*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 8 Mei 2026
Met die aankondiging van Letitia Franck as die tweede ontvanger van Akademia se gesogte Alumni-uitblinkerstoekenning, word die kalklig opnuut geskyn op die instelling se alumni. Meer só hul verhale van hoop, diensbaarheid en gemeenskapsverbondenheid. Dié toekenning is op Woensdag 6 Mei 2026 tydens die jaarlikse prestigefunksie in Pretoria oorhandig.
Hierdie toekenning het dit ten doel om alumni te vereer wat die instelling se vormingsideaal uitleef in hul daaglikse handel en wandel. Volgens Mareli Swanepoel, bestuurder: Institusionele projekte en ondernemings, is die toekenning ʼn hoogtepunt op Akademia se alumni-gebeurlikheidskalender en spreek dit tot die dinamiese aard van die instelling se groeiende alumni-gemeenskap. Sy beklemtoon voorts dat dié gemeenskap nie nét bloot as afgestudeerde studente gehuldig word nie, maar ook as voorstelinie ambassadeurs van hoop en vernuwing in hul beroepe, gemeenskappe en ander invloedsfere.
Ná afloop van vanjaar se nominasieproses – waartydens die gemeenskap (wat ook professionele netwerke insluit) uitgenooi is om inspirerende alumni te nomineer – is vyf *finaliste aangewys:
Letitia Franck, entrepreneur en sweminstrukteur
ʼn Akademia-paneel bestaande uit Liana van Rooy (registrateur), dr. Heleen Coetzee (hoof: Studentesake), Swanepoel en Monica Mynhardt (voorsitter: Alumni-komitee) is gevolglik die moeilike taak opgelê om ʼn wenner aan te wys.
Só skyn genomineerdes se impak deur
In sy nominasie is Kruger geloof vir die passie, toewyding, deursettingsvermoë en werksetiek wat hy, as jong regspraktisyn, openbaar. Sy liefde vir die strafreg is voorts uitgelig, veral wat sy ferm maar deernisvolle aanslag tot dié spesialisrigting betref. As oud-Fontie het Kruger nie minder nie as drie kwalifikasies aan sy alma mater verwerf, naamlik die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde, BCom (Ekonomie en Regte) en LLB.

McMasters het in 2023 haar LLB-kwalifikasie verwerf en is tans besig met haar klerkskap binne die litigasieveld. In haar nominasie is haar toewyding tot die bevordering van reg en geregtigheid, deur haar professionele optrede en doeltreffende leierskap, uitgesonder. Dié oud-Fontie is voorts geloof vir haar veerkragtigheid en innerlike sterkte ten midde van uitdagende omstandighede. Laasgenoemde verwys onder meer na ʼn voorval van gewapende roof waartydens McMasters en ʼn medekollega die slagoffers was.

Booyens, ʼn voormalige studenteraadsleier (SR), se nominasie vertel die verhaal van iemand met ʼn diepe sin vir diensbaarheid. As au pair vir ʼn jong dogtertjie met ʼn seldsame immuunsiekte het sy ʼn onmisbare steunpilaar vir die gesin geword en haar rol met empatie, liefde en onwrikbare toewyding vervul. Haar vermoë om selfs in emosioneel veeleisende omstandighede hoopvol, sagmoedig en standvastig te bly, spreek duidelik uit haar lewenswandel. Booyens het ʼn Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie– asook ʼn BCom (Ekonomie en Regte)-kwalifikasie aan Akademia verwerf.

Meer oor die wenner
Franck (39) het die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie in 2023 voltooi en is tans ʼn derdejaarstudent in die LLB-program by wyse van die instelling se nauurse afstandsmodel. Sy kombineer haar akademiese strewe met ʼn veeleisende professionele lewe as entrepreneur, die eienaar van ʼn naskoolsentrum en sweminstrukteur – alles terwyl sy as toegewyde enkelouer van twee kinders ʼn blywende verskil in haar gemeenskap maak. Franck is veral passievol oor kinders en bewerk daagliks ʼn tasbare verskil in die lewe van kwesbare kinders en gesinne.
As ʼn aktiewe lid van die burgerregteorganisasie AfriForum neem Franck deel aan inisiatiewe soos infrastruktuurverbeteringsprojekte en die bevordering van gesonde en veilige gemeenskappe op welke wyse moontlik. Sy besig haarself ook met die insameling van noodsaaklike skenkings en donasies vir plaaslike kinderhuise. Soos sy self tereg sê: “Kinders is die toekoms en verdien te alle tye net die beste – en dit is vir my ʼn seën en ʼn voorreg om ʼn verskil te kan maak.”
Franck se sukses beklemtoon die feit dat ouderdom én omstandighede nie bepalend is nie, veral wat die verwesenliking van studiedrome betref. Haar roepingsgedrewe diensbaarheid, dapperheid en geloof in die toekoms het ʼn blywende impak tot gevolg. Haar boodskap is eenvoudig, maar kragtig: Jy is nie jou omstandighede nie – daar is altyd hoop en jy kan ʼn daadwerklike verskil maak daar waar jy geplant is.

Alumni vervul ʼn betekenisvolle rol
Volgens Monica Mynhardt, voorsitter van Akademia se alumni-komitee, getuig die besonderse prestasies en impak van die finaliste nie nét van hul onverskrokke verbintenis tot uitnemendheid nie. Sy meen dat dit ook ʼn kragtige weerspieëling is van hul waardegedrewe leierskap, integriteit en toewyding wat die instelling in sy alumni koester.
“Ons finaliste se unieke bydraes in hul onderskeie velde spreek luid en trots van die instelling se vormingsideaal en die praktiese vergestalting daarvan. Dit bied voorts inspirasie aan die breër Akademia-alumnigemeenskap,” sê Mynhardt. Sy sluit af deur te sê dat dié toekenning die betekenisvolle rol wat alumni speel in die bou van ’n sterker samelewing en ʼn volhoubare toekoms vergestalt.
*Hou Akademia se webblad dop vir profielartikels oor al die finaliste en die wenner.
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.