Hartlik geluk, Akademia-alumnus
As lid van die Akademia Alumnivereniging kan jy aktief by jou alma mater betrokke bly deur aan alumni-aktiwiteite deel te neem en ʼn trotse ambassadeur van Akademia in jou gemeenskap, die land en die wye wêreld te wees. Alumni word ook op hoogte gehou van werksgeleenthede, loopbaanontwikkeling en ander voordelige geleenthede.
Met die behaal van jou kwalifikasie is jou loopbaanreis goed op dreef.
Sluit nou by die Akademia Alumnivereniging aan en bly deel van die netwerk van oudstudente.
DEEL JOU STORIE
Is jy ʼn Akademia-alumnus met ʼn inspirerende storie wat jy met studente kan deel?
Dalk het jy ʼn wonderlike herinnering van jou tyd as Akademia-student, of dalk het jy ʼn opwindende beroep betree na jy jou studies voltooi het.
Ons nooi jou graag om jou storie met ons te deel om nog studente te inspireer en help om hulle drome te bewaarheid.
Deel jou storie op Akademia se webblad deur ʼn e-pos na alumni@akademia.ac.za te stuur. Sluit asseblief die volgende inligting by die e-pos in: naam en van, selfoonnommer, watter kwalifikasie jy voltooi het en in watter jaar jy afstudeer het, jou storie en ʼn foto van jouself.
Ons sien uit om jou storie te lees!
HERSIEN JOU INLIGTING
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE