Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Die strelitzia is ʼn pragtige plant wat volop by die koshuis@Leriba-perseel blom en wat boonop ook eg Suid-Afrikaans is. Dit het ʼn natuurlike skoonheid en is uiters aanpasbaar in moeilike omstandighede. Vandaar die naam vir die dameskoshuis, Huis Strelitzia. Die handelsmerk word gekenmerk deur die kleure lig- en donkergroen wat groei en optimisme beteken en ook na die skoonheid van natuur verwys. Die ander kleure is oranje wat na energie en entoesiasme verwys en pienk wat vroulik en liefdevol beteken.

 

Huiskomitee 2023/2024

Bóchulè Swanepoel

PRIMARIA

Portefeuljes: Klerasie en Finansies

Zandri van Zyl

ONDERPRIMARIA

Portefeuljes: Sekretaris en Seniors

Danika Young

Huiskomiteelid

Portefeuljes: Eerstejaars, Ondersteuning en Geloof

Morgan de Jager

Huiskomiteelid

Portefeuljes: Sosiaal, Bemarking en Kommunikasie

Elana Bresler

Huiskomiteelid

Portefeuljes: Kuns en Kultuur, en Gemeenskap

Elana Bresler

Huiskomiteelid

Portefeuljes: Sport, Dissipline en Akademie

Koshuiswaardes

Huis Strelitzia se koshuiswaardes is vir ons ʼn sterk fondasie waarop ons huis gevestig is. Hierdie waardes vorm die kern van ons koshuis, en ons dames is daartoe toegewyd om seker te maak dat ons hierdie waardes integreer in ons daaglikse manier van leef. Die prent hier onder illustreer dit waarop ons trots is en ons identiteit gevestig is.

Die beeld van die boom simboliseer die ondeelbare eenheid van ons koshuis, waar die volledige boom die kernwaardes van die koshuis in die wortels dra. Ses unieke huiskomiteelede word voorgestel deur vingerafdrukke langs die stam, wat saamwerk vir die suksesvolle groei van die koshuis. Die groei van die boom en die skaduwee verteenwoordig toewyding, selfs in moeilike tye. Die stam dra beginsels en waardes oor, met die teksvers “In geloof staan ons saam om te oorwin”. Die blare verteenwoordig die individue van die koshuis. Ons ervaar verskeie seisoene in ons lewens en ʼn leë tak herinner ons daaraan dat uitdagings tydelik is met groeigeleenthede op die horison. Saam groei ons deur seisoene, veranker deur ons waardes, in ʼn eenheid van groei en sukses.

MY HUIS, JOU HUIS, ONS TROTS!

Koshuisvisie

Ons visie vir die koshuis is dat daar hierdie prikkelende trots deur ons gange loop, sodat almal in die koshuis weet dat ons mekaar kan ondersteun, maak nie saak wat nie, en op mekaar kan roep. Ons wil saam na die beste strewe, want hier begin die nuwe hoofstuk van jou lewe.

Algemene vrae

Koshuiskostes

R5500 per maand

Die kostes word as volg uiteengesit: R5000 huurkostes  ||  R500 vir gemeenskaplike etes deur Spys

Die koshuiskas is ʼn jaarlikse betaling van R300 wat deur elke s tudent betaal word om deel te neem aan ons bruisende studente- en koshuislewe. Daardie finansies word gebruik om vers keie sport-, kultuur-, gemeenskap- en sosiale aksies moontlik te maak.

Vir studente om op hulle beste te kan funksioneer is gesonde en bekostigbare etes uiters belangrik daarom skep die koshuisbestuur en die instelling gereelde geleenthede om in saam te eet. Daar sal deur die jaar maandelikse saameetgeleenthede wees waaraan koshuisinwoners deelneem om sodoende mekaar beter te leer ken.

Verwarmers met oop elemente – brandgevaar  ||  Enige gastoestelle

Geen foto’s teen mure of kaste nie.

Klubhuis || Twee wasmasjiene || Braaigeriewe || 24 uur permanente sekuriteit op perseel
24 uur toegangsbeheer || Parkeerarea

Daar is veilige opelugparkering en jy mag ʼn motor hê. Eerstejaa rs het spesifieke geallokeerde parkering. Daar is geen afdakke beskikbaar nie.

Die volgende is belangrik om te weet in terme van jou woonstel kamer se uitleg:

Daar is twee kamers per woonstel en een aangrensende badkamer.

Die beddens is enkelgrootte.

Daar is twee kamers per woonstel en een aangrensende badkamer.

Die beddens is enkelgrootte.

Studente is verantwoordelik vir die skoonmaak van hul eie woonstelle (skottelgoedseep, middels om stort en toilette skoon te maak).

Woonstelle is ten volle toegerus met ʼn ingeboude lessenaar per student, ʼn enkelbed en matras per student en ingeboude kaste per kamer.

ʼn Stofsuier is opsioneel, ons beveel wel ʼn besem aan.

ʼn Yskas, ketel en mikrogolfoond word sterk aanbeveel vir jou woonstel.

Wasmasjien/tuimeldroër (opsioneel).

Studente moet hulle eie toiletpapier bring.

Daar is slegs plek vir een wasmasjien/tuimeldroër
indien dit aangekoop word, nie vir albei studente nie.

Geen private beddens sal toegelaat word nie.

Studenteondersteuning

Kontak ons by vangnet@akademia.ac.za om die
volgende ondersteuning te ontvang:

Beradingsdienste (vir persoonlike en/of emosionele uitdagings)
Akademiese stres
Tydsbeplanning
Uitdagings om aan te pas in die nuwe lewensfase
Basiese onderrig-en-leer-ondersteuning

Vir enige navrae kan die koshuisbestuur gekontak word by
huisstrelitzia@akademiastudente.co.za.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE