Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Kom ervaar studentwees by Akademia tydens opedag

Gepubliseer op: 16 Maart 2022

Akademia, die privaat hoëronderwysinstelling, vier vanjaar ʼn dekade van pionierswerk en nooi jou uit om te kom kyk wat in hierdie tien jaar verrig is. Die kampusopedag word op 8 en 9 April by die Centurion-kampus aangebied. Hier kan jy verwag om verskeie studiemoontlikhede by die instelling te ontdek en te sien hoe die studentelewe gons.

Die opedag het ten doel om voornemende studente se kwelvrae uit te stryk sowel as om voornemende Fonties (studente) ʼn eerstehandse ervaring van die Centurion-kampuslewe te laat beleef. Die Akademia-studenteraad en koshuise in die omgewing se huiskomitees sal jou ʼn voorsmakie bied van die studenteaksies, soos sport, kultuur, sosiaal, akademies en baie meer. Jy sal ook die instelling se topgehalte-dosente kan ontmoet en met hulle kan gesels oor die verskeie studierigtings waarin jy belangstel.

Die Centurion-kampus bied vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar ʼn kampuservaring waar studente voltyds kan klasdraf. Die kampus is veilig en goed ingerig met verskeie fasiliteite soos ʼn mediasentrum, kafeteria, ruim klaskamers, ontspanningsruimtes en selfs ʼn ouditorium. Die kampus is ook stapafstand van die Gautrein-stasie wat vervoer vergemaklik, asook om die draai van ʼn gerieflike inkopiesentrum.

Akademia bied vir jou die geleentheid om voltyds op kampus klas te draf, in jou moedertaal te studeer, en deel te vorm van ʼn unieke en nou verweefde studentegemeenskap. Kom wees tuis by Akademia.

As jy nog altyd gewonder het hoe dit werklik voel om ʼn Fontie te wees, kom beleef dit eerstehands by die opedag! As jy ʼn ouer is wat gemoedsrus nodig het oor waar jou kind gaan studeer, kom woon hierdie dag saam jou kind by, en sien waar jou kind sy of haar loopbaanreis gaan afskop. Voornemende studente kan ʼn sessie op 8 April of een van die sessies op 9 April bywoon. RSVP hier elektronies op Akademia se webblad.

Kom vind meer uit oor Akademia se studiemoontlikhede en studentelewe by die kampusopedag in Centurion op 8 en 9 April!
Akademia sien uit om al die voornemende Fonties en hul ouers op kampus te verwelkom.