DOEN AANSOEK
VIR STUDIES
Akademia se aansoeke vind slegs aanlyn plaas
Slegs vir aansoeke vir die 2027- akademiese jaar.
Slegs vir studente wat vir die 2026- akademiese jaar geregistreer is.
LET WEL: SLEGS AANSOEKE WAT MET DIE KORREKTE
DOKUMENTASIE INGEDIEN IS SAL VERWERK WORD.
Sluitingsdatums vir die 2027- akademiese jaar
Voorgraadse programme
Alle voorgraadse programme: 29 Januarie 2027
Nagraadse programme
Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys): 20 November 2026 (voltyds) en 18 Desember 2026 (deeltyds)
BAHons (Media en Kommunikasie): 8 Januarie 2027
BComHons (Ondernemingsbestuur): 8 Januarie 2027
Hoër sertifikate en nagraadse diplomas
Alle hoër sertifikate en nagraadse diplomas: 29 Januarie 2027
Meestersprogramme
LLM: 29 Januarie 2027
Ander
Kredietaansoeke: 8 Januarie 2027
Niegraaddoeleindes: 15 Januarie 2027
Studieaansoeke vir 2026
Studieaansoeke vir 2026 open 1 April 2025
Sluitingsdatums vir 2027-aansoeke
Aansoeke vir voorgraadse en nagraadse programme vir die 2027- akademiese jaar is oop.
- Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys): 20 November 2026 (Voltyds) en 18 Desember 2026 (Deeltyds)
- BAHons (Media en Kommunikasie): 8 Januarie 2027
- BComHons (Ondernemingsbestuur): 8 Januarie 2027
- Kredietaansoeke: 8 Januarie 2027
- Niegraaddoeleindes: 15 Januarie 2027
- Alle voorgraadse programme: 29 Januarie 2027
- Alle hoër sertifikate en nagraadse diplomas: 29 Januarie 2027
- Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur: 29 Januarie 2027
- Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur: 29 Januarie 2027
- LLM: 29 Januarie 2027
VIR JOU AANSOEK BENODIG JY DIE VOLGENDE:
- Jongste graad 12-punte (skoolleerders) of gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies (indien van toepassing)
- Gesertifiseerde afskrif van ID
- ʼn Volledige CV (persone wat reeds werk)
- Gesertifiseerde afskrif van huweliksertifikaat (indien aansoeker se van nie ooreenstem met ID-dokument nie)
- Twintig (20) minute om die aansoek aanlyn te voltooi
- Die aansoekfooi ten bedrae van R500
*Alle gesertifiseerde dokumente mag nie ouer as drie (3) maande wees nie.
Brand jy vas met die aansoekproses? Maak hier ’n afspraak vir hulp met jou studieaansoek.
*Gebruik slegs Chrome of Firefox vir toegang tot die aansoekportaal.
VIR WATTER STUDIES KWALIFISEER EK?
BANKBESONDERHEDE
Rekeningnaam: Akademia
Bank: FNB (Eerste Nasionale Bank)
Takkode: Centurion (261550)
Rekeningnommer: 62333881143
Rekeningtipe: Tjekrekening
KONTAK ONS VIR MEER INLIGTING OOR AANSOEKE
STUDEER BY AKADEMIA
Akademia, ʼn inisiatief van die Solidariteit Beweging, het ten doel om die kulturele en wetenskaplike voordele wat akademiese opleiding inhou binne die Afrikaanssprekende gemeenskap se bereik te bring.
AKADEMIESE KREDIETE
’n Student wat reeds vir ʼn kwalifikasie by ʼn ander hoëronderwysinstelling ingeskryf was en van die modules geslaag het, mag moontlik vir akademiese krediete kwalifiseer. Dit beteken dat, sou die akademiese krediete wel toegestaan word, die student vrystelling van die soortgelyke modules by Akademia kry.
STUDIEFINANSIERING
Akademia is ʼn niewinsgewende hoëronderwysinstelling en bied daarom nie studiebeurse of -studielenings aan nie. Studente wat oor onvoldoende fondse beskik kan tydens die studieaansoekproses van Akademia aandui of hulle vir finansieringsopsies wil aansoek doen. Meer inligting sal per e-pos gestuur word.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

