Gevorderde Diploma in Projekbestuur
Die Gevorderde Diploma in Projekbestuur bemagtig die student om die beginsels van projekbestuur te verstaan en om dié beginsels in die praktyk toe te pas, sodat projekte suksesvol ontwikkel en bestuur kan word. Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in projekbestuur, projekuitvoering en beheer, tydsbeplanning, kostebestuur, en projekkwaliteit en -risikobestuur.
WAT KAN EK MET ‘N GEVORDERDE DIPLOMA IN PROJEKBESTUUR DOEN?
WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?
NKR-vlak 7
130 krediete
SAKO-nommer: 99024
Nauurse onderrigmodel: Slegs e-leer
MODULES
Die module bied aan studente ’n begrip vir projekbestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks, asook die onderliggende filosofie, konsepte en stelselbenadering tot projekbestuur.
Die module bied aan studente ’n teoretiese grondslag vir projekskedulering en ’n redelike kennis van skeduleringsagteware.
Die module bied aan studente ’n begrip vir kosteberaming en kostebestuur binne die konteks van ’n projek, spesifiek om te voorkom dat begrotings as gevolg van swak projekdefinisie en swak projekbeheermaatreëls oorskry word.
Die module bied aan studente ’n begrip vir die konsep van kwaliteit en die prosesse en tegnieke van kwaliteitsbestuur, asook risikobepaling en risikobestuur binne die konteks van ’n projek.