As Afrikaanse instelling is Akademia verbind tot uitnemende opleiding en uitstaande vorming in Afrikaans as een van die mees ontwikkelde universitêre tale van die moderne era. Akademia Uitgewery se taak is om die gebruik van Afrikaans in die akademiese en intellektuele werke wat publiseer word tot reg te laat kom en gedy. Jy kan ook bydra deur die publikasies te koop of om manuskripte voor te lê.
Al die publikasies is beskikbaar by Die Winkel, Akademia se aanlyn winkel en instapwinkel op die Leriba-kampus.
Plato se dialoogtrilogie uit die laaste dae van Sokrates vertaal deur Piet Boshoff en Ter wille van oorlewing, ideologie en geld geskryf deur Johannes D. Froneman is beskikbaar by Exclusive Books in The Grove Mall in Pretoria, Aristata Boekwinkel in Hatfield asook Wize Books.
Publikasies
Lees gerus resensies oor Ter wille van oorlewing, ideologie en geld geskryf deur Johannes D. Froneman
Ereleerstoel: Intreeredes
Die ereleerstoel het ten doel om die akademiese statuur van Akademia te vestig en uit te bou, onderwysleierskap na te vors en te versterk, asook om die vormingsideaal van Akademia te ondersteun. Die amp en status van die bekleër van ʼn ereleerstoel kan met dié van ’n ereprofessor vergelyk word. Die intreeredes van die bekleërs kan hier gelees word.
Manuskripvoorleggings
Riglyne vir manuskripvoorleggings:
- Slegs Afrikaanse manuskripte word oorweeg.
- Slegs digitale manuskripte word aanvaar.
- Slegs manuskripvoorleggings wat binne Akademia se fokusareas val, sal deur die Navorsingskomitee oorweeg word.
- Die volgende publikasies sal deur Akademia Uitgewery oorweeg word:
– Akademiese en navorsingspublikasies, bv. voorgeskrewe handboeke vir Akademia-studente
– Groot Boeke en klassieke bronne soos deur Akademia bepaal, bv. vertalings van klassieke werke wat deel van die instelling se vormingsideaal uitmaak
– Akademia-denkforum, bv. meningstukbundels
– Gemeenskapspublikasies, d.w.s. werke wat Akademia se kultuur, geskiedenis of identiteit vaslê, soos ʼn gedenkboek
- Die volgende publikasies sal deur Akademia Uitgewery oorweeg word:
- Manuskripvoorleggings moet die volgende bevat (verpligtend):
- skrywer(s) of samesteller(s) se biografiese en kontakbesonderhede
- CV en lys van vorige publikasies soos van toepassing
- tema/navorsingsterrein, voorgestelde manuskriptitel en uiteensetting (vergesel van ʼn inhoudsopgawe)
- ’n potensiële befondsingsplan
- ʼn motivering vir hoekom Akademia Uitgewery die mees geskikte uitgewer vir jou manuskrip is
- Slegs volledige manuskripvoorleggings soos deur die vraelys bepaal, sal oorweeg word.
- Aanbevelings word verwelkom.
Voltooi die vorm
Kontakbesonderhede
Vir boekverkope en verkoopsnavrae: winkel.akademia.ac.za / winkel@akademia.ac.za
Vir manuskripvoorleggings en uitgewerynavrae: uitgewery@akademia.ac.za
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

