Vir Dreyer is Huis Waterlelie ʼn besonderse plek van behoort – veral omdat dit ʼn daghuis is waar studente wat nie saam woon nie, steeds deel kan vorm van die hart van Akademia se bruisende studentelewe. As daghuisouer wil sy help om ʼn ruimte te skep waar studente mekaar beter kan leer ken, saam kan lag en deel wees van iets groter as hulself. “Ons skryf saam aan herinneringe wat studente nog vir jare gaan koester,” sê Dreyer. Soos die waterlelie wat op die water blom, hoop sy dat Huis Waterlelie ʼn plek sal wees waar elke student sal groei, floreer en hul plek vind.