Wat kan ek studeer?

Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou
loopbaan te verseker.

Nauurse afstandsmodel

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

 

Die Nagraadse Diploma in Belasting is bedoel vir studente wat ʼn loopbaan in belasting beoog. Die student kry die kennis en vaardighede wat benodig word om ʼn belastingkenner te word wat in staat is om organisatoriese en individuele nakoming van die vereistes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Tesourie te verseker. Die suksesvolle student is in staat om ontwikkelings in die verskillende velde van belasting te ontleed.

Hierdie kwalifikasie bied studente gevorderde kennis en analitiese vaardighede op die gebied van belasting.

LEES MEER

 

Die doel van die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde is om studente voor te berei vir hul rol as bestuursrekenmeesters. Die kwalifikasie sal studente toerus met insig in die wêreld van finansiële bestuur vanuit ʼn korporatiewe en individuele perspektief, met die klem op die verbetering van besluitneming in ʼn mededingende omgewing.

LEES MEER

 

Die BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad stel die student in staat om die beginsels van bestuursrekeningkunde te verstaan en om die beginsels in die praktyk toe te pas. Hierdie kwalifikasie rus studente toe met kennis en vaardighede in die beginsels en praktyk van bestuursrekeningkunde, finansiële bestuur, finansiële rekeningkunde, bedryfsetiek en ondernemingsbestuur, wat geleenthede bied vir persoonlike intellektuele groei, verbrede indiensnemingsprofiel en ʼn goeie grondslag vir entrepreneurs.

LEES MEER

 

Die BCom (Ekonomie en Regte)-graad stel die student in staat om die beginsels van ekonomie en regte te verstaan en hierdie beginsels in die praktyk toe te pas. Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in beginsels en praktyk van ekonomie, finansiële bestuur, finansiële rekeningkunde, verskillende aspekte van die regswetenskap, die Suid-Afrikaanse regstelsel en toepassing in die praktyk.

 

Die BCom (Finansiële Beplanning)-graad stel die student in staat om die beginsels van ekonomie, beleggingsbestuur en finansiële beplanning te verstaan en om die beginsels in die praktyk toe te pas. Dit rus die student toe met kennis en vaardighede in beginsels en praktyk van ekonomie, finansiële bestuur, finansiële rekeningkunde en verskillende aspekte van sake- en beleggingsbestuur en verwante dissiplines.

 

Die BCom (Ondernemingsbestuur)-graad stel die student in staat om die beginsels van bestuur in alle afdelings van ʼn onderneming te verstaan en in die praktyk toe te pas. Dit is dus ʼn omvattende program wat vir die student ʼn breër insig sal gee in elke aspek van ʼn sakeonderneming en die vaardighede om ʼn sakeonderneming op te rig en suksesvol te bestuur.

 Die uniekheid van die program lê in die feit dat dit vir die student deure in elke afdeling van ʼn onderneming kan oopmaak weens die aard van die modules waaruit dit saamgestel is.

LEES MEER

 

Die doel van die kwalifikasie is om studente toe te rus met die nuutste ondernemingsbestuurskennis,  -vaardighede en -bevoegdhede om probleme binne ʼn globale besigheidbestuurskonteks te ontleed en op te los, asook om studente voor te berei om navorsingsmetodologie en -tegnieke te gebruik om navorsing binne die Ondernemingsbestuursveld te doen en ʼn navorsingsverslag te skryf en voor te lê.

Die kwalifikasie stel die student bloot aan kernbestuurstake sowel as ondersteunende bestuursfunksies. Dit sluit beplanning, organisering, leiding, en beheer van strategieë, verandering, geïntegreerde voorsieningskettings en finansies in. Dit voorsien ook in die bedryf se behoefte aan werknemers met navorsingsvermoëns, kritiese denke en analitiese en probleemoplossingsvaardighede. 

LEES MEER

 

Die BCom (Rekeningkunde) is ʼn program wat spesifiek bedoel is vir diegene wat ʼn betekenisvolle bydrae tot die moderne besigheidswêreld wil maak deur middel van spesialiskennis is die veld van rekeningkunde, bestuursrekeningkunde, finansiële bestuur, belasting, en ouditkunde. Die program poog om studente toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om ʼn suksesvolle loopbaan aan te pak in besigheid en praktyk, terwyl graduandi die geleentheid kry om die gesogte titel as geoktrooieerde rekenmeester te behaal. Akademia se BCom (Rekeningkunde) is belyn met en geakkrediteer by die internasionale beheerliggaam vir geoktrooieerde rekenmeesters, die ACCA (Association for Chartered Certified Accountants).

