Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

BEd (Grondslagfase-onderwys)

Die BEd (Grondslagfase-onderwys)-program sal die voornemende onderwysstudente met onderwyskennis toerus sodat hulle as professionele en gekwalifiseerde grondslagfase-onderwysers hulle plekke in die skool kan vol staan.

Hierdie program sal al elf beginneronderwyser-bevoegdhede ontwikkel wat die geïntegreerde, pedagogiese en kurrikulumkennis van al vier grondslagfasevakke insluit. Beginneronderwysers sal in enige graad R-3-klaskamer ʼn leeromgewing daar kan stel waarin leerders self, maar ook saam met ander effektief kan leer en dit wat hulle geleer het in verband met hul bestaan, binne en buite skoolverband, kan bring.

WAT KAN EK MET DIE BEd (GF-ONDERWYS)-GRAAD DOEN?

Soos die naam aandui, is die BEd (GF-onderwys)-program op die opvoeding en opleiding van onderwysers vir graad R tot 3 toegespits. Met hierdie BEd-kwalifikasie kan studente al vier verpligte grondslagfasevakke, naamlik Afrikaans, Engels, Wiskunde en Lewensvaardighede, aanbied.

WAT BEHELS DIE PROGRAM?

NKR-vlak 7

500 krediete

SAKO-nommer: 118320

ONDERRIGLEERMODEL: Voltydse kampusmodel

KWALIFISEER EK OM BEd (GRONDSLAGFASE-ONDERWYS) TE STUDEER?

MODULES

Die doel van hierdie module is om studente te laat besin en betrokke te kry by verskillende kontekste en sosiale dimensies in die skoolsituasie om die rol as opvoeder en veranderingsagent te kan vervul.

Die doel van hierdie module is om studente met die nodige kennis, vaardighede en waardes toe te rus om die fisiese, kognitiewe en emosionele ontwikkeling van jong kinders vanaf geboorte tot en met graad drie te verstaan, te kommunikeer en te implementeer.

Die doel van die module is om studente met basiese kennis en vaardighede toe te rus ten einde die grondslae van gehalteonderrig en effektiewe (betekenisvolle) leer in verskillende kontekste toe te pas.

Die doel van hierdie module is om onderwysstudente te help om ʼn verskeidenheid vaardighede, bruikbare kennis, houdings en aanlegte te kan aanwend om sodoende te kan vorder en tot die professionele praktyk te kan toetree.

Die doel van hierdie module is om studente se Afrikaanse vakkennis te verdiep en om hul selfvertroue en vaardighede te verbeter.

Die doel van hierdie module is om studente se kennis van Engelse grammatikale strukture te verdiep sodat hul dit kan identifiseer en toepas.

Die doel van die module is om studente se wiskundekennis en -vaardighede te verdiep sodat hul vakonderwyskennis daaruit kan ontwikkel.

Die doel van hierdie module is om studente se selfkennis, kennis van ander en die omgewing te verbreed sodat hul aan die eise van die moderne samelewing kan voldoen.

In jaar een leer studente VAN praktyk (deur middel van virtuele en praktiese waarnemings), waarna hul ook oor hul identiteit as onderwyser besin. Vir hierdie doel besoek studente skole in groepsverband.

Die doel van hierdie module is om studente in staat te stel om omvattende kennis toe te pas oor wat ʼn kurrikulum behels, om verskillende benaderings tot en perspektiewe op ʼn kurrikulum te interpreteer en krities te ontleed, en ook deel te neem aan die proses van kurrikulumontwikkeling op mikrovlak om effektiewe onderrig en leer te bevorder.

Die doel van hierdie module is om studente met die nodige kennis van inklusiewe onderwys, wat ʼn invloed op suksesvolle onderrig en leer in die grondslagfase het, toe te rus.

Die doel van hierdie module is om studente met basiese kennis en vaardighede toe te rus ten einde toepaslike onderrigstrategieë en -media te implementeer om gehalteonderrig en gehalteleer in die onderrig- en leerkonteks te verseker.

Die doel van die module is om studenteonderwysers in staat te stel om klaskamerassessering binne ʼn opvoedkundige konteks te kontekstualiseer, assesseringspraktyke toe te pas om leer te verbeter, asook om assesseringspraktyke te evalueer om leerderprestasies binne ʼn outentieke klaskamerkonteks te verbeter.

Die doel van hierdie module is om studente se kennis oor die analisering en skryf van Afrikaanse tekste te verbreed.

Die doel van hierdie module is om studente se kennis en waardering van verskillende tipes literatuur te verbreed.

Die doel van hierdie module is om wiskundige vakinhoud by studente te verdiep en hul kennis daaroor te verbreed.

Die doel van hierdie module is om studente met vakinhoudelike en praktiese kennis in visuele kunste, drama, musiek, dans en beweging, toe te rus sodat hul die holistiese ontwikkeling van leerders kan bevorder.

In jaar twee leer studente steeds VAN praktyk, waarna hul geleentheid kry om hul kennis prakties toe te pas deur kennisoordrag te modelleer.

Die doel van hierdie module is dat studente filosofiese en teoretiese perspektiewe rondom die aard, doeleindes en praktyke van onderwys moet kan konseptualiseer, ten einde tot die opbou van ʼn regverdige, pluralistiese en demokratiese Suid-Afrika by te dra.

Die doel van die module is om studente toe te laat om die praktyk vanuit die geskiedenis van onderwys en onderwysbeleidperspektief te konseptualiseer, sodat hulle in staat gestel word om die oordrag van kultuurvormende mag binne ʼn hedendaagse beleidsraamwerk te bestuur.

