Search
Close this search box.

Akademia ken eerste BCom-grade in Bestuursrekeningkunde toe

Akademia ken eerste BCom-grade in Bestuursrekeningkunde toe Gepubliseer op: 28 Maart 2018 Baie geluk aan elkeen van ons studente met hierdie besondere prestasie! Akademia het op 16 Maart 2018 aan 131 studente tydens die sesde toekenningsplegtigheid en tweede gradeplegtigheid in die sewe jaar van sy bestaan, kwalifikasies toegeken. Akademia is besonder trots op Anje Bennemeer […]

Akademia-mentors gerat vir die jaar

Akademia-mentors gerat vir die jaar Gepubliseer op: 1 Maart 2018 Die program bied die geleentheid om te belê in iemand se lewe en daadwerklik ʼn positiewe verskil te bewerkstellig, selfs jare na voltooiing van die mentorskapprogram. Akademia se mentorskapprogram vir 2018 skop af op ’n hoë noot nadat mentors ’n werkswinkel op 7 en 8 […]

Vier jy vandag moedertaaldag?

Vier jy vandag moedertaaldag? Gepubliseer op: 21 Februarie 2018 Ter herdenking van Internasionale Moedertaaldag vandag (21 Februarie) deel Akademia, hoër onderwysinstelling wat gebruik maak van Afrikaans as voertaal, die merkwaardigheid daarvan om hierdie spesiale dag te vier. “Internasionale Moedertaaldag is ʼn besonderse dag om as Afrikaanssprekendes te vier, eerstens omrede Afrikaans as moedertaal ons mees […]

Akademia-studente is JOOLerig

Akademia-studente is JOOLerig Gepubliseer op: 21 Februarie 2018 Trots kondig Akademia aan dat ʼn algehele derde plek behaal is by die instelling se heel eerste JOOL-deelname wat 9 Februarie 2018 by die Cowhouse Market plaasgevind het. Die JOOL, georganiseer deur Afriforum Jeug, se tema was Grieke vs. Romeine. Die teenstanders was Die Ooste, Sol-Tech, De […]

Akademia skep hoop vir Namibiërs

Akademia skep hoop vir Namibiërs Gepubliseer op: 16 Februarie 2018 Akademia se nuwe studiesentrum in Windhoek is Saterdag, 10 Februarie 2018 amptelik in gebruik geneem. Hierdie studiesentrum is een van dertien studiesentrums wat die geleentheid aan studente bied om in hul moedertaal hoër onderwys te ontvang. Die oprigting van die Namibiese studiesentrum het voortgespruit uit […]

Akademia-studenteraad so reg soos ʼn roer vir 2018

Akademia-studenteraad so reg soos ʼn roer vir 2018 Gepubliseer op: 2 Februarie 2018 Akademia se studenteraad (SR) wat einde 2017 aangekondig is, is slaggereed om hul medestudente te ondersteun nadat hul ʼn beplanningsprogram, vanaf 26 tot 27 Januarie 2018, by die Akademia-hoofkantoor in Centurion bygewoon het. Na ʼn gasvrye verwelkoming deur Akademia-personeel, het die strategiese […]

Taal en universiteite: Eendag was daar ʼn huisgesin

Taal en universiteite: Eendag was daar ʼn huisgesin Gepubliseer op: 19 Januarie 2018 Marthinus Visser, uitvoerende hoof van die Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit Akademia, illustreer met hierdie verhaal die implementering van universiteite se taalbeleid oor Afrikaans en waarom ʼn universiteit soos Akademia sin maak. Eendag was daar ʼn huisgesin. Pa Hendrik, Ma Hettie en drie kinders. Susan, […]

