Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia vereer akademici en studente se akademiese uitnemendheid

Akademia het op 4 April by Atterbury Teater in Pretoria ʼn akademiese prestigefunksie aangebied waar die instelling se studente en personeel vir hul uitnemende akademiese prestasies vereer is.

Volgens prof. Danie Goosen, akademiese hoof van Akademia, vier die instelling die uitsonderlike prestasies van sy studente en dosente weens die feit dat hulle streef na die uitsonderlike en hoogste. “Akademia ontleen die diepste rede vir sy bestaan aan die aristokratiese strewe na die hoogste – die ware, die skone en ook die goeie. Ons vier vandag diegene wat daarin presteer.”

Akademia se voorloper van ʼn vaktydskrif, Feesbundel, is tydens die prestigefunksie bekendgestel. Die Feesbundel is ʼn spesiale multidissiplinêre publikasie met die tema “Dekade van pionierswerk”. Die Feesbundel bevat twaalf ewekniebeoordeelde en afgeronde artikels wat 200 bladsye beslaan. Volgens Karien Brits van die Akademia Uitgewery gee die bekendstelling van die Feesbundel erkenning aan die pionierswerk van elke skrywer in hierdie bundel. “Dit dien ook as aanmoediging vir die jong akademici en presteerders om akademies in Afrikaans te bly groei,” sê sy.

In Akademia se strewe om uitnemendheid aan te moedig én te vier, het die instelling ʼn toekenning geskep om akademici te erken vir die bereiking van akademiese mylpale op doktorale vlak. Die oorkoepelende doel met hierdie FUTURUM-toekennings is om akademiese uitnemendheid en vakwetenskaplike uitsette te erken.

Die volgende akademici by Akademia is vereer met ʼn FUTURUM-toekenning tydens die Prestigefunksie:

Fakulteit Geesteswetenskappe

  • Annerie Geyer – Philosophiae Doctor in Kommunikasiebestuur
  • Hercules Boshoff – Philosophiae Doctor

Fakulteit Opvoedkunde

  • Nic de Jager – Philosophiae Doctor in Opvoedkunde
  • Annelise de Vries – Philosophiae Doctor in Toegepaste Linguistiek
  • Chris-Mari Le Hanie – Philosophiae Doctor in Opvoedkunde met Kurrikulumstudies

Fakulteit Natuurwetenskappe

  • Machiel Snyman – Philosophiae Doctor in Fisika

Fakulteit Regsgeleerdheid

  • Alex Politis – Doctor Legum

Ander departemente

  • Jannet Davel – Philosophiae Doctor in Bedryfs- en Organisasiesielkunde
  • Daniël Maritz – Philosophiae Doctor in Apologetiek

Michelle Coetzee en Monique Visser uit die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is ook aangewys as ontvangers van die Prof. J.A. Matthee-beurs vir hulle PhD-studie aan ʼn publieke universiteit om sodoende die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe verder uit te bou.

Die studente wat as toppresteerders aangewys is vanuit Akademia se fakulteite is beloon met beurse vanaf ʼn anonieme donateur. Dié donateur voel sterk daaroor om studente wat akademies uitblink by Akademia te beloon met ʼn ruim beurs geoormerk vir klasgelde. Ander pryse wat aan presteerders gegee is, is geskenk deur Van Schaik Uitgewers, Wiley Uitgewers en Cengage Uitgewers.

Die volgende toppresteerders is in die onderskeie fakulteite vereer:

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Top- presterende studente in voltooide kwalifikasies van 2022

  • Zandelee Esterhuizen – BCom (Bestuursrekeningkunde)
  • Ginette Potgieter – BCom (Finansiële Beplanning)
  • Helena Johanna Venter – BCom (Ondernemingsbestuur)
  • Charlotte Fourie – Gevorderde Diploma in Projekbestuur
  • Ané Janse van Rensburg – Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
  • Floris Dirk Pelser – Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde

Toppresteerderstudente in kwalifikasies wat ingeskryf het vir nagraadse kwalifikasies

  • Lené van Nieuwenhuizen – BCom (Ondernemingsbestuur)
  • Nádine Grant – BCom (Ondernemingsbestuur)
  • Zandelee Esterhuizen – BCom (Bestuursrekeningkunde)

Toppresteerderstudente in kwalifikasies wat slegs een jaar lank is, maar waar die student die kwalifikasie voltooi ter toelating tot ʼn graad

  • Hannes Stephanus du Preez – Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
  • Ané Janse van Rensburg – Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie

Top- presterende studente, studente wat steeds aktief besig is om hul kwalifikasies te voltooi

Voltyds

  • Larissa van Dyk – BCom (Ekonomie en Regte)
  • Rochel Oberholzer – BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)
  • Transia Noeth – BCom (Ondernemingsbestuur)

Nauurs

  • Alette Gertruida Fourie – BCom (Bestuursrekeningkunde)
  • Chanelle Booysens – BCom (Ekonomie en Regte)
  • Emily Cecilia Smith – BCom (Finansiële Beplanning)
  • Shawnaé Freemantle – BCom (Ondernemingsbestuur)

Fakulteit Geesteswetenskappe

Toppresteerderstudente in alle voltooide kwalifikasies:

  • Sean Robert Gobey – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)

Top- presterende studente, studente wat steeds aktief besig is om hul kwalifikasies te voltooi:

Voltyds

  • Myrtle Matilda Endley – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
  • Tharien de Klerk – BA (Kommunikasie en Joernalistiek

Nauurs

  • Abia Stander – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)

Fakulteit Opvoedkunde

Toppresteerderstudente in alle voltooide kwalifikasies:

  • Handré Pieter Meyer – NGOS (Senior Fase- en VOO-onderwys)

Top- presterende studente, studente wat steeds aktief besig is om hul kwalifikasies te voltooi:

  • Marnie van der Westhuizen – BEd (Intermediêre Fase-onderwys)
  • Shani Prinsloo – BEd (Grondslagfase-onderwys)

Fakulteit Natuurwetenskappe

Top- presterende studente, studente wat steeds aktief besig is om hul kwalifikasies te voltooi:

  • Reinhardt Kotze – BSc (Wiskundige Wetenskappe)

Fakulteit Regsgeleerdheid

Top- presterende studente, studente wat steeds aktief besig is om hul kwalifikasies te voltooi:

Voltyds

  • Revé Venter – LLB

    Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, is die prestigefunksie ʼn hoogtepunt op die instelling se jaarlike kalender. “Ons harte swel met trots om vanaand ons studente en akademici se prestasies te kan vier. Ons kan op hierdie geleentheid eerstehands sien dat harde werk vrugte afwerp en ons wens vir ons toppresteerders ʼn voorspoedige toekoms en loopbaanreis toe,” sluit Visser af.

Jy kan help om studiedrome te verwesenlik. Klik hier om by te dra tot die Akademia-skenkingsfonds.

Akademia het op 4 April by Atterbury Teater in Pretoria ʼn akademiese prestigefunksie aangebied waar die instelling se studente en personeel vir hul uitnemende akademiese prestasies vereer is.
Akademia se voorloper van ʼn vaktydskrif, Feesbundel, is tydens die prestigefunksie bekendgestel.