Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Magalies as naam beteken kreatief, opgevoed, selfvertroud.

HUISKOMITEE 2023/2024

Stephan Bekker

PRIMARIUS

Christiaan Scheepers

ONDERPRIMARIUS

Vian van Schalkwyk

SOSIAAL

Pieter Mc Alpine

KUNS EN KULTUUR

Alex Moulder

SPORT

Nicolas Nel

GEMEENSKAP

Koshuiswaardes

Trots

Integriteit

Broederskap

Eerlikheid

Al hierdie waardes vestig ons in GELOOF

Algemene vrae

Koshuiskostes

R6500 per maand.
Die kostest word as volg uiteengesit: R5200 huurkostes || R1300 vir etes by die eetsaal

Die koshuiskas is ʼn jaarlikse betaling van R300 wat deur elke student betaal word om deel te neem aan ons bruisende studentelewe en koshuislewe. Daardie finansies word gebruik om verskeie sport-, kultuur-, gemeenskap- en sosiale aksies moontlik te maak.

Vir studente om op hulle beste te kan funksioneer is gesonde en bekostigbare etes uiters belangrik. Sodoende skep die koshuisbestuur en die instelling gereelde geleenthede en platforms om in samesyn te eet. Daar sal deur die jaar weeklikse etes wees waaraan koshuisinwoners deelneem en mekaar beter leer ken.

  • Verwarmers met oop elemente (brandgevaar)
  • Braaiers of roostertoestelle of lugbraaiers (“Air Fryers)”
  • Enige gastoestelle
  • Enige lugverkoelers
  • Geen foto’s teen mure of kaste nie
  • Eetsaal
  • Was- en opdrooggeriewe
  • Swembad
  • Braaigeriewe
  • Studiesaal
  • Toegangsbeheergimnasium

Daar is veilige opelugparkering en jy mag ʼn motor hê. Eerstejaars het spesifieke geallokeerde parkering.

Die volgende is belangrik om te weet in terme van jou woonstel kamer se uitleg:

  • Dubbelkamers met aangrensende badkamers.
  • Die beddens is enkelgrootte MAAR ekstra lengte (hou dit asb. in gedagte).
  • Studente is verantwoordelik vir die skoonmaak van hul eie kamers en badkamers (skottelgoedseep, -middels om stort en toilette skoon te maak).
  • Studente moet ook hul eie toiletpapier bring.
  • ʼn Stofsuier op die perseel is beskikbaar is beskikbaar.
  • Kamers is ten volle toegerus met ʼn lessenaar per student, twee enkelbeddens, bedkassie, ingeboude kaste, en koffiestasie met ʼn klein yskas.
  • Slegs een yskas (maksimumgrootte 1,2m) per kamer is toelaatbaar (die kamermaats moet dus die yskas deel).
  • Alhoewel daar gordyne in die kamers is, mag studente hul eie gordyne ophang (kamermaats MOET met mekaar hieroor ooreenkom).

STUDENTEONDERSTEUNING

Kontak ons by vangnet@akademia.ac.za om die volgende ondersteuning te ontvang:

  • Beradingsdienste (vir persoonlike en/of emosionele uitdagings)
  • Akademiese stres
  • Tydsbeplanning
  • Uitdagings om aan te pas in die nuwe lewensfase
  • Basiese onderrig-en-leer-ondersteuning

Vir enige navrae kan die koshuisbestuur gekontak
word by huismagalies@akademiastudente.co.za.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE