Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Kampusopedag

12 MEI 2023
Sessie een: 17:00-19:30

13 MEI 2023
Sessie twee: 07:30-10:00 | Sessie drie: 11:00-13:30

Kom kyk die kat uit die boom by Akademia se kampusopedag in Centurion

By Akademia wil ons nie hê dat jy moet hare kloof oor jou studieopsies nie. Daarom hou ons ʼn kampusopedag waar jy meer kan uitvind oor ons gehalte kwalifikasies sowel as ʼn voorsmakie kan kry van ons besonderse en unieke studentelewe. So rek jou treë en bespreek jou plek!

WAAROM MOET EK DIE OPEDAG BYWOON?

Om al my studiemoontlikhede te oorweeg

Om solank met dosente te gesels

Om ingeligte besluite te neem

Om ʼn gesonde studentelewe in Afrikaans te ervaar

Om meer oor die Kuns van Studentwees te leer

Om medestudente te ontmoet

Om inligting by adviseurs te kry

Om koshuisverblyf te besigtig

Om vir Fontie te ontmoet

Om die deur na my toekoms te ontsluit

Wat kan ek van die opedag verwag?

’n Oorsig oor Akademia

Kwalifikasiespesifieke inligting

’n Blik op die studentelewe

’n Blik op die studenteverblyf

NOU JA, WAARVOOR WAG JY? RSVP NOU!

Kyk die video vir hoogtepunte van verlede jaar se opedag.

Belangrike inligting

MEER OOR DIE CENTURION-KAMPUS

Akademia se veilige kampus is goed ingerig om studente in verskeie lokale te akkommodeer en bied voldoende parkering, ʼn kafeteria, asook genoegsame wegbreekruimtes. Die kampus is gerieflik naby ʼn inkopiesentrum in Centurion geleë en is stapafstand vanaf die Gautreinstasie.

Kom vind meer uit wat Akademia een uit ʼn duisend maak!

AKADEMIA – jou loopbaanreis begin hier!

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE