Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Nagraadse Onderwyssertifikaat

(Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)

Die doel van die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) vir Senior Fase- en VOO-onderwys is om aan studente aanvanklike professionele opleiding te gee met die fokus op die ontwikkeling van die nodige pedagogiese inhoudskennis, vaardighede en ervaring in die werkplek. Hierdie vaardighede sal studente in staat stel om hul leer toe te pas as ʼn beginneronderwyser in skole waar verskillende kontekste bestaan.

WAT KAN EK MET DIE NGOS DOEN?

Soos die naam aandui is die NGOS toegespits op die opleiding van onderwysers vir graad 8 tot 12. Met hierdie NGOS kan studente ʼn vak, soos byvoorbeeld Wiskunde, op beide die Senior Fase sowel as die VOO-onderwys onderrig.

WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?

NKR-vlak 7

128 krediete

SAKO-nommer: 115512

ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse afstandsmodel

KWALIFISEER EK OM VIR DIE NAGRAADSE ONDERWYSSERTIFIKAAT TE STUDEER?

MODULES

Hierdie module rus studente toe met basiese kennis en vaardighede om:

  • Deel te neem aan die proses van kurrikulumontwerp
  • Toepaslike onderrigstrategieë te implementeer om gehalte in onderrig en leer te verseker
  • Assessering in die onderrig- en leerkonteks te integreer

Na voltooiing van hierdie module behoort die student oor kennis van verskillende leerteorieë te beskik om leerderontwikkeling op spesifieke ontwikkelingsvlakke te identifiseer en om leerders se gereedheidsvlakke vir leer te bepaal. Studente word toegerus om leerders se uitdagings en sosiale probleme in die onderrig- en leerkonteks te herken en aan te spreek. Die student word ook in staat gestel om onderrig en leer aan te pas om inklusiwiteit in die onderrig- en leerkonteks te verseker.

Na voltooiing van hierdie module behoort studente in staat te wees om hul professionele oordeel te kan uitoefen wanneer hulle besin oor die praktyk en ervaring van pedagogiese outonomie en professionele agentskap binne ʼn outentieke onderrig- en leerkonteks waar hulle kritiese, kreatiewe en reflektiewe vaardighede toepas, asook redeneer oor ʼn spesifieke aangeleentheid wat ʼn invloed het op hoe om die klaskamerkonteks effektief te bestuur.

Die doel van die module is om studente te konfronteer met filosofiese vrae oor onderwys en kurrikulum en om hulle te betrek by die verskillende perspektiewe en kontekste van antwoorde op hierdie vrae.

Studente sal ook kennis, vaardighede en waardes verwerf om kurrikulumontwikkeling te verstaan en te beoefen en om hul klaskamers te bestuur. Verder sal hulle vertroud wees met die rolle en vaardighede wat op onderwysersvlak van hulle verwag word, om konteksbewus en -gereed vir onderrig te wees.

Na voltooiing van hierdie module moet studente in staat wees om hul professionele oordeel te kan uitoefen wanneer hulle in die praktyk besin en pedagogiese outonomie ervaar en professionele agentskap neem binne ʼn outentieke mikro-onderrig- en leerkonteks waar hulle:

  • lesplanne ondervra en die rasionaal van hul keuse verduidelik;
  • besin oor die ervaring, nuwe lesplanne te skep en hul bewyse lewer dat leerdoelwitte bereik is;
  • die vermoë te demonstreer om in die praktyk navorsing te doen om hul onderrig aan te vul; en
  • bewys lewer van hul persoonlike professionele ontwikkeling.

Na voltooiing van hierdie module moet die student in staat wees om aandagtig te luister na die taal wat gepraat word, en ʼn basiese gesprek in die taal te kan voer. Studente sal kennis, vaardighede, houdings en waardes verwerf, insluitend die vermoë om sensitiwiteit te toon vir hul eie taalgebruik en dié van ander en oor kulture heen kan handel met kennis en respek. Verder moet die student die taal in die skoolomgewing kan gebruik en die spesifieke taalsprekende leerders kan help in die klaskamerkonteks.

Na voltooiing van hierdie module sal studente oor basiese kennis, strategieë en vaardighede beskik om ʼn positiewe leeromgewing vir onderrig en leer in die Afrikaanse medium te struktureer deur die suksesvolle integrasie van Afrikaanse taalvaardighede (lees en kyk, luister en praat, skryf en aanbied), om sodoende skoolvakke in die kurrikulum te onderrig.

Die doel van hierdie module is om te verseker dat studente oor die basiese rekenaarvaardighede beskik wat benodig word om by te dra tot hul begrip, sowel as die vermoë om toepaslike tegnologieë te gebruik:

  • vir administratiewe doeleindes;
  • om studenteleer te fasiliteer; en
  • vir professionele interaksie.

*Registrasie vir hierdie module is verpligtend, maar studente kan vrystelling kry of vrygestel word as hulle ʼn assessering suksesvol voltooi het.

