, korporatiewe insolvensie en besigheidsredding, kompetisiereg, belastingsreg en kommersiële reg. Hy het voorheen aan nagraadse studente in korporatiewe reg doseer aan UP. By Akademia is Labuschagne trots daarop om die module Ondernemingsreg aan te bied vir die derdejaar-LLB-studente en om die dinamiese wêreld waar besigheid en die reg kruis, met hulle te deel.
Dosent:
Siviele prosesreg
Dr. Llewelyn Curlewis is ʼn deeltydse dosent in Siviele Prosesreg by Akademia en het die volgende kwalifikasies: BLC en LLB van die Universiteit van Pretoria (UP), drie meestersgrade (een daarvan cum laude) by UP en die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), en ʼn LLD van UP, asook ʼn Gevorderde Sertifikaat in Forensiese Rekeningkunde en ʼn Diploma in Alternatiewe Dispuutbeslegting van AFSA (cum laude). Curlewis lewer gereeld referate, beide plaaslik en internasionaal. Verskeie akademiese en ander toekennings is aan hom toegeken. Curlewis is steeds in privaat praktyk en praktiseer al as regspraktisyn vir meer as 27 jaar. Hy doseer tans die volgende module: Siviele Prosesreg.
Dosent:
Strafprosesreg
Phyllis Vorster is ʼn deeltydse dosent by Akademia, en het ʼn BIuris-graad, ʼn LLB-graad, asook ʼn meestersgraad in Strafprosesreg aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Vorster was vir 20 jaar ʼn aanklaer by die Nasionale Vervolgingsgesag, en is tans ʼn aanklaer by die Privaatvervolgingseenheid van AfriForum. Sy doseer tans die volgende modules: Strafprosesreg.
Dosent:
Sakereg
Prof. Reghard Brits is ʼn deeltydse dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het ʼn BCom (Regte)-, LLB- en LLD-graad aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Brits se navorsingsfokus is Saaklike Sekerheidsregte asook Sakereg in die algemeen en aspekte van Insolvensiereg en Verbruikerskredietreg. Hy is onlangs toegelaat as prokureur en aktebesorger en is werksaam by Brits Dreyer Ingelyf in Bellville. Hy was voorheen verbonde aan die Universiteit van Pretoria as senior lektor en medeprofessor en hy is tans ʼn buitengewone professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland asook ʼn navorsingsgenoot aan US.
Dosent:
Korporatiewe Beheer, Kommersiële Reg en Etiek
Zandri van der Westhuizen is ʼn deeltydse dosent in Regsgeleerdheid aan Akademia. Sy het ʼn LLB- en ʼn LLM-graad in Handelsreg aan die Universiteit van Pretoria verwerf, en was vanaf 2001 betrokke by die Universiteit van Pretoria. Zandri is ʼn Regspraktykraadslid en is ʼn praktiserende prokureur met verskyningsbevoegdheid in die Hooggeregshof. Sy is ʼn toegelate aktevervaardiger en notaris, en haar spesialisveld is Eiendomsreg. Zandri bied tans die volgende modules aan: Korporatiewe Beheer, Kommersiële Reg en Etiek.
Registrateur
Liana van Rooy dien sedert 2016 as registrateur van Akademia. Liana het haar BCom Regte-graad, asook ʼn honneursgraad in Ekonomie, aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy het haar MBA-graad (cum laude) aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) voltooi. Liana het haar loopbaan in die privaat hoëronderwys twaalf jaar gelede by Pearson Institute of Higher Education as dosent in Ekonomie en Rekeningkunde afgeskop. Sy het later programbestuurder geword by dieselfde instelling, waar haar passie vir beide administrasie en beplanning ontwikkel het. Sy het haar kennis uitgebrei en die pos Hoof: Administrasie en Stelsels beklee en is later bevorder tot Registrateur.
Administratiewe koördineerder
Administratiewe koördineerder
Administratiewe beampte
Administratiewe beampte
Bestuurder: Programontwikkeling en Gehalteversekering
Administratiewe beampte
Administratiewe beampte
Administratiewe koördineerder
Administratiewe beampte
Bestuurder: Kommunikasie
Spesialis: Mediaskakeling en inhoud
Taalpraktisyn
Kommunikasiebeampte
Junior kommunikasiebeampte: Digitaal
Bestuurder: Projekte
Projekkoördineerder
Projekkoördineerder:
Skolemark
Bestuurder: Studentewerwing
Studentewerwer: Gauteng, KwaZulu-Natal en Mpumalanga
Studentewerwer: Namibië
Studentewerwer: Gauteng, Limpopo en Noordwes
Studentewerwer: Wes-Kaap
Studentewerwer: Gauteng
Studentewerwer: Oos-Kaap
Studentewerwer: Vrystaat
Kliëntediensbeampte
Klerk: Debiteure
Bestuurder: Finansies
Finansiële klerk
Finansiële klerk
Debiteureklerk
Senior IT-beampte
Stelselontwikkelaar
Senior spesialis: Stelselontwikkelaar
Stelseladministrateur
Junior stelselontwikkelaar
IT-beampte
Stelseladministrateur
Intern: Tegniese IT-ondersteuning
Intern: Tegniese IT-ondersteuning
Bestuurder:
Personeel en Ontwikkeling
Menslikehulpbronbeampte
Menslikehulpbronbeampte
Bestuurder: Onderrig en Leer
Aanlyn leerontwerper
Akademiese leerondersteuner
Akademiese leerondersteuner
Akademiese leerondersteuner
Akademiese leerondersteuner
Operasionele beampte
Operasionele beampte
Administratiewe beampte &
ontvangsdame
Toesighouer
Toesighouerkoördineerder
Ateljeebestuurder
Ateljeetegnikus
Ateljeetegnikus
Ateljeetegnikus
Ateljeetegnikus
Ateljeetegnikus
Ateljeetegnikus
Bestuurder: Studentelewe en koshuise
Koördineerder: Studentelewe
Koordineërder:
Akademiese ondersteuning
Deeltydse maatskaplike werker
Beampte: Studentewelstandsondersteuning
Bibliotekaris
Biblioteekassistent
Akademiese hoof
Bestuurder: NP van Wyk Louw-sentrum
Administratiewe beampte
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2023 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat