NGOS-inligtingsessie | 5 Oktober

BCom (Ondernemingsbestuur)

’n Toepaslike graadkwalifikasie as wegspringplek vir ʼn suksesvolle loopbaan word al belangriker in die moderne kennisekonomie. Nie net dui navorsingsresultate daarop dat gegradueerdes wat werkloos is slegs ’n baie klein deel van die werkloosheidspoel in enige land uitmaak nie, maar dat gegradueerdes in die werksplek gemiddeld groter inkomste verdien as werknemers daarsonder.

Graadstudies is daarop gemik om vir studente ’n stewige teoretiese onderbou van die studieveld te gee. By Akademia poog ons om ons studente ook in hul menswees te ontwikkel sodat suksesvolle student die arbeidsmark met selfvertroue en volwassenheid kan betree.

WAT KAN EK MET BCOM (ONDERNEMINGSBESTUUR) DOEN?

Die BCom (Ondernemingsbestuur)-graadkwalifikasie is deur akademici en sakeleiers saamgestel om vir jou ’n stewige fondasie in bestuur en sakebedrywighede te bied. Die uniekheid van die program lê in die feit dat dit vir jou deure in elke afdeling van ’n onderneming kan oopmaak weens die aard van die modules waaruit die program saamgestel is.

Die program bestaan uit 20 jaarmodules wat oor ’n tydperk van drie tot sewe jaar geneem kan word. As jy die BCom (Ondernemingsbestuur)-graad suksesvol voltooi, beskik jy oor ’n NKR-vlak 7-kwalifikasie, asook ’n breër insig oor elke aspek van ’n sakeonderneming en vaardighede om jou eie sakeonderneming op die been te bring.

WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?

NKR-vlak 7

380 krediete

SAKO-nommer: 93833

ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse afstandsmodel en voltydse kampusmodel

KWALIFISEER EK OM BCOM (ONDERNEMINGSBESTUUR) TE STUDEER?

MODULES

Hierdie module bied ’n oorsig oor die bestuur van sakeondernemings in die Suid-Afrikaanse sakeomgewing. Dit voorsien beginsels vir die bestuur van hulpbronne en aktiwiteite vir optimale winsgewendheid. Die module bied ook ’n inleiding tot die verskeie gespesialiseerde bestuursareas, naamlik menslikehulpbronne, bemarking, openbare betrekkinge, finansies, prosesse, aankope en voorsieningskettingbestuur.

Hierdie module bied kennis oor die funksionering van die ekonomie as ’n geheel, asook insig oor hoe om basiese ekonomiese probleme in verskillende ekonomiese stelsels op te los, hoe gesinne en ondernemings besluite neem en hoe pryse onder goeie of ongewensde mededingende omstandighede vasgestel word.

Handelsreg is ʼn belangrike komponent van enige onderneming. Hierdie module dek verskeie aspekte van die reg, onder andere basiese beginsels, bronne van die Suid-Afrikaanse reg, arbeidsreg, kontraktereg en ondernemingsvorme.

Die module Bedryfskommunikasie bied grondbeginsels van bedryfskommunikasie binne die Suid-Afrikaanse sakeomgewing.

Hierdie module bied ’n oorsig van basiese bestuurswetenskaplike tegnieke wat in die praktyk toegepas kan word.

Bedryfsetiek stel die student aan die belangrike morele kwessies bloot wat in verskeie sakekontekste na vore tree. Dit bied ’n begrip vir die morele, maatskaplike en ekonomiese omgewings waarbinne daardie probleme plaasvind en stel etiese konsepte relevant tot probleemoplossing bekend. Dit bevorder ook die ontwikkeling van die nodige redeneringsvermoë en analitiese vaardighede om sodanige probleme op te los.

Hierdie module bied ’n begrip vir hedendaagse inligtingstelsels.

Akademia strewe daarna om nie net die studente vir die arbeidsmark by wyse van die beste denkbare opleiding voor te berei nie, maar ook om die studente in denke en hart met die oog op ʼn volwasse, vrye en gelukkige lewe te vorm. In die module  Kuns van Studentwees word aandag aan die vorming van studente gegee. In die besonder word studente nie net ingelei in ʼn veelheid van onontbeerlike praktiese vaardighede vir die ‘wêreld daarbuite’ nie. Studente se vermoë om op ʼn wye en onbevange manier oor die groot wêreldbeskoulike vrae van ons tyd te dink, gesprek daaroor te voer en verantwoordelike opvattinge daaroor te ontwikkel, word ook tot op die hoogste universitêre vlak ontwikkel. Die module is verpligtend vir eerste- tot finalejaarstudente wat op die voltydse kampusmodel studeer.

Die module bied aan studente kennis van algemene bestuursbeginsels, asook vaardigheid om die kennis prakties toe te pas. Daar word in besonder klem gelê op die bestuursfunksies van beplanning, organisering, leiding en beheer sodat studente goed voorbereid is om as bestuurders, werkers of entrepreneurs ’n bydrae tot die gemeenskap en sakegemeenskap te lewer. Die module bied ook kennis van en vaardigheid in hedendaagse bestuurskwessies.

Entrepreneurskap vorm die hart van enige ekonomie, terwyl kleinsakeondernemings ʼn bydrae tot werkskepping lewer. Elkeen het egter unieke behoeftes en uitdagings. Hierdie module bied ʼn oorsig oor entrepreneurskap en kleinsakebestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Hierdie module bied ’n praktiese toepassing van die teoretiese beginsels van die operasionele funksie en die bestuur daarvan in verskeie tipes sakeondernemings.