Studente kies een module vanuit Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) en een module vanuit die Senior Fase (SF) volgens die volgende kombinasies:

  • Aardrykskunde-onderwys (VOO) EN Sosiale Wetenskappe-onderwys (SF)
  • Geskiedenis-onderwys (VOO) EN Sosiale Wetenskappe-onderwys (SF)
  • Afrikaans Huistaal-onderwys (VOO) EN Afrikaans Huistaal-onderwys (SF)
  • Engels Huistaal-onderwys (VOO) EN Engels Huistaal-onderwys (SF)
  • Engels Eerste Addisionele Taal-onderwys (VOO) EN Engels Eerste Addisionele Taal-onderwys (SF)
  • Besigheidstudies-onderwys (VOO) EN Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-onderwys (SF)
  • Ekonomie-onderwys (VOO) EN Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-onderwys (SF)
  • Rekeningkunde-onderwys EN Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-onderwys (SF)
  • Fisiese Wetenskappe-onderwys (VOO) EN Natuurwetenskappe-onderwys (SF)
  • Lewenswetenskappe-onderwys (VOO) EN Natuurwetenskappe-onderwys (SF)
  • Lewensoriëntering-onderwys (VOO) + Afrikaans-onderwys (SF) of Engels-onderwys (SF) of Wiskunde-onderwys (SF)
  • Wiskunde-onderwys (VOO) EN Wiskunde-onderwys (SF)

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Aardrykskunde–onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Aardrykskunde effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Afrikaans Huistaal–onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Afrikaans Huistaal effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Besigheidstudie–onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Besigheidstudies effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Ekonomie-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Ekonomie effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Engels Eerste Addisionele Taal (EAT)–onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Engels EAT effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Engels Huistaal–onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Engels Huistaal effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Fisiese Wetenskap–onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Fisiese Wetenskappe effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Geskiedenis-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Geskiedenis effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Lewenswetenskap-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Lewenswetenskappe effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om Verdere Onderwys en Opleiding-spesialiste te vorm met die ontwikkeling van hoëvlak lewensoriëntering-onderwyskennis deur die integrering van vakinhoud en pedagogiese en kurrikulumkennis wat studente in staat sal stel om Lewensoriëntering effektief in die VOO-band te onderrig.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Rekeningkunde-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om rekeningkunde effektief in die VOO te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Wiskunde-onderwyskennis te ontwikkel deur Wiskunde inhoudskennis en pedagogiese kennis te integreer, wat studente in staat stel om Wiskunde effektief in die VOO  te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Afrikaans Eerste Addisionele Taal-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoud en pedagogiese kennis te integreer wat studente in staat stel om die vak effektief op Seniorfase-vlak te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Afrikaans Huistaal-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoud en pedagogiese kennis te integreer wat studente in staat stel om die vak effektief op Seniorfase-vlak te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Engels Eerste Addisionele Taal-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoud en pedagogiese kennis te integreer wat studente in staat stel om die vak effektief op Seniorfase-vlak te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Engels Huistaal-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoud en pedagogiese kennis te integreer wat studente in staat stel om die vak effektief op Seniorfase-vlak te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Ekonomiese en Bestuurswetenskap-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoud en pedagogiese kennis te integreer wat studente in staat stel om die vak effektief op Seniorfase-vlak te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Natuurwetenskap-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoud en pedagogiese kennis te integreer wat studente in staat stel om die vak effektief op Seniorfase-vlak te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Sosiale Wetenskap-onderwyskennis  te ontwikkel deur vakinhoud en pedagogiese kennis te integreer wat studente in staat stel om die vak effektief op Seniorfase-vlak te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om ʼn hoë vlak van Wiskunde-onderwyskennis te ontwikkel deur vakinhoud en pedagogiese kennis te integreer wat studente in staat stel om die vak effektief op Seniorfase-vlak te onderrig.

Die fokus val op die integrasie van vakinhoudkennis, kennis van die betrokke kurrikulumbeleid, relevante pedagogiese kennis en die in staat stel van studente om die geïntegreerde kennis in die praktyk toe te pas.

Die doel van hierdie module is om die vaardigheid van studente op te bou deur kritiese besinning en praktiese betrokkenheid met vakspesifieke inhoud en die taalaanbieding daarvan. Na voltooiing van hierdie module sal die student dus ʼn onderwyser wees wat in die medium van Engels onderrig.

*Registrasie vir hierdie module is opsioneel, maar registrasie vir hierdie module word aanbeveel. Studente kan vrystelling kry of vrygestel word as hulle ʼn assessering suksesvol voltooi het.

PRAKTIESE KOMPONENT

Afgesien van deurlopende aktiwiteite in die ter sake modules, moet die student vir agt weke praktiese sessies by skole voltooi. Alle proefonderwys moet by Suid-Afrikaanse skole wat kontakonderrig in die KABV (“CAPS”) kurrikulum aanbied, afgehandel word. Hierdie voorwaarde geld ook vir buitelandse studente. Akademia sal skole identifiseer deur gebruik te maak van die nodige kanale. Akademia sluit kontrakte met die skole waarby studente die praktiese sessies deurloop. Studente moet nie self met proefonderwysskole kontak maak nie. Plasings word skriftelik en formeel vanuit die Fakulteit Opvoedkunde met skole bevestig.