Hierdie liggaam is in 2023 deur IRBA (The Independent Regulator Board for Auditors) geakkrediteer volgens die Ouditberoepwet 26 van 2005 as ʼn professionele rekeningkundige liggaam wat ʼn roete bied na die oudit-spesialisasieprogram vir voornemende geregistreerde ouditeure.

 

Die Gevorderde Diploma in Projekbestuur dien as ʼn basis vir verdere studies met die oog op die bestuur en lei van projekte binne die werkplek. Hierdie omvattende kwalifikasie is van toepassing op beide internasionale en nasionale kontekste. Dit is ideale onderrig vir programbestuurders, projekbestuurders of enigeen wat alledaagse take bestuur en vul voltooide studies met insiggewende, praktiese vaardighede aan.

 

Die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie stel die student in staat om kantooradministrasiepraktyk te verstaan en om administratiewe funksies suksesvol te kan uitvoer. Hierdie kwalifikasie bied ook kandidate wat nie aan die vereistes vir graadstudies voldoen nie ʼn toegangsroete tot verdere studies. Ná voltooiing van hierdie hoër sertifikaat kan afgestudeerdes aansoek doen om verdere graadstudie.

 

Die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde stel die student in staat om rekeningkundige praktyk te verstaan en om rekeningkundige funksies suksesvol te kan uitvoer. Hierdie kwalifikasie bied ook kandidate wat nie aan die vereistes vir graadstudies voldoen nie ʼn toegangsroete tot verdere studies. Ná voltooiing van hierdie hoër sertifikaat kan afgestudeerdes aansoek doen om verdere graadstudie.

Fakulteit Geesteswetenskappe

 

Die BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)-graad stel die student in staat om eietydse kwessies met ʼn interdissiplinêre benadering te beskou. Die politieke fokus in hierdie graad hanteer beide plaaslike en internasionale aspekte, wat verseker dat die student ʼn breë begrip van die onderwerp het; die filosofiekomponent bevorder kennis en insig sedert die klassieke Griekse filosofie tot vandag se beoefening van hierdie dissipline, terwyl die ekonomiese fokus verseker dat studente verstaan hoe die ekonomie in die breë werk en dit binne ʼn spesifieke filosofiese konteks van toepassing kan maak.

Fakulteit Opvoedkunde

 

Die doel van die Nagraadse Onderwyssertifikaat vir die Senior Fase (SF) en Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) is om studente aanvanklike professionele opleiding te gee, met die fokus op die ontwikkeling van die nodige pedagogiese inhoudskennis, vaardighede en werkservaring. Hierdie vaardighede sal studente in staat stel om hul leer toe te pas as ʼn beginneronderwyser in skole waar verskillende kontekste bestaan.

 

Die oorkoepelende doel van die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur is om werkende professionele opvoeders in staat te stel om betrokke te wees by gevorderde refleksie en ontwikkeling deur middel van ʼn sistematiese opname van huidige denke en praktyk in die veld van opvoedkundige leierskap en bestuur. Hierdie program sal die student se kennis op die gebied van opvoedkundige leierskap en bestuur versterk en verdiep wat hulle in staat sal stel om leiers sowel as middelvlak- of senior bestuurders in hierdie professionele veld te word.

Fakulteit Regsgeleerdheid

 

Die LLB-graad is daarop gerig om bekwame, vaardige en dinamiese regsgraduandi te lewer wat toegerus is met ʼn diepgaande kennis en begrip van toepaslike regsbeginsels. Graduandi van hierdie program sal toegerus wees vir die regspraktyk, waar ʼn LLB-graad in Suid-Afrika ʼn voorvereiste is om as prokureur of advokaat te praktiseer, hetsy in die openbare of private sektor.

Voltydse kampusmodel

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

 

Die BCom (Ekonomie en Regte)-graad stel die student in staat om die beginsels van ekonomie en regte te verstaan en hierdie beginsels in die praktyk toe te pas. Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in beginsels en praktyk van ekonomie, finansiële bestuur, finansiële rekeningkunde, verskillende aspekte van die regswetenskap, die Suid-Afrikaanse regstelsel en toepassing in die praktyk.

 

Die BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)-graad dek die teorie en toepassing van rekeningkundige beginsels en bestuur om te verseker dat studente die vermoë het om intellektueel te ontwikkel en te groei. Die hoofdoel van die kwalifikasie is om aan studente spesifieke, toegepaste vaardighede in finansiële en bestuursrekeningkunde en verwante dissiplines te bied, wat geleenthede bied vir winsgewende indiensnemingsaktiwiteit en lonende bydraes tot die samelewing. Die program stel studente dus in staat om ʼn waardevolle bydrae te lewer tot die wêreld van finansiële en bestuursrekeningkundige praktyke en stel hulle in die proses in staat om dissiplinegebaseerde studies voort te sit.

Die doel van die BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)-graad is om studente toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om ʼn suksesvolle loopbaan in ʼn verskeidenheid beroepe te volg, insluitend rekenmeester, ouditeur, koste-analis, belastingpraktisyn of leerlingbestuurder.

LEES MEER

 

Die BCom (Ondernemingsbestuur)-graad stel die student in staat om die beginsels van bestuur in alle afdelings van ʼn onderneming te verstaan en in die praktyk toe te pas. Dit is dus ʼn omvattende program wat vir die student ʼn breër insig sal gee in elke aspek van ʼn sakeonderneming en die vaardighede om ʼn sakeonderneming op te rig en suksesvol te bestuur.

Die uniekheid van die program lê in die feit dat dit vir die student deure in elke afdeling van ʼn onderneming kan oopmaak weens die aard van die modules waaruit dit saamgestel is.

LEES MEER

Fakulteit Geesteswetenskappe

 

Die program rus studente toe met diepgaande teoretiese kennis en gevorderde praktiese en kritiese vaardighede om as volronde, vaardige en aanpasbare media- en kommunikasiepraktisyns ʼn kritiese rol te vervul in veranderende en uitdagende globale, politieke, tegnologiese en sosiale kontekste. 

Die BAHons in Media en Kommunikasie gee aan studente die geleentheid om te spesialiseer in Strategiese Kommunikasiebestuur óf Joernalistiek. In albei strome word die dinamiese verhouding tussen teorie en praktyk deurgaans beklemtoon, sodat afgestudeerde studente nie bloot vaardig is nie, maar ook krities kan besin oor die media- en kommunikasiebedryf om sinvolle en positiewe bydraes te maak.

 Benewens die klem op teoretiese kennis en praktiese en bedryfsgerigte vaardighede, fokus die program ook op die ontwikkeling van vaardighede wat media- en kommunikasiepraktisyns nodig het om in die 21ste eeu in die werkplek te funksioneer, soos digitale en datageletterdheid, die vermoë om doeltreffend te kommunikeer, saam te werk oor dissiplines heen, kritiese en sosio-emosionele vaardighede, asook die vermoë om komplekse inligting te verwerk en ʼn hoë kognitiewe werkslading te bestuur.

 

Die BA (Kommunikasie en Joernalistiek)-graad is ʼn gespesialiseerde kwalifikasie wat ontwikkel is om studente te toe te rus met die teoretiese en praktiese kennis om ʼn suksesvolle loopbaan in die media- en kommunikasiebedryf te volg. Studente word blootgestel aan ʼn wye verskeidenheid modules wat met mekaar verband hou, en elkeen bied die student diepgaande kennis en vaardighede om in die praktyk te presteer.

Die BA (Kommunikasie en Joernalistiek)-graad stel studente bloot aan drie dissiplines, naamlik kommunikasiebestuur, joernalistiek en korporatiewe media.

 

Die BA (Taalstudies)-graad is ʼn unieke kwalifikasie wat studente toerus met teoretiese en praktiese kennis om suksesvolle loopbane in die openbare en privaat sektore en ook in die akademie te volg. Hoewel studente in hierdie kwalifikasie in taalstudies spesialiseer, word hulle blootgestel aan ’n breë spektrum verwante dissiplines. Die kwalifikasie plaas klem op navorsingsvaardighede, kritiese denkvaardighede en analitiese en probleemoplossingsvaardighede in die konteks van taalstudies.

Studente wat die BA (Taalstudies)-kwalifikasie suksesvol voltooi, sal loopbane kan volg in onder meer enige van die volgende sektore: taalopleiding, vertaling en tolking, teksredigering, taalbeplanning en              -ontwikkeling, kreatiewe skryfkuns, toerisme en diplomasie, die advertensiewese of openbare skakeling, joernalistiek, asook digitale media en inhoudskepping vir verskeie platforms. 

LEES MEER

 

Die BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)-graad stel die student in staat om eietydse kwessies met ʼn interdissiplinêre benadering te beskou. Die politieke fokus in hierdie graad hanteer beide plaaslike en internasionale aspekte, wat verseker dat die student ʼn breë begrip van die onderwerp het; die filosofiekomponent bevorder kennis en insig sedert die klassieke Griekse filosofie tot vandag se beoefening van hierdie dissipline, terwyl die ekonomiese fokus verseker dat studente verstaan hoe die ekonomie in die breë werk en dit binne ʼn spesifieke filosofiese konteks van toepassing kan maak.

