Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie

Die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie bemagtig die student om kantooradministrasiepraktyk te verstaan en om basiese administratiewe funksies suksesvol uit te voer. Kennis van administratiewe praktyk stel studente in staat om ’n teoretiese én praktiese begrip te ontwikkel van strategieë wat relevant is vir skedulering en koördinering, kantoorstelsels, verslaghouding, organisasie en dataversekering in die toepaslike omgewing.

’n Administratiewe beampte moet ’n verskeidenheid van dienste – wat strek van organisering, rekordhouding, en administratiewe beheer tot kliëntediens – aan ’n maatskappy kan lewer. So ’n persoon is dikwels verantwoordelik vir die daaglikse hantering van skedules, liassering, koördinering en die omsigte hantering van kliënte. Die Hoër Sertifikaat berei die student voor om hierdie toepaslike administratiewe aktiwiteite te kan uitvoer.

WAT KAN EK MET MY HOËR SERTIFIKAAT IN KANTOORADMINISTRASIE DOEN

Die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie is die ideale program vir studente met ’n belangstelling in moderne kantooradministrasie en -bestuur. Studente word deur hierdie program bemagtig om kantooradministrasiepraktyk te verstaan en om basiese administratiewe funksies suksesvol uit te voer.

Kennis van administratiewe praktyk stel studente in staat om ’n teoretiese en praktiese begrip te ontwikkel van die konteks en gepaardgaande strategieë wat relevant is vir skedulering en koördinering, eenvoudige kantoorstelsels, verslaghouding, organisasie en dataversekering in die toepaslike omgewing.

’n Geïntegreerde projekadministrasie module versterk die program om die student ook begrip en vaardighede ten opsigte van projekbestuurondersteuning te gee. Terwyl die Inleiding tot die Reg-module studente onderrig om regsterme te verstaan en binne die regspraktyk as akte-tikster of regsadministrateur toe te pas.

WAT BEHELS DIE PROGRAM?

NKR-vlak 5

120 krediete

SAKO-nommer: 86526

ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse afstandsmodel

KWALIFISEER EK OM ‘N HOËR SERTIFIKAAT IN KANTOORADMINISTRASIE TE STUDEER?

MODULES

Die module bied ’n begrip vir die rol, taak en verantwoordelikhede van die administratiewe funksie in sakeondernemings.

Die module behandel effektiewe kliëntediens en etiek binne ’n organisasie en die belangrikheid daarvan.

Die module bied ’n begrip vir bedryfskommunikasie en die gebruik daarvan binne ’n onderneming.

Die module bied ’n begrip vir kantoortegnologie en dataverwerking binne ’n onderneming.

Die module bied die kennis en vaardigheid om algemene berekeninge wat in sakeondernemings gedoen moet word toe te pas.

BYKOMENDE MODULES

Die module bied aan studente ’n gestruktureerde benadering om projekte te bestuur. Soos projekte se omvang en kompleksiteit toegeneem het, het die vermoë om projekte te beplan en te beheer ’n kern projekbestuurfunksie geword. Die module bied aan studente ’n begrip vir projekbestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks, asook die onderliggende filosofie, konsepte en stelselbenadering tot projekbestuur.

Hierdie module rus studente toe met kommunikasievaardighede, brei hulle woordeskat in die regskonteks uit en is daarop gemik om dialoog en interaksie aan te moedig.

ANDER INLIGTING

Die program kan in ’n minimum tydsduur van een jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is drie jaar.

Toelatingsvereistes

  • Nasionale Senior (NSS) wat diploma- of hoër sertifikaat-studies spesifiseer met minstens 50% in die onderrigtaal van Akademia.
  • OF vlak-4 beroepsgerigte Nasionale Sertifikaat met minstens 50% in die onderrigtaal van Akademia.

Programkoste vir 2024

Jaar een: Vanaf R30 240

Handboeklyste word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.

Nauurse afstandsmodel: Semester 1

Nauurse afstandsmodel: Semester 2

DOEN NOU AANSOEK OM ‘N HOËR SERTIFIKAAT IN KANTOORADMINISTRASIE TE STUDEER