Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Aansoeke vir studies in 2019 nog oop

Gepubliseer op: 8 Januarie 2019

Die Afrikaanse private hoëronderwysinstelling Akademia bied tot 19 Januarie ʼn laaste kans vir voornemende studente om vir studies in 2019 aansoek te doen.

By dié instelling kan die volgende kwalifikasies voltooi word:

 

Aansoeke om by Akademia te studeer word aanlyn voltooi deur die maklike stappe op die aansoekportaal te volg.

Terwyl meeste instellings se aansoeke vir studies in 2019 reeds gesluit het, bied Akademia jou die geleentheid om vanjaar nog studies aan te pak. “Hierdie is ʼn ideale geleentheid, ongeag of jy pas jou matriekresultate ontvang het en of jy jou beroepsmoontlikhede deur verdere studies wil verbreed,” sê Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia.

Akademia se onderrigleermodel is van so aard dat dit gepas is vir Afrikaanse studente om nauurs te studeer terwyl hulle werkservaring opdoen en ʼn inkomste verdien. Dertien studiesentrums is regoor Suid-Afrika, en in Windhoek, geleë.