In hierdie module bestudeer studente die ontwikkeling van vroeëkindonderwys in Suid-Afrika vanuit ʼn historiese en teoretiese perspektief.

Die doel van hierdie module is om die betrokke vakonderwyskennis by studente te ontwikkel. Vakonderwys in hierdie module is geïntegreerde kennis aangaande die ontwikkeling van lees- en handskrifvaardighede asook taalvaardigheidskomponente in die Grondslagfase.

Hierdie module fokus op die integrasie van vakinhoudelike kennis, pedagogiese kennis asook kennis van die relevante beleidsdokumente ten einde die studente toe te rus om hierdie Engelse vakonderwyskennis in die grondslagfase te laat realiseer.

Hierdie module fokus op die integrasie van vakinhoudelike kennis, kennis van beleidsdokumente, relevante pedagogiese asook tegnologiese kennis en die toepassing daarvan in die grondslagfase-wiskundeklaskamer.

Die doel van hierdie module is om studente se vakinhoudelike en pedagogiese kennis te integreer sodat hul Lewensvaardighede effektief in die grondslagfase kan onderrig.

In jaar drie leer studente van en in praktyk. Hul moet gevallestudies en hul eie asook hul portuurgroep se lesaanbiedings beoordeel en krities daaroor reflekteer. Studente besoek skole en gedurende hierdie tye moet studente lesse aanbied, lesse waarneem en ook aan ander skoolaktiwiteite binne en buite die klaskamer deelneem

Die doel van hierdie module is om studente te begelei om hul teoretiese onderwyskennis in ʼn spesifieke konteks toe te pas. Dit sal hul in staat stel om gepaste benaderings ten opsigte van pedagogiek, klaskamerbestuur en dissipline vir die grondslagfase te formuleer en daaroor te reflekteer.

Die doel van hierdie module is om die betrokke vakonderwyskennis by studente te ontwikkel. Dit kom neer op die verdieping van die studente se kennis aangaande die kerntaalkomponente van Afrikaans in die grondslagfase asook die onderrig, assessering en klaskamerbestuur daarvan.

Die doel van hierdie module is om die betrokke vakonderwyskennis by studente te ontwikkel. Dit kom neer op die ontwikkeling van Engels Eerste Addisionele Taal-spesialiste wat oor leierskaps- en klaskamerbestuursvaardighede asook assesseringsvaardighede beskik.

 

Die doel van hierdie module is om die betrokke vakonderwyskennis by studente te ontwikkel. Dit kom neer op die ontwikkeling van studente se leierskaps- en klaskamerbestuursvaardighede met spesiale klem op lesbeplanning, lesaanbieding en assessering van Wiskunde in die grondslagfase.

Die doel van hierdie module is om die betrokke vakonderwyskennis by studente te ontwikkel. Dit kom neer op die ontwikkeling van die studente se leierskaps-, klaskamerbestuur- en assesseringsvaardighede ten einde visuele kunste, dans, drama, musiek en liggaamlike opvoeding in die grondslagfase te onderrig.

In jaar vier word studente begelei om in ʼn outentieke en mikro-onderrig-leerkonteks oor praktyk te reflekteer en om ʼn professionele oordeel te vel. Studente besoek skole en gedurende hierdie tye moet studente lesse aanbied, lesse waarneem en ook aan ander skoolaktiwiteite binne en buite die klaskamer deelneem.

Die doel van die module is om studente in staat te stel om Sepedi as gesprekstaal in die skoolomgewing aan te wend, en meer spesifiek om, waar nodig, Sepedi-sprekende leerders in die klaskamer by te staan.

ANDER INLIGTING

Die minimum tydsduur vir die program is vier jaar. Die maksimum toelaatbare tyd vir die voltooiing van die program is agt jaar.

Om in aanmerking te kom vir toelating word die volgende benodig:

  • Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) wat graadstudies spesifiseer met ʼn minimum toelatingspunt (TP) van 30, minimum van 50% in elk van die vakke Afrikaans en Engels, asook een van volgende:
    • 50% minimum vir Wiskunde; of
    • ʼn goeie akademiese profiel met minimum 40% vir Wiskunde of minimum 60% vir Tegniese Wiskunde of minimum 70% vir Wiskundige Geletterdheid.
  • NKR-vlak 4 Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) met endossement vir toelating tot graadstudies met ʼn minimum van 50% in elk van die vakke Afrikaans, Engels, asook een van die volgende:
    • 50% minimum vir Wiskunde; of
    • ʼn goeie akademiese profiel met minimum 40% vir Wiskunde of minimum 60% vir Tegniese Wiskunde of minimum 70% vir Wiskundige Geletterdheid.
  • ʼn Erkende sertifikaat of diploma in onderwys of ʼn verwante veld (krediete in verwante studies kan erken word).
  • ʼn Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie met toelating tot diplomastudie, mits:
    • 50% plus vir Afrikaans en Engels op die NSS-sertifikaat behaal is;
    • 70% plus vir Sakeberekeninge (EHBCL151) behaal is; en
    • ʼn gemiddeld van 60% plus vir die voltooide kwalifikasie behaal is.

Hoe bereken ek my TP-telling? Klik hier.

Programkoste vir 2024

Jaar een: Vanaf R49 329 | Jaar twee: Vanaf R49 329 | Jaar drie: Vanaf R54 648 | Jaar vier: Vanaf R51 336

Handboeklyste word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.

DOEN NOU AANSOEK OM BEd (GRONDSLAGFASE-ONDERWYS) TE STUDEER