Nuwe dekaan neem leisels oor by Akademia

Nuwe dekaan neem leisels oor by Akademia Gepubliseer op: 18 Januarie 2018 Akademia kondig met opwinding die aanstelling van die nuwe dekaan, dr. Saretha Brüssow, aan. Brüssow, wat ʼn passievolle verbintenis tot studente se akademiese prestasie en sukses in hoër onderwys het, word met die taak toevertrou om die akademiese personeel verder uit te bou […]

Nuwe dosente versterk Akademia se hande

Nuwe dosente versterk Akademia se hande Gepubliseer op: 16 Januarie 2018 Akademia het oor die laaste ses jaar gegroei tot ʼn dinamiese studietuiste, waar Afrikaanse-studente eersteklas hoër opleiding en opvoeding in ʼn veilige ruimte ontvang. Akademia oortref jaar na jaar verwagtinge en vanjaar is geensins anders nie. Akademia het hulle hande versterk met sewe nuwe […]

Goeie nuus: Aansoeke om by Akademia te studeer sluit eers 19 Januarie 2018

Goeie nuus: Aansoeke om by Akademia te studeer sluit eers 19 Januarie 2018 Gepubliseer op: 9 Januarie 2018 Noudat die 2017-matriekresultate bekend is, en meeste tersiêre onderriginstellings se aansoeke reeds gesluit is, bied Akademia ’n laaste kans vir voornemende studente om vir die 2018 akademiese jaar aansoek te doen om sodoende gehalte, tersiêre opleiding in […]

Mentorskapprogram sorg vir gebalanseerde graduandi

Mentorskapprogram sorg vir gebalanseerde graduandi Gepubliseer op: 14 Desember 2017 Akademia het in November 2017 ʼn mentorskapprogram geloods, met die oog daarop dat studente nie slegs akademies nie, maar ook holisties ontwikkel sodat hulle selfstandige, goed-funksionerende volwassenes sal wees wanneer hulle hul tersiêre studies aan Akademia voltooi. Tydens die inwydingsgeleentheid in November het die eerste […]

Matrieks span hul seile saam met Akademia en Finesse op MSC-bootreis

Matrieks span hul seile saam met Akademia en Finesse op MSC-bootreis Gepubliseer op: 11 Desember 2017 Matrieks van 2018 kan ophou wonder waarheen om vir matriekvakansie te gaan – die antwoord is sonder twyfel die #netMATRIEKS-bootreis op ʼn luukse MSC-skip vir ʼn eiland-avontuur! Finesse-tydskrif bied van 2018 af die #netMATRIEKS-bootreis in samewerking met Akademia aan. […]

Akademia stel die ‘Jou loopbaan’-videoreeks bekend

Akademia stel die ‘Jou loopbaan’-videoreeks bekend Gepubliseer op: 5 Desember 2017 BCom Ondernemingsbestuur: ’n student, die programbestuurder en ’n kenner vertel Akademia bied ʼn insiggewende reeks video’s met die titel ‘Jou Loopbaan: Akademia 101’ aan, wat die verskillende kwalifikasies in aanbod in ‘n neutedop aan voornemende studente bekend stel. Die eerste program aan die beurt […]

Verlengde registrasieperiode en opedag vir voornemende studente

Verlengde registrasieperiode en opedag vir voornemende studente Gepubliseer op: 30 November 2017 Voornemende studente wat in 2018 by Akademia wil studeer, het nou tot 19 Januarie 2018 kans om vir ʼn volwaardige graad, hoër sertifikaat of diploma te registreer, sowel as aansoek om rentevrye studielenings te doen. Daar word ook op 13 Januarie 2018 opedag […]

Studenteraad 2018 vuur en vlam vir volgende jaar

Studenteraad 2018 vuur en vlam vir volgende jaar Gepubliseer op: 24 November 2017 Nege van Akademia se studente is vuur en vlam om in 2018 as studenteraadslede hul medestudente by te staan en hul merk te maak. Dié studente, wat by verskillende studiesentrums regoor die land klas draf – van Centurion en Vanderbijlpark tot Somerset-Wes […]