Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Hennops se naam is afgelei van die Hennopsrivier wat alombekend is en deur die Centurion-omgewing vloei. Die riviersimboliek is sterk aangesien ʼn rivier dui op lewe en die toerus van lewe. Die rivier spruit vanuit die sterk Olifantspruit en vandaar die majestieuse olifant op die handelsmerk van die manskoshuis. Die aardse kleure van die koshuishandelsmerk verwys na die natuur en rustigheid van die omgewing. Die sandbruin, donkerblou van die water en die groen van die natuur verwys na ontspanning, uithouvermoe en selfversekering.

HUISKOMITEE

2023/2024

CONRAD PRINS

Primarius

HENDRE HUMAN

Onderprimarius

WIHANN BRITS

Eerstejaars

DEON JANSEN VAN NIEUWENHUIZEN

Sport, Gemeenskap
en Akademie

JOHEIN PRINSLOO

Bemarking en
Finansies

RUDOLF NEL

Seniors en
Instandhouding

’n Hennops-man sê wat waar is as die duiwel daar is, doen wat reg is as die

regter weg is. Wat trou by sy gewete bly as hy straf in plaas van beloning kry.

Koshuiswaardes

  • Respek
  • Integriteit
  • Verantwoordelikheid
  • Eerlikheid

 

AL HIERDIE WAARDES VESTIG ONS IN GELOOF.

Algemene vrae

Koshuiskostes

R6500 per maand.
Die kostes word as volg uiteengesit: R5200 huurkostes || R1300 vir etes by die eetsaal

Die koshuiskas is ʼn jaarlikse betaling van R300 wat deur elke student betaal word om deel te neem aan ons bruisende studentelewe en koshuislewe. Daardie finansies word gebruik om verskeie sport-, kultuur-, gemeenskap- en sosiale aksies moontlik te maak.

Vir studente om op hulle beste te kan funksioneer is gesonde en bekostigbare etes uiters belangrik. Sodoende skep die koshuisbestuur en die instelling gereelde geleenthede en platforms om in samesyn te eet. Daar sal deur die jaar weeklikse etes wees waaraan koshuisinwoners deelneem en mekaar beter leer ken.

  • Verwarmers met oop elemente (brandgevaar)
  • Braaiers of roostertoestelle of lugbraaiers (“Air Fryers)”
  • Enige gastoestelle
  • Enige lugverkoelers
  • Geen foto’s teen mure of kaste nie
  • Eetsaal
  • Was- en opdrooggeriewe
  • Swembad
  • Braaigeriewe
  • Studiesaal
  • Toegangsbeheergimnasium

Daar is veilige opelugparkering en jy mag ʼn motor hê. Eerstejaars het spesifieke geallokeerde parkering.

Die volgende is belangrik om te weet in terme van jou woonstel kamer se uitleg:

  • Dubbelkamers met aangrensende badkamers.
  • Die beddens is enkelgrootte MAAR ekstra lengte (hou dit asb. in gedagte).
  • Studente is verantwoordelik vir die skoonmaak van hul eie kamers en badkamers (skottelgoedseep, -middels om stort en toilette skoon te maak).
  • Studente moet ook hul eie toiletpapier bring.
  • ʼn Stofsuier op die perseel is beskikbaar is beskikbaar.
  • Kamers is ten volle toegerus met ʼn lessenaar per student, twee enkelbeddens, bedkassie, ingeboude kaste, en koffiestasie met ʼn klein yskas.
  • Slegs een yskas (maksimumgrootte 1,2m) per kamer is toelaatbaar (die kamermaats moet dus die yskas deel).
  • Alhoewel daar gordyne in die kamers is, mag studente hul eie gordyne ophang (kamermaats MOET met mekaar hieroor ooreenkom).

STUDENTEONDERSTEUNING

Kontak ons by vangnet@akademia.ac.za om die volgende ondersteuning te ontvang:

  • Beradingsdienste (vir persoonlike en/of emosionele uitdagings)
  • Akademiese stres
  • Tydsbeplanning
  • Uitdagings om aan te pas in die nuwe lewensfase
  • Basiese onderrig-en-leer-ondersteuning

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE