Nagraadse Diploma in Belasting
Die Nagraadse Diploma in Belasting is bedoel vir studente wat ʼn loopbaan in belasting beoog. Die student kry die kennis en vaardighede wat benodig word om ʼn belastingkenner te word wat in staat is om organisatoriese en individuele nakoming van die vereistes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Tesourie te verseker. Die suksesvolle student is in staat om ontwikkelinge in die verskillende velde van belasting te ontleed.
Hierdie kwalifikasie bied aan studente gevorderde kennis, vaardighede en analitiese vermoëns in die belastingdissipline.

WAT KAN EK MET DIE NAGRAADSE DIPLOMA IN BELASTING DOEN?
WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?
NKR-vlak 8
140 krediete
SAKO-nommer: 111265
ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse onderrigmodel
MODULES
Hierdie module bied kennis aan die student rakende belasting in die Suid-Afrikaanse omgewing.
Die module rus studente toe met beginsels van internasionale belastingkonsepte.
Hierdie module verskaf diepgaande begrip en praktiese toepassing van die Suid-Afrikaanse belastingstelsels.
Studente word in staat gestel om gedetailleerde berekeninge te doen gebaseer op praktiese gevallestudies en om advies aan kliënte te gee.
Hierdie module behels die samestelling van ʼn navorsingsvoorstel om ʼn tekortkoming in belastingverband aan te spreek.
ANDER INLIGTING
Die program kan in ’n minimum tydsduur van een jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is drie jaar.
Om in aanmerking te kom vir toelating tot die Nagraadse Diploma in Belasting, word die volgende benodig:
- BCom (Rekeningkunde) / BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad of ooreenstemmende kwalifikasie op NKR-vlak 7 met Belasting as hoofvak.
Programkoste vir 2023
Jaar een: R46 200
Handboeklyste vir 2023 word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.