Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

BComHons (Ondernemingsbestuur)

Die doel van die kwalifikasie is om studente toe te rus met die nuutste ondernemingsbestuurkennis, -vaardighede en -bevoegdhede om probleme binne ʼn globale besigheidbestuurkonteks te ontleed en op te los. Voorts berei dit studente voor om navorsingsmetodologie en -tegnieke te gebruik om navorsing binne die Ondernemingsbestuurveld te doen, ’n navorsingsverslag te skryf en voor te lê.

Die kwalifikasie stel die student bloot aan kernbestuurstake sowel as ondersteunende bestuursfunksies. Dit sluit beplanning, organisering, leiding, en beheer van strategieë, verandering, geïntegreerde voorsieningskettings en finansies in. Dit voorsien ook in die bedryf se behoefte aan werknemers met navorsingvermoëns, kritiese denke en analitiese en probleemoplossingvaardighede.

WAT KAN EK MET BCOMHONS (ONDERNEMINGSBESTUUR) DOEN?

Die tipiese beroepe wat gevolg kan word, sluit in: algemene bestuurder, besigheidsanalis, besigheidsadviseur, operasionele bestuurder, aankoper, voorsieningskettingbestuurder, spanleier of besigheidskonsultant.

Hierdie kwalifikasie sal ook aan studente toegang kan bied tot verdere nagraadse programme soos ’n meestersgraad.

WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?

NKR-vlak 8

120 krediete

SAKO-nommer: 119980

ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse afstandmodel

KWALIFISEER EK OM BCOMHONS (ONDERNEMINGSBESTUUR) TE STUDEER?

MODULES

Die module stel die student in staat om die vaardighede en vermoëns te ontwikkel om die strategiese leier van ’n onderneming te word, waar die student bevoeg sal wees om die visie en rigting te skep vir die groei en langtermyn- volhoubare sukses van die onderneming. Dit behels die suksesvolle bestuur en leiding van verandering binne die proses van strategieformulering en implementering.

Die module stel die student in staat om verskillende teorieë en modelle van veranderingsbestuur en leierskap te analiseer. Die doel is om werkbare benaderings en tegnieke te verskaf om besigheidsbestuurders te help om hul strategieë, strukture, ingesteldheid, leierskapgedrag en verwagtinge van personeel en bestuurders in alle tipe en grootte ondernemings in ’n dinamiese besigheidsomgewing aan te pas.

Die module fokus op die belangrikheid van integrasie, bestuur en beheer van ondersteunende aktiwiteite binne voorsieningskettingbestuur soos operasionele bestuur en logistieke bestuur om ’n suksesvolle voorsieningketting te bou en in stand te hou.

Die module stel die student in staat om ingeligte en geldige finansiële besluite te neem deur gevorderde finansiële verhoudings, begrotings en vooruitskattings te gebruik. Dit fokus op drie kernaspekte naamlik beplanning, besluitneming en beheer van finansies binne ’n besigheidsbestuurkonteks.

Die eerste deel van die module fokus op navorsingsmetodologie, wat die student toerus met die nodige teoretiese kennis en vaardighede om ’n navorsingstudie binne ’n gekose dissipline uit te voer en ’n navorsingvoorstel te skryf onder die leiding van ’n studieleier. Die tweede deel van die module fokus op die navorsingsprojek waar die student gementor word in die uitvoering van navorsing onder die leiding van ’n studieleier, om sodoende ’n navorsingsverslag in die betrokke vakgebied op honneursvlak te skryf en voor te lê.

ANDER INLIGTING

Minimum tydsduur vir die program is een jaar en die maksimum toelaatbare tyd vir die voltooiing van die program is drie jaar.

  • ’n Toepaslike baccalaureusgraad of toepaslike gevorderde diploma (NKR-vlak 7)
  • Die aansoeker moet ’n minimum van 65% in ’n NKR-vlak 5-, 6- en 7-Ondernemingsbestuur-module behaal het, asook ’n gemiddeld van 60% vir alle derdejaarsmodules.

Let daarop dat daar slegs ʼn beperkte getal studente tot die program toegelaat sal word.

Programkoste vir 2024

Jaar een: Vanaf R49 440

Handboeklyste word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.

Nauurse afstandsmodel: Semester 1 en semester 2

DOEN NOU AANSOEK OM ‘N BCOMHONS (ONDERNEMINGSBESTUUR)-GRAAD TE STUDEER