*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Fontie-Marlouise swem medaljes los en droom groot oor die toekoms

Fontie-Marlouise swem medaljes los en droom groot oor die toekoms Gepubliseer op:  14 April 2026 Suid-Afrika spog met wêreldklas swemsterre wat gereeld op internasionale vlak presteer. Van die bekendste name sluit in Olimpiese kampioene Tatjana Smith (gebore Schoenmaker) en Chad le Clos, asook opkomende talent soos Pieter Coetzé en Matthew Sates, wat groot sukses in […]

Alumni-uitblinkerstoekenning: ʼn Trotse viering van vorming, toewyding en impak

Alumni-uitblinkerstoekenning: ʼn Trotse viering van vorming, toewyding en impak Gepubliseer op:  9 April 2026 Akademia se alumni-gemeenskap verteenwoordig méér as net ʼn dinamiese groep afgestudeerde Fonties*. As goed opgeleide beroepslui, gemeenskapsbouers en draers van hoop lewer hulle daagliks ʼn kragtige getuienis dat hul alma mater se vormingsimpak nie by die blote verwerwing van ʼn kwalifikasie […]

My pad sonder sig, maar vol passie en drome – Fontie-Elandri

My pad sonder sig, maar vol passie en drome – Fontie-Elandri Gepubliseer op:  2 April 2026 Elandri (Lannie) Harmse (20) en haar gidshond, Yves, is bekende gesigte op Akademia se Pretoria-kampus. Dié tweedejaar-Fontie*, wat in 2024 aan die Hoërskool Prinshof gematrikuleer het, jaag passievol haar studiedroom en toekomsideale na en dien as ʼn groot inspirasie […]

Akademia-studieaansoeke vir 2027 is oop: Lê nou jou eerste toekomsbousteen neer

Akademia-studieaansoeke vir 2027 is oop: Lê nou jou eerste toekomsbousteen neer Gepubliseer op:  1 April 2026 Die toekoms hoef nie ʼn onbekende en selfs gevreesde plek te wees nie. Net só is dit nie iets waaraan daar eers môre gedink moet word nie. Akademia, as onafhanklike hoëronderwysinstelling, huldig die siening dat die toekoms ʼn werklikheid […]

Akademia bou internasionale brûe tydens tweede EBW- Internasionale Week

Akademia bou internasionale brûe tydens tweede EBW- Internasionale Week Gepubliseer op:  27 Maart 2026 Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) het vanjaar vir die tweede keer Akademia se EBW- Internasionale Week vanaf 23 tot 27 Maart aangebied. Dié inisiatief is daarop gemik om studente se entrepreneuriese probleemoplossingsvaardighede in ʼn internasionale én praktiese konteks te […]

Van pionierstudent tot senior e-leerleier: alumnus-Nikita se Akademia-storie

Van pionierstudent tot senior e-leerleier: alumnus-Nikita se Akademia-storie Gepubliseer op:  25 Maart 2026 Wanneer ʼn mens vandag na Akademia se groei en uitgebreide impaksfeer kyk, is dit maklik om te vergeet van dié instelling se nederige beginjare. Vir Nikita van der Walt (37), een van Akademia se vroegste studente en een van die eerste Fonties* […]

Die NP van Wyk Louw-sentrum is ook ʼn intellektuele tuiste vir alumni

Die NP van Wyk Louw-sentrum is ook ʼn intellektuele tuiste vir alumni Gepubliseer op:  24 Maart 2026 As deel van die klassieke universiteittradisie waarin Akademia homself vestig, is die fokus om doelgerig studente op te voed deur hul denke én hart te vorm. Hierdie vorming is nie net van toepassing op ʼn uitnemende beroepslewe nie, maar ook op volwaardige burgerskap.  Sodoende streef Akademia daarna […]

Akademia se dinamiese alumni-netwerk verteenwoordig ʼn fundamentele toekomsboublok

Akademia se dinamiese alumni-netwerk verteenwoordig ʼn fundamentele toekomsboublok Gepubliseer op:  24 Maart 2026 Geskryf deur Monica Mynhardt, voorsitter van Akademia se alumni-komitee  Die bou van ʼn toekoms gekenmerk deur die ware, goeie en skone is nie ʼn toevallige proses nie, maar ʼn doelbewuste handeling wat berus op bepaalde fundamentele boustene. Soos Akademia se jaartema, Boustene […]

Jong werkende, laat só die nuwe belastingvoordele vir jou werk

Jong werkende, laat só die nuwe belastingvoordele vir jou werk Gepubliseer op:  23 Maart 2026 Geskryf deur Nikki Kennedy, dosent: Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe en ervare belastingspesialis Die nasionale begrotingsrede wat op 25 Februarie 2026 ter tafel gelê is, bring goeie nuus vir belastingbetalers, meer nog vir jong werkendes wat reeds doelgerig vir hul toekoms […]

Akademia-alumnus Christian Heuer: van ʼn onsekere begin na ʼn besliste toekomsvisie

Akademia-alumnus Christian Heuer: van ʼn onsekere begin na ʼn besliste toekomsvisie Gepubliseer op:  19 Maart 2026 Op 27-jarige ouderdom staan Akademia-alumnus, Christian Heuer, reeds stewig geanker in sy beroep én sy gemeenskap. Meer nog, dié boorling van Warmbad in die Limpopo-provinsie ontsluit die toekoms vir homself een Akademia-kwalifikasie ná ʼn ander en versinnebeeld só sy […]

Elisma Boshoff – ʼn Akademia-alumnus met ʼn roeping vir geregtigheid

Elisma Boshoff – ʼn Akademia-alumnus met ʼn roeping vir geregtigheid Gepubliseer op:  18 Maart 2026 Vir Akademia-alumnus, Elisma Boshoff (24), was haar LLB-studiereis méér as net nóg ʼn akademiese doelwit wat sy suksesvol nagestreef het. Dit was ʼn doelbewuste keuse – een wat diep gewortel is in haar Christelike waardes, haar liefde vir Afrikaans en […]