Search
Close this search box.

Splinternuwe baadjie én vol diensprogram vir Akademia-loopbaankantoor

Splinternuwe baadjie én vol diensprogram vir Akademia-loopbaankantoor Gepubliseer op: 26 Julie 2024 Akademia se Loopbaankantoor spog nie net met ʼn splinternuwe baadjie nie, maar bied ook verskeie waardetoegevoegde dienste aan om Fonties – voltyds op kampus én nauurs oor afstand, met sukses op hul loopbaanreis te begelei. Die Loopbaankantoor, wat in samewerking met Solidariteit behartig […]

Sakeplankompetisie lê die grondslag van my entrepreneuriese droom – Akademia-alumnus

Sakeplankompetisie lê die grondslag van my entrepreneuriese droom – Akademia-alumnus Gepubliseer op: 22 Julie 2024 ʼn Jaar het verloop sedert Akademia-alumnus, Abigail Fourie en haar verlowingsbeplanningsbesigheid, The Perfect Moment, as die wenner van die instelling se gewilde BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys is. Dié spesialisdiens het dit ten doel om uitsonderlike verlowingsbeplanning en -ervaringsdiens te verskaf, […]

Prioritiseer jou finansiële gesondheid tydens Spaarmaand – Akademia-kundige

Prioritiseer jou finansiële gesondheid tydens Spaarmaand – Akademia-kundige Gepubliseer op: 16 Julie 2024 Geskryf deur Nikki Kennedy, dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia. Julie is Spaarmaand in Suid-Afrika. Hoewel die fokus vandeesmaand in alle erns op effektiewe finansiëlebeplanningspraktyke val, behoort elke maand myns insiens eintlik Spaarmaand te wees. In die lig hiervan is […]

Fiskale desentralisasie en die regering van nasionale eenheid

Fiskale desentralisasie en die regering van nasionale eenheid Gepubliseer op: 16 Julie 2024 Geskryf deur dr. Sandra Adendorff, dosent in Ekonomie en Internasionale Handel aan Akademia, en prof. Niek Schoeman, emeritusprofessor aan die Universiteit van Pretoria (UP). Suid-Afrika staan op die drempel van ʼn opwindende nuwe hoofstuk in die land se geskiedenis, en alle oë […]

Danksy Akademia kan Nalanie – ma, beroepsvrou en voluit Fontie wees

Danksy Akademia kan Nalanie – ma, beroepsvrou en voluit Fontie wees Gepubliseer op: 11 Julie 2024 Akademia-student, Nalanie Green (41), van Centurion dra verskeie hoede. Sy is getroud met Rory, is ma van Dané en Dian, werk as ʼn gevestigde verkoopskonsultant in die papierbedryf én is tans ʼn BCom (Ondernemingsbestuur)-derdejaarstudent. Volgens Green lui die bekende […]

Vrystaat-jongboer Carine ʼn trotse Fontie

Vrystaat-jongboer Carine ʼn trotse Fontie Gepubliseer op: 9 Julie 2024 Vir Carine Steenkamp (20) van Bothaville in die Vrystaat begin die lewe, soos die gewilde gesegde lui, presies daar waar die teerpad eindig en die Steenkamp-familieboerdery begin. Dié gemengde saai- en beesboerdery is die spil waarom Steenkamp se bestaan wentel, en sy meen dat dit […]

Tweepot-pensioenfondsstelsel: Dink mooi voor jy korttermynbehoeftes bó langtermynvoorsiening stel

Tweepot-pensioenfondsstelsel: Dink mooi voor jy korttermynbehoeftes bó langtermynvoorsiening stel Gepubliseer op: 5 Julie 2024 Geskryf deur Thinus Nienaber, ʼn dosent in Ekonomie en Finansiële Wetenskappe by Akademia. Die nuwe tweepot-pensioenfondsstelsel tree op 1 September 2024 in werking en sal ʼn besliste impak op individue se persoonlike finansies hê, veral wat aftreespesifieke fondse betref. En hoewel […]

