Search
Close this search box.

Akademia-aansoeke vir 2020-studies nog oop

Akademia-aansoeke vir 2020-studies nog oop Gepubliseer op: 8 Januarie 2020 Met die matriekuitslae wat pas bekendgemaak is oorweeg duisende matrieks hulle finale opsies voordat hulle studies aanpak of die werksmag betree. Terwyl talle hoër­onderwysinstellings se aansoeke vir studies in 2020 reeds gesluit het, bied Akademia nog die geleentheid aan vanjaar se skoolverlaters om aansoek te […]

Elitebeursstudente sluit af met studietoer in Europa

Elitebeursstudente sluit af met studietoer in Europa Gepubliseer op: 17 Desember 2019 Akademia se uitgesoekte studente wat vanaf 2017 deel van die Elitebeursprogram vorm, het hulle studiereis in BCom (Ondernemingsbestuur) afgesluit met ʼn akademiese toer na Europa. Vyf finalejaarstudente (Marlette Smit, Minette Nel, Nadine Slump, Franco Smith en Yolandi Kruger), tesame met die koördineerder van […]

Afrikaans en hoër onderwys – stééds ʼn opsie

Afrikaans en hoër onderwys – stééds ʼn opsie Gepubliseer op: 21 November 2019 Afrikaans as onderrigtaal was die afgelope tyd weer gereeld in die spervuur. Die eerste vonkies het gekom van die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, met sy reaksie op die Sol-Tech-sooispit. Kort op sy hakke was die minister van Hoër Onderwys […]

Akademia-professor deel van baanbrekerstudie oor die Tuisland

Akademia-professor deel van baanbrekerstudie oor die Tuisland Gepubliseer op: 18 November 2019 Prof. Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia, was lid van ʼn span internasionale wetenskaplikes wat ʼn baanbrekersstudie onderneem het oor die anatomies moderne mens se vroeë migrasiepatrone oor suidelike Afrika. Rautenbach, ook ʼn weerkundige, se bydrae tot die studie was […]

Akademia bied vanaf 2020 LLB aan

Akademia bied vanaf 2020 LLB aan Gepubliseer op: 11 November 2019 Die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia het op Maandag 11 November 2019 aangekondig dat ʼn tweede regskwalifikasie vanaf 2020 aangebied sal word. Akademia bied reeds sedert 2017 ʼn BCom (Ekonomie en Regte)-graad aan, wat nou aangevul word deur die instelling se jongste kwalifikasie – Baccalaureus Legum […]

Internasionale Projekbestuurdag 2019: Die (r)evolusie van projekbestuur

Internasionale Projekbestuurdag 2019: Die (r)evolusie van projekbestuur Gepubliseer op: 7 November 2019 Projekbestuur is ʼn dissipline wat van toepassing is op elke individu, of dit nou deel vorm van jou beroep en of jy projekte in jou persoonlike hoedanigheid uitvoer. Vanjaar vier Akademia Internasionale Projekbestuurdag ter erkenning van projekbestuurders se waardevol bydraes in die moderne […]

Die toekoms van die universiteitwese

Die toekoms van die universiteitwese Gepubliseer op: 31 Oktober 2019 Geskryf deur prof. Danie Goosen, akademiese hoof by Akademia “Ons bou ʼn universiteit,” het Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, onlangs by ʼn geleentheid in Pretoria gesê. Maar wat is die wese van so ʼn universiteit? Moet dit met die uitsondering van Afrikaans net soos […]

Akademia steek kers op by klassieke opvoedingsuniversiteite in VSA

Akademia steek kers op by klassieke opvoedingsuniversiteite in VSA Gepubliseer op: 23 Oktober 2019 Akademia wil die beste uit die wêreld na Afrikaans bring en die beste uit Afrikaans na die wêreld neem. Dié hoëronderwysinstelling bereik hierdie doelstelling onder andere deur akademiese bande met veral internasionale universiteite te smee. Verskeie bestuurslede en akademici van Akademia […]

Van aardverwarming na aardbewondering

Van aardverwarming na aardbewondering Gepubliseer op: 14 Oktober 2019 Geskryf deur prof. Hannes Rautenbach, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe Het die tyd aangebreek dat die lewensbeskouing dat menslike welvaart alleenlik afhanklik is van ekonomiese groei en industrialisasie moet verander na een waar menslike welvaart eerder gemeet word aan selfverantwoordbaarheid, geestelike welsyn en die strewe na […]

Akademia lewer referaat by lewendehawelandbou-uitstalling

Akademia lewer referaat by lewendehawelandbou-uitstalling Gepubliseer op: 30 September 2019 Prof. Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, het op 18 September 2019 ʼn referaat saam met internasionale sprekers by die SA Stamboek@ALFA2019 se telingsimposium aangebied. Die simposium is deur die SA Stamboek en Diereverbeteringsvereniging georganiseer en is deur meer as 300 af­gevaardigdes bygewoon. Die […]

Hoe lyk die afgestudeerde Akademia-student?

Hoe lyk die afgestudeerde Akademia-student? Gepubliseer op: 20 September 2019 Geskryf deur professor Danie Goosen, akademiese hoof by Akademia ʼn Bondige antwoord op hierdie vraag lui dat hoogstaande opleiding en goed begronde opvoeding die belangrikste kenmerke van ʼn toekomstige Akademia-student behoort te wees. Genoemde twee oogmerke kan puntsgewys (veels te bondig!) in enkele punte verduidelik […]

Akademia-model verminder finansiële druk

Akademia-model verminder finansiële druk Gepubliseer op: 19 September 2019 Deur Marthinus Visser Studieskuld is wêreldwyd ʼn groot uitdaging. Volgens Forbes is studenteskuld in 2019 die hoogste wat dit ooit in Amerika was, met meer as 44 miljoen mense wat altesaam ongeveer $1,5 triljoen vir studies skuld. In die VSA is slegs skuld op verbandlenings meer […]

Akademiese hoof vertel van onlangse Amerikaanse kongres

Akademiese hoof vertel van onlangse Amerikaanse kongres Gepubliseer op: 19 September 2019 Geskryf deur professor Danie Goosen Ek was bevoorreg om pas namens Akademia ’n kongres aan die Universiteit van Louisville, Kentucky, by te woon. Die kongres is aangebied deur ’n belangrike konserwatiewe denkforum in die VSA, die Front Porch Republic (FPR). Die kongres het […]

Insiggewende beplanning vir skoon lug nodig

Insiggewende beplanning vir skoon lug nodig Gepubliseer op: 19 September 2019 Sekerlik een van die belangrikste lewensbronne is die lug wat ons inasem. Met ʼn toenemende bevolkingsgroei en die gepaardgaande industrialisasie en ekonomiese ontwikkeling, raak dit al hoe moeiliker om lugbesoedeling te voorkom. Daarom word gekoördineerde, en selfs ingrypende, optredes vereis om die atmosfeer ten […]

Verwarming bo Antarktika kan ons somerreënval beïnvloed

Verwarming bo Antarktika kan ons somerreënval beïnvloed Gepubliseer op: 18 September 2019 Geskryf deur professor Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia Die grootste bolugverwarming wat ooit in die geskiedenis in die Suidelike Halfrond gemeet is, het gedurende die laaste week van Augustus 2019 in die stratosfeer sowat 50 kilometer bo Antarktika voorgekom. […]