*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Manskoshuis | Paarl-kampus

Die Sederberg is een van Suid-Afrika se mees majestueuse Wes-Kaapse bergstreke. Laasgenoemde versinnebeeld ʼn landskap wat bekend is vir sy ongerepte skoonheid, ruwe rotsformasies en die seldsame sederboom wat nêrens anders op aarde só volop soos hier op eie bodem groei nie. Die Kaapse luiperd vertoon trots as Huis Seder se handelsmerkikoon en straal krag en karakter uit. As handelsmerkkleure spieël die kaleidoskoop van mosterdgeel, donkergrys en room die aardse skakerings van die Sederberg.

Koshuisouer

MORNÉ VENTER || Dosent: Bestuurswetenskappe by Akademia

Vir Venter is dit ʼn voorreg om nie net deel te mag wees van hierdie opwindende vestigingstydperk van die koshuis nie, maar ook die onvergeetlike en unieke fase van elke jong man se lewe. Huis Seder skep vir studente ʼn tuiste waar hulle saam die reis van student na jong volwassene kan onderneem. ʼn Reis waartydens hulle mekaar ondersteun en lewenslange vriendskappe smee. As ʼn oudkoshuisinwoner is dit vir hom ʼn roepingstaak om die vorming en goeie herinneringe van sy eie koshuisdae aan ʼn volgende generasie oor te dra en só ʼn ruimte vir elke inwoner te skep om sy eie unieke koshuisstorie te skryf.

Algemene vrae

KOSHUISKOSTES VIR 2027

Jaarliks: vanaf R70 000 | Hierdie bedrag kan oor ʼn tydperk van tien maande afbetaal word (Februarie tot November).

Die koshuisgelde sluit in:

  • internettoegang
  • 24-uur-sekuriteit en -toegangsbeheer
  • toegang tot die perseel se geriewe
  • algemene instandhouding
  • veilige parkering
  • skoonmaakdienste in gemeenskaplike areas
  • water en elektrisiteit
GERIEWE WAT OP DIE PERSEEL BESKIKBAAR IS:
  • braaigeriewe en buitelugontspanningsareas
  • wasgeriewe (wasmasjien, tuimeldroeër en wasgoedlyne)
  • ʼn gemeenskaplike sitkamer
  • ʼn gemeenskaplike kombuis met ʼn yskas, ketel, broodrooster en mikrogolfoond

 

WAT IS DIE KOSHUISKAS?

Die koshuiskas is ʼn jaarlikse betaling wat deur elke student betaal word om deel te neem aan ons bruisende studente- en koshuislewe. Daardie finansies word gebruik om verskeie sport-, kultuur-, gemeenskap- en sosiale aksies moontlik te maak.

HOEKOM IS DIT VIR ʼN INSTELLING SOOS AKADEMIA EN SY KOSHUISE BELANGRIK DAT DAAR SAAMGEËET WORD?

Vir studente om op hulle beste te kan funksioneer is gesonde en bekostigbare etes uiters belangrik. Sodoende skep die koshuisbestuur en die instelling gereelde geleenthede en platforms om in samesyn te eet. Daar sal deur die jaar gereelde etes wees waaraan koshuisinwoners deelneem en mekaar beter leer ken.

DIE VOLGENDE ITEMS IS NIE TOELAATBAAR IN DIE WOONSTEL NIE:
  • verwarmers met oop elemente (brandgevaar)
  • braaiers of roostertoestelle of lugbraaiers (air fryers)
  • enige gastoestelle
  • enige lugverkoelers
  • geen foto’s teen mure of kaste nie
MAG EK ʼN MOTOR HÊ?

Ja, daar is veilige opelugparkering.

HOE LYK MY KAMER SE UITLEG EN WAT IS BELANGRIK OM TE WEET?
  • Daar is enkelkamers asook ʼn beperkte aantal dubbelkamers (m.a.w. twee beddens per kamer).
  • Kamers is met ʼn lessenaar, enkelbed, matras en stoel per student toegerus, terwyl elke kamer ook oor ingeboude kaste beskik.
  • Daar is ʼn gemeenskaplike kombuis wat met ʼn yskas, ketel, broodrooster, lugbraaier en ʼn mikrogolfoond toegerus is.
  • Daar is blindings voor elke venster

NB: Geen privaat beddens word toegelaat nie.

  •  

Studenteondersteuning

Kontak ons by studenteondersteuning@akademia.ac.za om die volgende ondersteuning te ontvang:

beradingsdienste
(vir persoonlike en/of emosionele uitdagings)

akademiese stres

tydsbeplanning

uitdagings om aan te pas in die nuwe lewensfase

basiese onderrig-en-leer-ondersteuning

Kontak die koshuisbestuur by paarlkoshuisadmin@akademia.ac.za vir enige navrae.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.