KOSHUISVERBLYF

VIR AKADEMIA-STUDENTE

Huis Valorem

Huis Valorem huisves tans 22 studente en is gerieflik geleë op Akademia se Centurion-kampus in die Hoewes. Die ruim selfsorgwoonstelle is 50 meter vanaf die hoofingang van die kampus.

Huis Strelitzia

Huis Strelitzia is die dameskoshuis by koshuis@Leriba wat splinternuwe privaat en luukse studenteverblyf in Clubview in Centurion bied. Die perseel kan 116 Akademia-studente huisves en is ongeveer 1,2 km vanaf Akademia se voltydse kampus in Centurion geleë.

Huis Hennops

Huis Hennops is die manskoshuis by koshuis@Leriba wat splinternuwe privaat en luukse studenteverblyf in Clubview in Centurion bied. Die perseel kan 116 Akademia-studente huisves en is ongeveer 1,2 km vanaf Akademia se voltydse kampus in Centurion geleë.

De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis bied privaat studenteverblyf aan Afrikaanse studente vanaf verskeie hoëronderwysinstellings en is geleë Hatfield in Pretoria wat sowat 16 km vanaf Akademia se voltydse kampus in Centurion is.

Voornemende studente kan in die studieaansoekproses aandui of hulle in studenteverblyf belangstel.

Meer inligting word aan belangstellendes via e-pos gestuur.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE