Nuut: NP van Wyk Louw-sentrum

Akademia Uitgewery

Akademia Uitgewery is ʼn onafhanklike uitgewer van hoofsaaklik akademiese publikasies, en is verbind tot die waardes van Akademia as geheel. Hierdie uitgewery se aktiwiteite word veral gerig op die uitbou van die instelling se akademiese reputasie en geloofwaardigheid, asook ʼn pligs- en roepingsbesef wat Afrikaans as kulturele en navorsingstaal aanbetref.

Manuskripvoorleggings

Riglyne vir manuskripvoorleggings:

  • Slegs Afrikaanse manuskripte word oorweeg.
  • Slegs digitale manuskripte word aanvaar.
  • Slegs akademiese en intellektuele manuskripvoorleggings word oorweeg, tensy afwykings hiervan sinvol gemotiveer kan word.
  • Manuskripvoorleggings moet die volgende bevat:
    • skrywer(s) of samesteller(s) se biografiese en kontak­besonderhede
    • CV en lys van vorige publikasies soos van toepassing
    • tema/navorsingsterrein, voorgestelde manuskriptitel en kort uiteensetting (vergesel van ʼn inhoudsopgawe)
  • Aanbevelings word verwelkom.
Lys van publikasies

Klik hier om na ons katalogus te loer, en koop dit op Die Winkel of by goeie boekwinkels.

Laai Akademia se Feesbundel hier af

Die Feesbundel is ʼn spesiale multidissiplinêre publikasie met die tema “Dekade van pionierswerk” ter viering van Akademia se tien jaar van klasgee. Die Feesbundel bevat twaalf ewekniebeoordeelde en afgeronde artikels wat 200 bladsye beslaan. Klik hier om die Feesbundel af te laai.

Kontakbesonderhede

Vir boekverkope en verkoopsnavrae: winkel.akademia.ac.za / winkel@akademia.ac.za

Vir manuskripvoorleggings en uitgewerynavrae: uitgewery@akademia.ac.za

Voltooi die vorm


REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE