*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

ʼn Liefde vir taal word deur die gemeenskap blootgelê

ʼn Liefde vir taal word deur die gemeenskap blootgelê Gepubliseer op:  21 Februarie 2023 Geskryf deur dr. Annelise de Vries, dosent in Opvoedkunde by Akademia en voorsitter van die Afrikaanse Taalraad Ek is van kindsbeen af blootgestel aan die rykheid wat taal bied. My ma, wat al vir meer as veertig jaar ʼn kleuterskooljuffrou is, […]

Akademia vier die belangrikheid van moedertaalonderrig op Internasionale Moedertaaldag

Akademia vier die belangrikheid van moedertaalonderrig op Internasionale Moedertaaldag Gepubliseer op:  21 Februarie 2023 Akademia vier vanjaar op 21 Februarie Internasionale Moedertaaldag saam met die veelheid van taalgemeenskappe dwarsoor die wêreld. Die instelling vereenselwig homself met die beginsel van moedertaalonderrig. Volgens navorsing deur vooraanstaande navorsers wêreldwyd is moedertaalonderrig noodsaaklik vir goeie onderwys op alle vlakke. […]

Akademia stel ereleerstoel in onderwysleierskap bekend

Akademia stel ereleerstoel in onderwysleierskap bekend Gepubliseer op:  17 Februarie 2023 Die eerste bekleër van Akademia se ereleerstoel in onderwysleierskap is op Donderdag 16 Februarie by ʼn besonderse geleentheid in Centurion bekendgestel. Dr. Pierre Edwards, voormalige skoolhoof van die Afrikaanse Hoër Seunskool, het tydens hierdie funksie sy eerste toespraak gelewer. Die besluit om ereleerstoele by […]

Akademia-toppresteerder klim die leer tot sukses

Akademia-toppresteerder klim die leer tot sukses Gepubliseer op: 15 Februarie 2023 John-Fred de Koker, ʼn 33-jarige rekenmeester van Pretoria, het sy BCom (Bestuursrekeningkunde)-kwalifikasie by Akademia voltooi en is by 2022 se kwalifikasieplegtigheid aangewys as die toppresteerder van sy groep. Hy deel die suksesverhaal van sy studies en sy loopbaan tot dusver. De Koker het ná […]

Akademia-dekaan verkies tot Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum-beoordelingspaneel

Akademia-dekaan verkies tot Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum-beoordelingspaneel Gepubliseer op:  16 Februarie 2023 Die dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, prof. Hannes Rautenbach, is onlangs aangewys as die hoofverteenwoordiger van die Groen Ekonomie-kategoriebeoordeling vir die 2023- Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NSTF)-toekennings. Rautenbach is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) genomineer en sal dan ook […]

Ou Griekse wysgere praat Afrikaans

Ou Griekse wysgere praat Afrikaans Gepubliseer op: 8 Februarie 2023 Plato se dialoogtrilogie uit die laaste dae van Sokrates het onlangs by Akademia Uitgewery verskyn. Dié Afrikaanse vertaling deur die emerituspredikant, dr. Piet Boshoff, bied aan die Afrikaanse leser toegang tot ʼn skatkis van filosofiese kennis. Karien Brits van die Akademia Uitgewery het met Boshoff […]

2023-eerstejaarskamp maak ongelooflike energie los onder studente

2023-eerstejaarskamp maak ongelooflike energie los onder studente Gepubliseer op: 6 Februarie 2023 Akademia se jaarlikse eerstejaarskamp het vanjaar op 31 Januarie afgeskop by die Wag ʼn bietjie-kampterrein net buite Pretoria. 220 opgewonde en blinkoog eerstejaars het hierdie besonderse geleentheid bygewoon. Eerstejaarstudente van die nauurse afstandsmodel sowel as die voltydse kampusmodel het die kamp bygewoon saam […]

Skoliere se padkaart na die #RSABegroting2023

Skoliere se padkaart na die #RSABegroting2023 Gepubliseer op: 2 Februarie 2023 Geskryf deur Mariaan Oschman en dr. Chris-Mari Le Hanie van Akademia se Fakulteit Opvoedkunde Die nasionale begroting van Suid-Afrika word jaarliks in Februarie deur die Minister van Finansies bekend gemaak. In die begrotingsrede word die regering se planne en prioriteite vir die volgende drie […]

49-jarige verwesenlik haar studiedrome by Akademia 

49-jarige verwesenlik haar studiedrome by Akademia Gepubliseer op: 2 Februarie 2023 Surica Victor, 49-jarige van Bloemfontein, het in 2022 haar BCom (Bestuursrekeningkunde)-kwalifikasie met onderskeiding by Akademia geslaag. Sy ontvang vanjaar haar graad by die jaarlikse kwalifikasieplegtigheid by Akademia. Victor werk al verskeie jare in die finansiële sektor en het ondervinding opgedoen by ʼn staatsinstelling sowel […]

Die gevegskuns van datawetenskap

Die gevegskuns van datawetenskap Gepubliseer op: 31 Januarie 2023 Geskryf deur Delene van Wyk de Ridder, dosent in Statistiek by Akademia Data is die swaard van die 21ste eeu en dié wat dit vaardig hanteer, die samoerai. Jonathan Rosenberg, die voormalige senior visepresident van produkte by Google het hierdie uitlating in 2009 gemaak. Nie eers […]

Akademia teken samewerkingsooreenkoms met Hongaarse universiteit

Akademia teken samewerkingsooreenkoms met Hongaarse universiteit Gepubliseer op: 31 Januarie 2023 Die Hongaarse Universiteit van Landbou- en Lewenswetenskappe (afgekort as MATE) en Akademia het op Dinsdag 31 Januarie amptelik ʼn samewerkingsooreenkoms tydens ʼn geleentheid by die instelling se Centurion-kampus onderteken. Dr. Dávid Bencsik, hoof van die Direktoraat van Internasionale Sake en Buitelandse Verhoudinge van MATE […]

Akademia-student werk en studeer vanuit Europa

Akademia-student werk en studeer vanuit Europa Gepubliseer op: 27 Januarie 2023 Alida Jacobs, ʼn 21-jarige student, studeer tans vir die graad BCom (Ondernemingsbestuur) deur middel van die nauurse afstandsmodel by Akademia. Sy het in Bloemfontein grootgeword en aan die Hoër Meisieskool Oranje gematrikuleer. Sy woon en werk tans in Hauset in België wat op die […]

Akademia-dosent wen CIMA-toekenning vir tweede keer

Akademia-dosent wen CIMA-toekenning vir tweede keer Gepubliseer op: 26 Januarie 2023 Michelle Coetzee, ʼn passievolle Akademia-dosent, het in 2021 en weer in 2022 die Uitnemendheidstoekenning vir Onderrig (eervolle vermelding) van CIMA (Chartered Institute of Management Accountants) ontvang. Coetzee doseer tans Rekeningkunde, Belasting en Ouditkunde by Akademia. Coetzer is deur haar eie studente vir hierdie toekenning […]

Matriek van 2022, jy kan nog vanjaar studeer! 

Matriek van 2022, jy kan nog vanjaar studeer! Gepubliseer op: 23 Januarie 2023 Ná ʼn lang wag het die matrieks van 2022 uiteindelik hul matriekuitslae ontvang. Baie geluk aan elkeen! Jy wonder dalk – wat nou? Jy het nou jou skoolloopbaan afgesluit en wonder wat volgende in die pyplyn is. Indien jy studie vir 2023 […]