Akademia-alumni – ʼn pêrel in hul alma mater se kroon

Akademia-alumni – ʼn pêrel in hul alma mater se kroon Gepubliseer op: 3 Julie 2024 Om ʼn kwalifikasie by Akademia te verwerf verteenwoordig ʼn besonderse hoogtepunt in enige Fontie se lewensreis. Die oomblik wanneer jy trots oor die verhoog stap ná die suksesvolle voltooiing van ʼn kwalifikasie, vorm jy deel van dié instelling se uitgebreide […]

Wêreldsosialemediadag – Word só sosialemediaslim en verseker ʼn impak

Wêreldsosialemediadag – Word só sosialemediaslim en verseker ʼn impak Gepubliseer op: 30 Junie 2024 Geskryf deur Chané Jonker, junior beampte: Sosiale media by Akademia. Wêreldsosialemediadag word jaarliks op 30 Junie gevier en vanjaar se tema fokus op die impak wat sosiale media op die verbintenis van mense met mekaar het. Het jy al ooit gesit […]

Selfies en sosiale media: Watter impak het dit op jou loopbaanvooruitsigte?

Selfies en sosiale media: Watter impak het dit op jou loopbaanvooruitsigte? Gepubliseer op: 30 Junie 2024 Geskryf deur dr. Annerie Geyer en dr. Hélanie Jonker, dosente in Kommunikasiebestuur by Akademia. Wêreldsosialemediadag word op 30 Junie gevier en op dié dag word daar veral gelet op die manier waarop sosiale media aangewend word. Tegnologie het nou […]

Internskappe is ʼn waardevolle eerste tree op enige loopbaanreis

Internskappe is ʼn waardevolle eerste tree op enige loopbaanreis Gepubliseer op: 26 Junie 2024 Internskappe is lánk nie net meer ʼn gonswoord wat tot maatskappye se menslikehulpbronkantore beperk is nie. Vandag verteenwoordig internskappe ʼn waardevolle geleentheid vir afgestudeerdes om nie net hul beroepsvaardighede op te skerp nie, maar ook om hul professionele netwerk uit te […]

Skerp jou sakevaardighede op met unieke besigheidswerkswinkels en netwerkgeleenthede

Skerp jou sakevaardighede op met unieke besigheidswerkswinkels en netwerkgeleenthede Gepubliseer op: 26 Junie 2024 Die enigste ding waaroor ons seker kan wees, is verandering. Dit staar ons voortdurend in die gesig en tog blyk die meeste mense ʼn mate van ongemak daaroor te ervaar – ook in die sakewêreld. Vanweë die snel spoed waarteen dié […]

Só word Jeugdag ook ʼn gemeenskapsviering – Akademia-kenner

Só word Jeugmaand ook ʼn gemeenskapsviering – Akademia-kenner Gepubliseer op: 16 Junie 2024 Geskryf deur dr. Mandie Dubery, maatskaplike werker by Akademia. Jeugmaand word jaarliks in Junie in Suid-Afrika gevier, ʼn gebeurtenis wat vanjaar vir die 48ste keer plaasvind. Vir Akademia, ʼn trotse onafhanklike hoëronderwysinstelling, verteenwoordig dié maand egter opnuut ʼn geleentheid om sy verbondenheidsbelofte […]

Danksy Akademia is my moederhart gerus – Fontie-ouer

Danksy Akademia is my moederhart gerus – Fontie-ouer Gepubliseer op: 13 Junie 2024 As dit kom by die geluk van haar kinders en die mate waarop hulle vir die toekoms voorberei word, is Nicoline Meyer se moederhart gerus. Volgens Meyer, die ma van twee Fonties, het hierdie gevoel van berusting posgevat die dag toe haar […]

Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan

Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan Gepubliseer op: 13 Junie 2024 Akademia het vroeër vanjaar die opwindende nuus gedeel dat dié hoëronderwysinstelling in die proses is om sy geografiese voetspoor in die Wes-Kaap teen 2026 uit te brei. Hierdie uitbreiding spreek tot die instelling se nuwe groeifase wat vanjaar reeds uitgeloop het op die ingebruikneming […]