Doen aansoek vir studies in 2021
Akademia se aansoeke vind eksklusief aanlyn plaas.
Alle aansoeke vir studies in 2021 – behalwe die volgende kwalifikasies – sluit op 2 Maart 2021:
– Nagraadse diplomas – 25 Januarie om 12:00
– Gevorderde Diploma in Projekbestuur – 19 Februarie om 12:00
Aansoeke vir studies in 2022 open 1 April 2021
Vir jou aansoek benodig jy die volgende:
– Gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies (indien van toepassing) of jongste punte (skoolleerders)
– Gesertifiseerde afskrif van ID
– Omvattende CV (werkendes)
– 20 minute om die aansoek aanlyn te voltooi
– Die aansoekfooi ten bedrae van R250
Brand jy vas met die aansoekproses? Kyk hierdie video.
*Gebruik slegs Chrome of Firefox vir toegang tot die aansoekportaal.
AKADEMIESE KREDIETE
’n Student wat reeds vir ʼn kwalifikasie by ʼn ander hoëronderwysinstelling ingeskryf was en van die modules geslaag het, mag moontlik vir akademiese krediete kwalifiseer. Dit beteken dat, sou die akademiese krediete wel toegestaan word, die student vrystelling van die soortgelyke modules by Akademia kry.
BANKBESONDERHEDE
Rekeningnaam: Akademia
Bank: FNB (Eerste Nasionale Bank)
Takkode: Centurion (261550)
Rekeningnommer: 62333881143
Rekeningtipe: Tjekrekening