*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 27 Mei 2026
Geskryf deur dr. Sandra Adendorff, senior dosent: Finansiële Bestuur en Ekonomie aan Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Die voortslepende oorlogsituasie in die Midde-Ooste laat ons almal diep bekommerd en geskok. Dit is dan ook veral die spanning en konflik in die gebied rondom die strategiese Straat van Hormoes, wat kommer laat opvlam. Hierdie smal waterweg word as die hoofslagaar van die wêreld se energiemarkte beskou en ongeveer 20% van die wêreld se olievoorrade word hierlangs versend.
Gedagtig hieraan veroorsaak oorlog en selfs net gerugte van konflik, groot onsekerheid weens die ewigdurende vrees dat diesulke gebeure internasionale olievoorrade sal ontwrig en só die prys laat styg. Onlangse gerugte en tekens van vredesooreenkomste veroorsaak egter dat oliepryse daal en die hoop bestaan dat olievoorsiening binnekort sal normaliseer. Maar hoe beïnvloed hierdie gebeure die internasionale olieprys?
ʼn Vraag na én aanbod vir olie: Só ontvou die realiteit
Dit is egter beide ʼn vraag na én aanbod vir olie wat belangrik is, wanneer daar na die prys en beskikbaarheid daarvan gekyk word.
Die olieproduserende lande soos die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul*) – waarna daar ook verwys word as die Opul-kartel – produseer oorwegend ʼn normale kwota wat beteken dat die aanbod beperk is. Die teenkant van dié muntstuk is dat, omdat die Verenigde Arabiese Emirate onlangs uit Opul ontrek het en Rusland nou vrygestel is van oliesankies, méér olie geproduseer word. Hiermee saam poog die Verenigde State van Amerika (VSA) ook om olieproduksie te verhoog.
Sekere hoeveelhede van dié olie moet egter eers verder in raffinaderye verwerk word en omdat die wêreldekonomie tans stadiger groei, is die implikasie dat die wêreldvraag na olie oor die algemeen ietwat verlaag het.
Die sneeubalimpak op Suid-Afrika
Hierdie gebeure in die Midde-Ooste het ʼn direkte effek op Suid-Afrika – en meer nog ons brandstofverbruik (sien die onderstaande grafiek deur Codera Analytics).

Die impak hiervan is te bespeur op talle terreine van die ekonomie. Energiebronne is ʼn belangrike insetmiddel vir alle produsente en ʼn verhoging in brandstofpryse sal pryse van baie produkte noodgedwonge verhoog.
Vervoerkoste beslaan byna 15% van die huidige inflasiemandjie. Hierbenewens sal die brandstofprys ook die meeste ander items in die inflasieberekening beïnvloed. Die oorlogskrisis het ook ʼn tekort aan ander belangrike insetmiddele, soos byvoorbeeld kunsmis tot gevolg. Al hierdie faktore beteken in praktyk dat die inflasiekoers wat teen 4% in April alreeds verby die teikenpunt van 3% was, nóg verder sal verhoog – veral indien die oorlog ʼn uitgerekte gebeurtenis bly.
Indien die oorlog onbepaald voortduur sal die Reserwebank, in ooreenstemming met ander sentrale banke in die wêreld, dan genoop word om rentekoerse weereens te verhoog. Dit sal ʼn ieder en elk in Suid-Afrika se finansiële posisie raak en verbruikers wat nou reeds meer vir brandstof betaal, sal nóg hoër rentekoste op hul skuldlas moet betaal. Die Staat – wat ook self in ʼn benarde fiskale posisie is – sal gevolglik ook meer op staatskuld moet vereffen wat verdere druk op staatsfinansies sal beteken.
Die ekonomiese groeikoers in reële terme vir 2025 was 1,1% en daar word voorsien dat ons beswaarlik 1 tot 1,4% vir 2026 sal behaal in reële terme (dit wil sê ná inflasie). Die probleem is dat dit te min is om die land uit die verknorsing van toenemende armoede en werkloosheid te help. Bykomende risiko’s soos strukturele probleme in die ekonomie; wat insluit swak diensverskaffing, logistieke probleme en korrupsie vererger dié dilemma.
Só verloop die ekonomiese gevolge van die konflik
Opsommend kan die verloop van die impak van die verhoogde internasionale geopolitieke spanning as volg genoem word:
Verbruikers moet hul besteding inperk as gevolg van drasties verhoogde lewenskostes.
Daar is altyd hoop
As Suid-Afrikaners moet ons egter steeds hoopvol wees en bid dat die oorlog spoedig beëindig sal word sodat ons daadwerklik kan begin werk aan ons land en só ons gemeenskappe kan opbou.
*Opul bestaan uit Algerië, Angola, Ekwatoriaal-Guinee, Gaboen, Iran, Irak, Koeweit, Libië, Nigerië, die Republiek van die Kongo, Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate en Venezuela. Rusland word as addisionele lid gereken in Opul+.

Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.