Webinaar oor 2027-studie aan Akademia
DATUM
TYD
18:00 tot 19:30
Jou studiedrome is binne jou bereik! Begin jou studiereis vandag nog.
By Akademia studeer jy nie net aan ʼn program nie, jy word gevorm vir die lewe en werk daarna. Neem deel aan ons interaktiewe webinaar. Stel jou vrae en hoor by kundiges en huidige studente hoe jy jou studiedroom kan najaag.
Akademia is sedert 2012 ʼn akademiese tuiste wat verskeie oplossings vir studente bied. Studente het ʼn keuse tussen nauurse afstandstudie oor ʼn netwerk van sentrums of via e-leer en voltydse studie by die Paarl- of Pretoria-kampus. Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede in 2027.
DIE PROGRAM VIR DIE WEBINAAR
- ʼn Oorsig van Akademia
- Wat kan ek studeer?
- Hoor van ʼn huidige student: Hoe is dit werklik om aan Akademia te studeer?
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- ʼn Vraag-en-antwoordsessie om enige knaende navrae te beantwoord
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE WEBINAAR
- Jy moet vooraf registreer om toegang tot die webinaar te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
- Nadat jy vir die webinaar geregistreer het, sal die skakel na die aanbieding nader aan die tyd elektronies aan jou gestuur word. Hou gerus jou e-posse dop.
MEER OOR AKADEMIA SE ONDERRIGLEERMODELLE
Besoek gerus ons webblad vir meer inligting oor Akademia se onderrigleermodelle.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
