*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Jaarlikse skakeltoer voer Fontie-leiers weg op ʼn reis van selfontwikkeling

Gepubliseer op:  8 Mei 2026

ʼn Afvaardiging van Akademia se studenteleiers van die Pretoria-kampus, bestaande uit lede van die studenteraad (SR) en koshuishoofleiers, het vanaf 29 April tot en met 5 Mei 2026 aan ʼn landswye skakeltoer deelgeneem. Hierdie toer, die tweede van sy soort by die instelling, het aan deelnemende studente blootstelling gebied aan ʼn verskeidenheid hoëronderwysinstellings in onder meer Potchefstroom, Bloemfontein, Orania en die Paarl. Die instellings en besienswaardighede waarby daar besoek afgelê is sluit in die Noordwes-Universiteit, die Landboukollege Vrystaat, Bo-Karoo Opleiding, die Universiteit Stellenbosch, Akademia se Paarl-kampus en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument.

Benewens die waardevolle skakelgeleenthede het die toer ook as ʼn doelbewuste ontwikkelingsplatform gedien waar leierskapsvaardighede, karaktervorming en die uitbouing van betekenisvolle netwerke sentraal gestaan het. Op hierdie manier gee Akademia gestalte aan sy strewe om Fonties* as roepingsgedrewe, goedgevormde leiers en gemeenskapslede vir die toekoms toe te rus.*

Volgens dr. Heleen Coetzee, hoof: Studentesake by Akademia, is die skakeltoer ontwerp om studenteleiers se perspektiewe te verbreed, nie slegs ten opsigte van hul eie kampuskultuur en -tradisies nie, maar óók rondom die uiteenlopende maniere waarop leierskap en gemeenskapsverbondenheid elders vorm aanneem. In die lig hiervan dien die toer as ʼn besonder waardevolle ontwikkelingsplatform wat netwerkvorming, die smee van nuwe vriendskappe en die verkenning van toekomstige samewerkingsgeleenthede met ander hoëronderwysinstellings en studentestrukture betref.

Coetzee verduidelik voorts dat alle opleidingsgeleenthede strategies vanuit Akademia se vormingsideaal benader word, met die oog daarop om leiers nie net intellektueel (denke) nie, maar ook emosioneel (hart) vir hul toekomsroeping en diensbare gemeenskapstoetrede toe te rus.

Die skakeltoer het die volgende ontwikkelingsdoelwitte ten doel:

  • die verdieping van elke deelnemende student se leierskapservaring;
  • die bevordering van introspeksie, persoonlike groei en karaktervorming;
  • inspirasie tot groter leierskapstoewyding; en
  • ʼn verskerpte sin van persoonlike verantwoordelikheid.

“Die skakeltoer, wat ʼn besliste en betekenisvolle tradisie in die toerusting van Fontie-studenteleiers is, gaan oor soveel méér as net ʼn geografiese reis. Dit versinnebeeld vir elke studenteleier ʼn reis van persoonlike groei, identiteit en bowenal visie,” verduidelik Coetzee. Sy sluit af deur te sê dat sy en haar span opgewonde is oor die toekomspotensiaal wat op hierdie manier ontsluit word.

*Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Dié eienaam is afgelei uit die instelling se leuse, ad futurum per fontes – vanuit die bronne na die toekoms.

ʼn Afvaardiging van Akademia se studenteleiers van die Pretoria-kampus het vanaf 29 April tot 5 Mei 2026 ʼn landswye skakeltoer onderneem. Dié toer verteenwoordig ʼn betekenisvolle tradisie in die toerusting van Fontie-studenteleiers en word jaarliks aangepak.
Tydens die skakeltoer het Fontie-studenteleiers by verskeie instellings aangedoen, waaronder die Noordwes-Universiteit en die Landboukollege Vrystaat.
Die jaarlikse skakeltoer het dit ten doel om nie net deelnemende studente se leierskapsvaardighede te verskerp nie, maar ook om waardevolle netwerke en vriendskappe met mekaar en ander lede van die Suid-Afrikaanse hoëronderwyslandskap te smee.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.