Hennops se naam is afgelei van die Hennopsrivier wat alombekend is en deur die Centurion-omgewing vloei. Die riviersimboliek is sterk aangesien ʼn rivier dui op lewe en die toerus van lewe. Die rivier spruit vanuit die sterk Olifantspruit en vandaar die majestieuse olifant op die handelsmerk van die manskoshuis. Die aardse kleure van die koshuishandelsmerk verwys na die natuur en rustigheid van die omgewing. Die sandbruin, donkerblou van die water en die groen van die natuur verwys na ontspanning, uithouvermoë en selfversekering.
HUISKOMITEE
2025/2026
Altus van Heerden
Primarius
Armand Snyman
Onderprimarius
Bemarking en Kommunikasie
Dylan van Tonder
Gemeenskap
Erigh Pretorius
Sosiaal
Frans Burger
Sport
Juan Enslin
Eerstejaars
Juan Neuhoff
Kuns en Kultuur
’n Hennops-man sê wat waar is as die duiwel daar is, doen wat reg is as die
regter weg is. Wat trou by sy gewete bly as hy straf in plaas van beloning kry.
Koshuiswaardes
- Respek
- Integriteit
- Verantwoordelikheid
- Eerlikheid
AL HIERDIE WAARDES VESTIG ONS IN GELOOF.
Algemene vrae
Koshuiskostes vir 2026
R6 830 per maand oor tien maande (sluit verblyf en R1 400 se Spys-etes in)
Ander eenmalige fooie
Deposito: Eerstejaars – R5 450 (een maand se verblyf)
Senior bevestigingsfooi – R705 (verblyf en koshuiskas)
Wat is die koshuiskas?
Die koshuiskas is ʼn jaarlikse betaling wat deur elke student betaal word om deel te neem aan ons bruisende studentelewe en koshuislewe. Daardie finansies word gebruik om verskeie sport-, kultuur-, gemeenskap- en sosiale aksies moontlik te maak.
Hoekom is dit vir ʼn instelling soos Akademia en die koshuise so belangrik dat almal saameet?
Vir studente om op hulle beste te kan funksioneer is gesonde en bekostigbare etes uiters belangrik. Sodoende skep die koshuisbestuur en die instelling gereelde geleenthede en platforms om in samesyn te eet. Daar sal deur die jaar weeklikse etes wees waaraan koshuisinwoners deelneem en mekaar beter leer ken.
Die volgende items is nie toelaatbaar in die woonstel nie
- Verwarmers met oop elemente (brandgevaar)
- Braaiers of roostertoestelle of lugbraaiers (“Air Fryers)”
- Enige gastoestelle
- Enige lugverkoelers
- Geen foto’s teen mure of kaste nie
Geriewe wat op die perseel beskikbaar is
- Eetsaal
- Was- en opdrooggeriewe
- Swembad
- Braaigeriewe
- Studiesaal
Mag ek ʼn motor hê?
Daar is veilige opelugparkering en jy mag ʼn motor hê. Eerstejaars het spesifieke geallokeerde parkering.
Hoe lyk my woonstel se uitleg en wat is belangrik om te weet
Die volgende is belangrik om te weet in terme van jou woonstel kamer se uitleg:
- Dubbelkamers met aangrensende badkamers.
- Die beddens is enkelgrootte MAAR ekstra lengte (hou dit asb. in gedagte).
- Studente is verantwoordelik vir die skoonmaak van hul eie kamers en badkamers (skottelgoedseep, -middels om stort en toilette skoon te maak).
- Studente moet ook hul eie toiletpapier bring.
- ʼn Stofsuier op die perseel is beskikbaar.
- Kamers is ten volle toegerus met ʼn lessenaar per student, twee enkelbeddens, bedkassie, ingeboude kaste, en koffiestasie met ʼn klein yskas.
- Slegs een yskas (maksimumgrootte 1,2m) per kamer is toelaatbaar (die kamermaats moet dus die yskas deel).
- Alhoewel daar gordyne in die kamers is, mag studente hul eie gordyne ophang (kamermaats MOET met mekaar hieroor ooreenkom).
Koshuisouer
LOUIS DEKKER
Uitvoerende hoof: Gimnasium Pretoria
Vir Dekker, wat self ʼn aktiewe koshuislewe geniet het, lê die waarde van dié ervaring opgesluit in die vorming wat plaasvind. “Koshuislewe leer jou om aanpasbaar te wees, uit jou gemaksone te tree en op jou eie voete te staan terwyl jy met verskillende persoonlikhede oor die weg kom. Hierdie groei ontsluit die beste tye denkbaar!” meen Dekker.
STUDENTEONDERSTEUNING
Kontak ons by studenteondersteuning@akademia.ac.za om die volgende ondersteuning te ontvang:
- Beradingsdienste (vir persoonlike en/of emosionele uitdagings)
- Akademiese stres
- Tydsbeplanning
- Uitdagings om aan te pas in die nuwe lewensfase
- Basiese onderrig-en-leer-ondersteuning
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