LEES MEER

Fakulteit Opvoedkunde

 

Die BEd (Grondslagfase-onderwys)-program sal die voornemende onderwysstudente met onderwyskennis toerus sodat hulle as professionele en gekwalifiseerde grondslagfase-onderwysers hulle plekke in die skool kan vol staan. Hierdie program sal al elf beginneronderwyser-bevoegdhede ontwikkel wat die geïntegreerde, pedagogiese en kurrikulumkennis van al vier grondslagfasevakke insluit. Beginneronderwysers sal in enige graad R-3-klaskamer ʼn leeromgewing daar kan stel waarin leerders self, maar ook saam met ander effektief kan leer en dit wat hulle geleer het in verband met hul bestaan, binne en buite skoolverband, kan bring.

 

Die BEd (Intermediêre Fase-onderwys)-program sal die voornemende onderwysstudent met onderwyskennis toerus wat hom/haar van byvoorbeeld ʼn ekonoom of ʼn ingenieur sal onderskei. Die onderwyskennis sal ʼn student toerus om ʼn leeromgewing daar te stel wat leerders in staat sal stel om self, maar ook saam met ander, effektief te leer en ook om dit wat hulle geleer het in verband te bring met hulle bestaan, binne en buite skoolverband.

Fakulteit Natuurwetenskappe

 

Die doel van die BSc (Rekenaarwetenskappe)-program is om studente in staat te stel om as kreatiewe, kritiese graduandi in die Rekenaarwetenskappe te gradueer. Die kwalifikasie is van so ʼn aard dat gegradueerdes nasionaal kompeterend en internasionaal relevant sal wees. Die kurrikulum sluit modules vanuit die Wiskundige Wetenskappe, Datawetenskappe en Sagteware-ontwikkeling in. Studente word sodoende toegerus om interdissiplinêr ʼn bydrae te lewer. Tans is daar ʼn groot aanvraag na rekenaarwetenskaplikes. Rekenaarwetenskaplikes word meestal ontwikkelaars binne verskeie ekonomiese sektore. Take waarmee ontwikkelaars hulself bemoei, sluit die verwerking en analise van data, ontwerp van stelsels vir verskillende toepassings, die implementering van die wiskundige en teoretiese onderbou van grafika, kunsmatige-intelligensieontwerpe en ʼn bydrae binne die opvoedkunde.

 Studente het ʼn keuse om in twee fokusareas te spesialiseer, naamlik datawetenskappe en sagtewareontwikkeling. Vir beide datawetenskappe en sagteware-ontwikkeling is daar ʼn beduidende aantal onderwerpe wat op albei strome van toepassing is soos projekbestuur, databasisse, bedryfstelsels en netwerke. Sagteware-ontwikkeling fokus primêr op die aktiwiteite wat aan die ontwikkeling en integrering van stelselkomponente verbonde is soos kode, databasisse, ensovoorts. Datawetenskappe volg ook ʼn sagteware-ontwikkelingsbenadering, maar is baie meer gefokus op die ontwikkeling van algoritmes vir die ontleding van data, en die besluitneming wat daarop gebaseer is. By datawetenskappe is daar ook ʼn groter fokus op wiskunde en statistiek vir die ontwikkeling van komplekse algoritmes.

 

Die doel van die BSc (Wiskundige Wetenskappe)-graad is om studente toe te rus met ʼn soliede grondslag in die wiskundige, toegepaste wiskundige en wiskundige statistiek. In die derde studiejaar het die student die keuse om te spesialiseer in twee van die laasgenoemde wetenskappe. Daarbenewens word ook ʼn goeie basis vir die rekenaarwetenskappe in die eerste studiejaar gelê. Studente verwerf die vaardighede om praktiese probleme in wiskundige terme te interpreteer. Die kwalifikasie bied studente ʼn sterk basis om voor te berei vir ʼn loopbaan in onder andere die onderwys, wiskundige wetenskappe, analitiese, sosiale en natuurwetenskappe sowel as in die finansiële bedryf.

Fakulteit Regsgeleerdheid

 

Die LLB-graad is daarop gerig om bekwame, vaardige en dinamiese regsgraduandi te lewer wat toegerus is met ʼn diepgaande kennis en begrip van toepaslike regsbeginsels. Graduandi van hierdie program sal toegerus wees vir die regspraktyk, waar ʼn LLB-graad in Suid-Afrika ʼn voorvereiste is om as prokureur of advokaat te praktiseer, hetsy in die openbare of private sektor.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.