Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde
Die doel van die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde is om studente voor te berei as bestuursrekenmeesters in die werkplek. Die kwalifikasie sal studente toerus met insig in die wêreld van finansiële bestuur vanuit ʼn korporatiewe en individuele perspektief, met die klem op die verbetering van besluitneming in ʼn mededingende omgewing.
Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde
Die doel van die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde is om studente voor te berei as bestuursrekenmeesters in die werkplek. Die kwalifikasie sal studente toerus met insig in die wêreld van finansiële bestuur vanuit ʼn korporatiewe en individuele perspektief, met die klem op die verbetering van besluitneming in ʼn mededingende omgewing.
WAT KAN EK MET DIE NAGRAADSE DIPLOMA IN BESTUURSREKENINGKUNDE DOEN?
WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?
NKR-vlak 8
140 krediete
SAKO-nommer: 111260
ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse onderrigmodel
MODULES
Strategiese Bestuur het ten doel om die vaardighede en vermoëns van die strategiese leiers van die organisasie te ontwikkel, sodat hulle die visie en rigting kan skep vir die groei en volhoubare sukses van die organisasie.
Die module het ten doel om analisering, evaluering en toepassing deur middel van tegnieke, prosesse en interne beheerstelsels te bemeester wat bydra tot die bestuur van risiko’s. Hierdie insig word dan gebruik om die risiko’s wat verband hou met kontantvloei en kapitaalbeleggingsbesluite te bestuur – twee belangrike aspekte van die organisatoriese lewe waarvoor die finansieringsfunksie verantwoordelik is.
Finansiële strategie fokus op die formulering en implementering van finansiële strategieë ter ondersteuning van die algemene strategie van die organisasie. Dit bied die bevoegdheid om die finansieringsvereistes van organisasies te evalueer, sowel as die relatiewe meriete van alternatiewe finansieringsbronne, om aan hierdie vereistes te voldoen. Laastens ontwikkel dit die vaardighede wat nodig is om beleggingsgeleenthede te waardeer, insluitend die waardasie van korporatiewe entiteite vir samesmeltings, verkrygings en desinvesterings.
Om studente ʼn diepgaande begrip en praktiese toepassing van die Suid-Afrikaanse belastingstelsel te gee.
ANDER INLIGTING
Die program kan in ’n minimum tydsduur van een jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is drie jaar.
Om in aanmerking te kom vir toelating tot die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde, word die volgende benodig:
- BCom (Rekeningkunde) / BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad of ooreenstemmende kwalifikasie op NKR-vlak 7met Rekeningkunde, Finansiële Bestuur of Bestuursrekeningkunde.
Programkoste vir 2023
Jaar een: R46 200
Handboeklyste vir 2023 word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.