Die module bied ʼn oorsig oor die basiese beginsels en sfere van rekeningkunde en finansiële rekeningkunde, asook die ontleding en vertolking van finansiële state.

Die module bied ‘n diepliggende kennis van finansiële teorie en praktyk in die Suid-Afrikaanse konteks, asook ‘n omvattende oorsig oor persoonlike finansies.

Die module bied ‘n oorsig oor die belangrikste aspekte rakend die bestuur van menslikehulpbronne en arbeidsbetrekkinge in ’n organisasie.

Die module bied diepliggende teoretiese en praktiese kennis van bemarkingsbestuur in hedendaagse organisasies.

Akademia strewe daarna om nie net die studente vir die arbeidsmark by wyse van die beste denkbare opleiding voor te berei nie, maar ook om die studente in denke en hart met die oog op ʼn volwasse, vrye en gelukkige lewe te vorm. In die module  Kuns van Studentwees word aandag aan die vorming van studente gegee. In die besonder word studente nie net ingelei in ʼn veelheid van onontbeerlike praktiese vaardighede vir die ‘wêreld daarbuite’ nie. Studente se vermoë om op ʼn wye en onbevange manier oor die groot wêreldbeskoulike vrae van ons tyd te dink, gesprek daaroor te voer en verantwoordelike opvattinge daaroor te ontwikkel, word ook tot op die hoogste universitêre vlak ontwikkel. Die module is verpligtend vir eerste- tot finalejaarstudente wat op die voltydse kampusmodel studeer.

Die hedendaagse sakeomgewing is onvoorspelbaar en bring verskeie veranderinge mee wat strategies bestuur moet word. Strategiese bestuur is ’n noodsaaklike, deurlopende proses om strategieë te formuleer en te implementeer wat ’n onderneming in staat stel om ’n optimale posisie in die mark te beklee en mededingende voordeel te behou ten einde winsgewendheid te verseker. Hierdie module bied ’n oorsig van die strategiese beplannings- en implementeringsprosesse wat deur hedendaagse organisasies uitgevoer word.

Die module bied ’n oorsig oor korporatiewe burgerskap en korporatiewe innovasie en entrepreneurskap.

Die module bied aan studente ’n gestruktureerde benadering om projekte te bestuur. Soos projekte se omvang en kompleksiteit toegeneem het, het die vermoë om projekte te beplan en te beheer ’n kern projekbestuurfunksie geword. Die module bied aan studente ’n begrip vir projekbestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks, asook die onderliggende filosofie, konsepte en stelselbenadering tot projekbestuur.

Hierdie module fokus op belangrike aspekte wat deel vorm van voorsieningskettingbestuur, insluitende aankope, integrasie, strategiese verkryging, verskafferevaluering en -seleksie, prestasiemeting, kostebestuur, onderhandelinge, lenige produksie, logistiek ensovoorts.  Hierdie aspekte word ook gebruik om aan te dui hoe ʼn onderneming mededingende posisie kan verbeter

Die module bied ’n oorsig oor die bestuur van innovasie en tegnologie.

Die module bied insig in die metodologie van wêreldwye sakebestuur en strategieë, in die konteks van die wêreldwye sakeomgewing. Die hoofdoel is om bestuurders en ander beamptes wat by wêreldwye sakebestuurpraktyk betrokke is, met die nodige insig en toepassings toe te rus. Hulle verteenwoordig die mense wat direk deur die voortdurende proses van globalisering geraak word.

Akademia strewe daarna om nie net die studente vir die arbeidsmark by wyse van die beste denkbare opleiding voor te berei nie, maar ook om die studente in denke en hart met die oog op ʼn volwasse, vrye en gelukkige lewe te vorm. In die module  Kuns van Studentwees word aandag aan die vorming van studente gegee. In die besonder word studente nie net ingelei in ʼn veelheid van onontbeerlike praktiese vaardighede vir die ‘wêreld daarbuite’ nie. Studente se vermoë om op ʼn wye en onbevange manier oor die groot wêreldbeskoulike vrae van ons tyd te dink, gesprek daaroor te voer en verantwoordelike opvattinge daaroor te ontwikkel, word ook tot op die hoogste universitêre vlak ontwikkel. Die module is verpligtend vir eerste- tot finalejaarstudente wat op die voltydse kampusmodel studeer.

ANDER INLIGTING

Die program kan in ’n minimum tydsduur van drie jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is sewe jaar.

Toelatingsvereistes

  • Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) wat graadstudies spesifiseer, asook:
    • Afrikaans 50%
    • 50% in ten minste een van die volgende: Wiskunde, Rekeningkunde of Besigheidsvakke
  • Sertifikaat van vrystelling uitgereik deur USAf indien ʼn ander skoolverlater kwalifikasie as NSS behaal is.
  • ʼn Hoër Sertifikaat in ʼn ooreenstemmende studieveld.

Programkoste vir 2024

Nauurs

Jaar een: Vanaf R51 360 | Jaar twee: Vanaf R54 000 | Jaar drie: Vanaf R50 000

Voltyds

Jaar een: Vanaf R59 280 | Jaar twee: Vanaf R66 690 | Jaar drie: Vanaf R61 750

Handboeklyste vir 2023 word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.

Nauurse afstandsmodel: Semester 1

Nauurse afstandsmodel: Semester 2

DOEN NOU AANSOEK OM ‘N BCOM (ONDERNEMINGSBESTUUR)-GRAAD TE STUDEER