Die praktiese komponent word in drie dele opgedeel:

Hierdie prakties vind plaas by ʼn skool met ʼn ander kultuur as waar die student skoolgegaan het. Die doel hiervan is vir die bewusmaking van diversiteit. Die student neem waar en skryf refleksieverslae; geen klas word aangebied nie.

Hierdie prakties vind plaas by ʼn skool wat anders is as waar die student skoolgegaan het (bv. ʼn gemengde skool as die student by ʼn seuns- of meisieskool was). Anders as by die eerste praktiese deel, kan die skool wel van dieselfde kultuur wees as waar die student skool gegaan het. Die student sal tydens hierdie praktiese sessie klasse aanbied.

Akademia onderhandel met skole om studente vir hierdie praktiese sessie te akkommodeer. Afgesien van klasse wat aangebied word, skakel studente ook in by die breër bedrywighede van die skool.

As die student reeds onderwys gee, kan die praktiese deel van vier weke in Julie/Augustus by die betrokke skool waar die student werksaam is plaasvind. Die ander twee praktiese komponente moet by ander skole as waar die student skoolhou plaasvind.

ANDER INLIGTING

Studies kan in ʼn minimum tydsduur van een jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd is drie jaar.

Om in aanmerking te kom vir toelating tot die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior- en Verdere Onderwys en Opleiding)-kwalifikasie word die volgende benodig:

  • Toepaslike B-graad of ʼn verwante diploma van 360 krediete op NKR-vlak 7
  • Diploma/graad moet voldoende leer in ʼn dissipline (bv. Wiskunde) in toepaslike akademiese velde insluit: 32 krediete op NKR-vlak 7 vir die hoofvak relevant aan die gekose VOO-skoolvak; 32 krediete op NKR-vlak 6 vir die vak wat relevant is aan die Senior Fase.
VakonderwyskombinasieDiploma/graadvakke benodig vir toelating
Aardrykskunde-onderwys (VOO) + Sosiale Wetenskappe-onderwys (SF)
  • Geografie 3
  • Geskiedenis 1
Geskiedenis-onderwys (VOO) + Sosiale Wetenskappe-onderwys (SF)
  • Geskiedenis 3
  • Geografie 1
Afrikaans Huistaal-onderwys (VOO) + Afrikaans Huistaal-onderwys (SF)
  • Afrikaans 3
Engels Huistaal-onderwys (VOO) + Engels Huistaal-onderwys (SF)
  • Engels 3
Engels Eerste Addisionele Taal-onderwys (VOO) + Engels Eerste Addisionele Taal-onderwys (SF)
  • Engels 3
Besigheidstudies-onderwys (VOO) + Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-onderwys (SF)
  • Ondernemingsbestuur 3
  • Rekeningkunde 1
Ekonomie-onderwys (VOO) + Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-onderwys (SF)
  • Ekonomie 3
  • Rekeningkunde 1
Rekeningkunde-onderwys + Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-onderwys (SF)
  • Rekeningkunde 3
  • Ekonomie 1 OF Ondernemingsbestuur 1
Fisiese Wetenskappe-onderwys (VOO) + Natuurwetenskappe-onderwys (SF)
  • Wiskunde 1 PLUS (Fisika 3 en Chemie 2) OF (Chemie 3 en Fisika 2)
  • Biologie (Plantkunde 1 OF Dierkunde 1)
Lewenswetenskappe-onderwys (VOO) + Natuurwetenskappe-onderwys (SF)
  • Plantkunde 3 EN Dierkunde 1 OF Dierkunde 3 en Plantkunde 1
  • Fisika 1 OF Chemie 1
Wiskunde-onderwys (VOO) + Wiskunde-onderwys (SF)
  • Wiskunde 3
Lewensoriëntering-onderwys (VOO) + Afrikaans-onderwys (SF) of Engels-onderwys (SF) of Wiskunde-onderwys (SF)
  • Sielkunde 3 + (Menslike Bewegingskunde 1 OF Sosiologie 1 OF Filosofie 1 OF Politieke Wetenskap 1) + (Afrikaans 1 OF Engels 1 OF Wiskunde 1)

OF

  • Menslike Bewegingskunde 3 + Sielkunde 1 + (Afrikaans 1 OF Engels 1 OF Wiskunde 1)

.

*In uitsonderlike gevalle kan ʼn ander Senior Fase-module geneem word met goedkeuring van die programkoördineerder.

Programkoste vir 2024

Jaar een: Vanaf R50 064

Handboeklyste word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.

DOEN NOU AANSOEK OM ‘N NAGRAADSE ONDERWYSSERTIFIKAAT TE STUDEER