Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie 2018-10-19T07:52:33+00:00

Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie

Die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie bemagtig die student om kantooradministrasiepraktyk te verstaan en om basiese administratiewe funksies suksesvol uit te voer. Kennis van administratiewe praktyk stel studente in staat om ’n teoretiese en praktiese begrip te ontwikkel van die konteks en gepaardgaande strategieë wat relevant is vir skedulering en koördinering, eenvoudige kantoorstelsels, verslaghouding, organisasie en dataversekering in die toepaslike omgewing.

’n Administratiewe beampte moet ’n verskeidenheid van dienste wat strek van organisering, rekordhouding, en administratiewe beheer tot kliëntediens aan ’n maatskappy kan lewer. So ’n persoon is dikwels verantwoordelik vir die daaglikse hantering van skedules, liassering, koördinering en kliënte. Die Hoër Sertifikaat berei die student voor om toepaslike administratiewe aktiwiteite te kan uitvoer.

Hoër Sertifikaat in Kantoor-administrasie

WAT KAN EK MET MY HOËR SERTIFIKAAT IN KANTOORADMINISTRASIE DOEN?

Die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie is die ideale kwalifikasie vir studente met ’n belangstelling in moderne kantooradministrasie en -bestuur.

Studente word deur hierdie kwalifikasie bemagtig om kantooradministrasiepraktyk te verstaan en om basiese administratiewe funksies suksesvol uit te voer.

Kennis van administratiewe praktyk stel studente in staat om ’n teoretiese en praktiese begrip te ontwikkel van die konteks en gepaardgaande strategieë wat relevant is vir skedulering en koördinering, eenvoudige kantoorstelsels, verslaghouding, organisasie en dataversekering in die toepaslike omgewing.

’n Geïntegreerde projekadministrasie module versterk die kwalifikasie om die student ook begrip en vaardighede ten opsigte van projekbestuurondersteuning te gee.

Die Inleiding tot die Reg-module bied vir die student die basiese kennis om regsterme te verstaan en binne die regspraktyk as akte-tikster of administrateur toe te pas.

WAT BEHELS DIE KWALIFIKASIE?

NKR (NQF) vlak 5

120 krediete

SAQA ID-nommer: 86526

PROGRAMINLIGTING

KWALIFISEER EK VIR ‘N HOËR SERTIFIKAAT IN KANTOORADMINISTRASIE?

KLIK HIER

KWALIFISEER EK VIR ‘N HOËR SERTIFIKAAT IN KANTOORADMINISTRASIE?

KLIK HIER

MODULES

Die module bied ’n begrip vir die rol, taak en verantwoordelikhede van die administratiewe funksie in sakeondernemings.

Die module behandel effektiewe kliëntediens en etiek binne ’n organisasie en die belangrikheid daarvan.

Die module bied ’n begrip vir bedryfskommunikasie en die gebruik daarvan binne ’n onderneming.

Die module bied ’n begrip vir kantoortegnologie en dataverwerking binne ’n onderneming.

BYKOMENDE MODULES

Die module bied aan studente ’n gestruktureerde benadering om projekte te bestuur. Soos projekte se omvang en kompleksiteit toegeneem het, het die vermoë om projekte te beplan en te beheer ’n kern projekbestuurfunksie geword. Die module bied aan studente ’n begrip vir projekbestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks, asook die onderliggende filosofie, konsepte en stelselbenadering tot projekbestuur.

Die module bied aan studente ’n begrip vir sakepraktyk en die bronne, inhoud en gebruike van finansiële inligting binne ’n organisasie.

Die module bied die kennis en vaardigheid om algemene berekeninge wat in sakeondernemings gedoen moet word toe te pas.

Die module sal studente in staat stel om ’n geheelbeeld te vorm van wat die reg behels en blootstel aan die basiese kennis rondom die uitleg van die reg asook hoe die reg as stelsel funksioneer. ’n Inleiding tot die reg, prosesse wat daardeur geskep word, struktuur van die howe en ander aspekte soos bronne van die reg vorm deel van die module. Die module rus studente ook toe met praktiese vaardighede wat die lees van regstekste insluit, asook om regsargumente te kan voer.

ANDER INLIGTING

Die program kan in ’n minimum tydsduur van een jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is drie jaar.

Ná die suksesvolle voltooiing van die program ontvang studente ’n Akademia Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie wat formeel tydens ’n geleentheid oorhandig sal word.

Deurlopende assessering – 40% van finale punt

  • Toetse en werkopdragte per module word gebruik in die berekening van die jaarpunt wat eksamentoelating bepaal.

’n Vereiste minimum jaarpunt moet behaal word vir eksamentoelating.

Samevattende finale assessering – 60% van finale punt

Summatiewe assessering sluit eksamen(s) in.

DOEN NOU AANSOEK OM VIR ‘N HOËR SERTIFIKAAT IN KANTOORADMINISTRASIE TE STUDEER

DOEN AANSOEK

DOEN NOU AANSOEK OM VIR ‘N HOËR SERTIFIKAAT IN KANTOORADMINISTRASIE TE STUDEER

DOEN AANSOEK