Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Akademia se onderrigleermodelle

Akademia bied vele oplossings vir die duisende Afrikaanssprekendes wat in ʼn vriendelike, verstaanbare en gehalte omgewing onderrig in hulle moedertaal wil ontvang.

Studente het ʼn keuse tussen nauurse studies oor ʼn netwerk van sentrums of via e-leer en voltydse studies by die Leriba-kampus en Gerhardstraat-kampus.

Akademia het twee onderrigleermodelle.
Wat onderskei die modelle van mekaar?

VOLTYDSE KAMPUSMODEL

Aangebied in Centurion.

Ideaal vir skoolverlaters wat voltyds wil studeer.

Studente draf bedags klas.

Dosente gee klas op tradisionele manier.

Aktiewe studentelewe.

NAUURSE AFSTANDSMODEL

Aangebied oor ’n landwye netwerk van sentrums of via e-leer.

Ideaal vir werkendes wat nauurs wil studeer.

Studente woon klas by op weeksaande en Saterdae.

Gevorderde tegnologie verbind dosente en studente in virtuele leerruimte.

Beperkte studentelewe.

VOLTYDSE KAMPUSMODEL

Aangebied in Centurion.

Ideaal vir skoolverlaters wat voltyds wil studeer.

Studente draf bedags klas.

Dosente gee klas op tradisionele manier.

Aktiewe studentelewe.

NAUURSE AFSTANDSMODEL

Aangebied oor ’n landwye netwerk van sentrums of via e-leer.

Ideaal vir werkendes wat nauurs wil studeer.

Studente woon klas by op weeksaande en Saterdae.

Gevorderde tegnologie verbind dosente en studente in virtuele leerruimte.

Beperkte studentelewe.

HOE STUDEER EK IN DIE VOLTYDSE KAMPUSMODEL?

Op Akademia se kampusmodel studeer studente voltyds op die tradisionele wyse. Studente woon bedags verpligte kontaksessies by die Leriba-kampus en/of Gerhardstraat-kampus by. Soos met die nauurse afstandsmodel, verkry studente toegang tot Akademia se digitale leerruimte, die Spens, waar leermateriaal en -ondersteuning gebied word. Kontaksessies is interaktief en studente kan direk vrae aan die dosent rig of met medestudente skakel in die klas. Die kampusmodel word ingerig met onder andere ʼn kafeteria, kliëntedienssentrum, ʼn biblioteek, asook verskeie studente-ondersteuningsinisiatiewe. Studente in hierdie model sal opgeneem word in ʼn aktiewe studentelewe.

HOE STUDEER EK IN DIE NAUURSE AFSTANDSMODEL?

Akademia se nauurse afstandsmodel is aantreklik vir studente wat nie voltyds op kampus kan of wil studeer nie. Talle studente kies om te werk of ander belangstellings na te streef terwyl hulle studeer. Akademia se sentrums, waar nauurse afstandstudente klas met hulle eie skootrekenaars en oorfone bywoon, is ingerig as netjiese saamwerkruimtes met wissellessenaars. Saamwerkruimtes bied stabiele krag en gratis breëband-internettoegang op veilige persele. Die ideale van Akademia as gemeenskapsuniversiteit word deur hierdie sentrums vergestalt deurdat bande gesmee word, gesprekke gevoer word en vriendskappe gebou word. Akademia-studente (bekend as Fonties) wat goedkeuring ontvang het om via die e-leeropsie klas te draf, skakel ook aanlyn by kontaksessies in. In die tye tussen kontaksessies word studente se leerproses gerig deur ʼn vooraanstaande leerbestuurstelsel genaamd die Spens. Ná afloop van klaskontaksessies word die opnames binne enkele dae op die Spens vir studente beskikbaar gemaak. Hier kan studente video-opnames van die kontaksessie aflaai of argiefmateriaal bestudeer. *Studente word outomaties ingedeel om verpligte kontaksessies by ʼn sentrum by te woon. ʼn Spesiale aansoek kan voltooi word om vir e-leer oorweeg te word.

NAUURSE AFSTANDMODEL

SENTRUMS

Studente woon deurlopend kontaksessies by ʼn geregistreerde Akademia-sentrum by.

Studente word outomaties ingedeel om verpligte kontaksessies by ʼn sentrum by te woon. ʼn Spesiale aansoek kan voltooi word om vir e-leer oorweeg te word.

 

E-LEER

Studente woon aanlyn klas by.

Assesseringsentrums in studente se areas word na afloop van die registrasieproses bevestig. Studente hoef dus nie na die naaste sentrum te reis om toetse of eksamens af te lê nie.

Die bepalings ten opsigte van aflê van assesserings sal met die student bevestig word na afloop van registrasie.

Studente voltooi ʼn aansoekproses om vir e-leer te kwalifiseer.

 

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE