BA (Taalstudies)
Die BA (Taalstudies)-graad is ’n unieke kwalifikasie wat studente toerus met teoretiese en praktiese kennis om suksesvolle loopbane in die openbare en privaat sektore en ook in die akademie te volg. Hoewel studente in hierdie kwalifikasie in taalstudies spesialiseer, word hulle blootgestel aan ’n breë spektrum verwante dissiplines. Die kwalifikasie plaas klem op navorsingsvaardighede, kritiese denkvaardighede en analitiese en probleemoplossingsvaardighede in die konteks van taalstudies.
WAT KAN EK MET DIE BA (TAALSTUDIES) DOEN?
Studente wat die BA (Taalstudies)-kwalifikasie suksesvol voltooi, sal loopbane kan volg in onder meer enige van die volgende sektore: taalopleiding, vertaling en tolking, teksredigering, taalbeplanning en -ontwikkeling, kreatiewe skryfkuns, toerisme en diplomasie, die advertensiewese of openbare skakeling, joernalistiek, asook digitale media en inhoudskepping vir verskeie platforms.
WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?
NKR-vlak 7
360 krediete
SAKO-nommer: UITSTAANDE
ONDERRIGLEERMODEL: Voltydse kampusmodel
KWALIFISEER EK OM BA (TAALSTUDIES) TE STUDEER?
MODULES
Groep A (verplig)
Groep B (kies 1)
Groep C (kies 1)
Groep A (verplig)
Groep B (kies 1)
Groep C (kies 1)
Groep A (verplig)
Groep B (kies 1)
Groep C (kies 1)
ANDER INLIGTING
Minimum tydsduur vir die program is drie jaar en die maksimum toelaatbare tyd vir die voltooiing van die program is ses jaar.
Toelatingsvereistes
- ʼn Nasionale Senior Sertifikaat wat graadstudies spesifiseer met 50% vir Afrikaans.
- ʼn Sertifikaat van vrystelling uitgereik deur USAf indien die aansoeker ʼn ander skoolverlaterkwalifikasie as ʼn NSS behaal het.
- ʼn Hoër sertifikaat of diploma in ʼn ooreenstemmende studieveld.
Programkoste vir 2024
Jaar een: Vanaf R59 280 | Jaar twee: Vanaf R59 280 | Jaar drie: Vanaf R59 280
Handboeklyste vir 2023 word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.
DOEN NOU AANSOEK OM BA (TAALSTUDIES) TE STUDEER