Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Nasionale Biblioteekweek – Waar kom die biblioteek vandaan?

Gepubliseer op: 2 Maart 2022

Geskryf deur Lianda Coetzer, bibliotekaris van Akademia

Nasionale Biblioteekweek word vanjaar vanaf 14-20 Maart in Suid-Afrika gevier. Hierdie week word sedert 2011 jaarliks gedurende Maart herdenk en het en doel om klem te lê op die belangrike rol wat biblioteke in die gemeenskap speel.

Om so ʼn bietjie agtergrond te gee rondom die ontstaan van biblioteke in Suid-Afrika, gaan ons sover terug as 1763 tydens die bewind van goewerneur Ryk Tulbagh in die Kaap. Hy was ʼn voortvarende man maar ook ʼn boekliefhebber. In die jaar 1818 is die fondasie verder gelê vir die ontstaan van openbare biblioteke. Lord Charles Somerset het belasting ingestel op wyn wat in Kaapstad verkoop is, waar ʼn deel van die opbrengs dan gebruik is om die biblioteek op te bou. Suid-Afrikaners spog ook met die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika in Pretoria waar alle dokumentasie rakende ons land opgeteken en bewaar word.

Uit die aard van die saak het die geskiedenis van biblioteke egter eeue gelede begin toe beskawings die vermoë bemeester het om woorde en denke op skrif te stel en die skrif dan te interpreteer. In die Europese Middeleeue het monnike in die kloosters begin om gedagtes, kennis en kultuur te bewaar en lewendig te hou vir die nageslagte. Babilon het byvoorbeeld reeds in die 21st eeu v.C. ʼn biblioteek gehad. Hierdie biblioteek het meestal uit kleitablette bestaan wat noukeuring gekatalogiseer is en deur die publiek gebruik kon word.

Die uitvinding van losdruk letters in ongeveer die helfte van die 1400’s het die era van die moderne biblioteek ingelui. Boeke kon nou in grootmaat gedruk word en die groot bekende biblioteke soos byvoorbeeld Die Groot Alexandrië Biblioteek in Alexandrië, Egipte het verskyn.

In die elektroniese eeu bestaan biblioteke nie meer uit rye boeke nie aangesien die internet die verspreiding van groot hoeveelheid inligting totaal verander het, daarom kan ons vandag praat van biblioteke sonder mure. Akademia se biblioteek het egter nie agtergebly met die tegnologiese ontwikkeling van biblioteke nie en beskik tans oor 750 000 elektroniese publikasies wat boeke, joernale, verhandelings en video-opnames insluit.

Biblioteekweek gaan ook vanjaar by Akademia se mediasentrum gevier word van 14-20 Maart 2 onder die nasionale tema, soos bekendgemaak deur LIASA (Library and Information Association of South Africa), “ReImagine! RePurpose! ReDiscover … Libraries!”.

Hou gerus die Akademia-platforms dop vir meer inligting.

Lianda Coetzer is Akademia se uiters bekwame en passievolle bibliotekaris wat aan die stuur is van die Akademia-mediasentrum.