*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 7 Mei 2026
Akademia het op Woensdag 6 Mei 2026 sy kenmerkende skemerblou tapyt uitgerol ter viering van die instelling se sewende akademiese prestigefunksie. Dié geleentheid is by die Fairtree Atterbury Teater in Pretoria aangebied en ouers, Fonties, personeel en alumni het van heinde en verre gereis om die viering – ʼn jaarlikse hoogtepunt op die instelling se gebeurlikheidskalender – by te woon.
Liana van Rooy, registrateur van Akademia, het in haar verwelkoming die gees van die prestigefunksie opgesom deur te sê dat die geleentheid nie nét oor die toekenning van pryse gaan nie, maar eerder ʼn grootse viering van akademiese uitnemendheid is. Hierdie viering vind volgens Van Rooy plaas binne die groter geheel waaraan elke lid van instelling deel het. “By Akademia staan geen prestasie ooit op sy eie nie; dit is altyd deel van iets wat oor tyd gebou en gekoester word,” sê Van Rooy. Sy voeg by dat die instelling se jaartema, Boustene vir ons toekoms, in hierdie konteks ʼn besonderse aanklank vind.
Meer as 80 toekennings is tydens die geleentheid oorhandig, en volgens Van Rooy getuig elke toekenning van ʼn dieper waarheid, naamlik die stewige grondslag waarop elke toppresteerder doelgerig voortbou. Hierdie grondslag sluit die instelling se klassieke Christelike aard, sy onafhanklike karakter en sy roeping as hoëronderwysinstelling vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe in.
Op sy beurt sê Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, dat dit in die instelling se veertiende bestaansjaar uit die groot gros toppresteerders duidelik is dat daar aan méér as net ʼn wêreldklas instelling gebou word. “Daar word passievol gebou aan ʼn vrye en hoopvolle toekoms, gegrond in dit wat goed, waar en mooi is. Wanneer ons vir ʼn oomblik stilstaan om saam fees te vier, doen ons dit nie nét om prestasie te erken nie, maar ook om toekomsgedrewe te besin oor dit wat ondersteunend is tot hierdie uitnemendheid. Laasgenoemde sukses is nooit toevallig nie, maar eerder die vrug van toewyding, ondersteunende ouerhuise, families en gemeenskappe en ʼn instelling wat doelbewus belê in gehalteprogramme, roepingsgedrewe personeel en uitnemende onderrig,” sê Visser.
Toppresteerders ontlok luide Akademia-applous
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Anél van Tonder, Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
Angeline Wepener, Gevorderde Diploma in Projekbestuur
Christa Joubert, Nagraadse Diploma in Belasting
Corlia Bekker, BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)
Dané Visser, BCom (Ondernemingsbestuur)
Dénean Nel, BComHons (Ondernemingsbestuur)
Helmien Bezuidenhout, Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
Pierre van Niekerk, Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde
Tanike van Graan, BCom (Ekonomie en Regte)
Vian de Blanché, BCom (Finansiële Beplanning)
Wendy Pottas, BCom (Bestuursrekeningkunde)
Fakulteit Regsgeleerdheid
Bernice Smit, LLB
Fakulteit Geesteswetenskappe
Emma Lotriet, BA (Kommunikasie en Joernalistiek)
Miné Hermann, BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
Fakulteit Natuurwetenskappe
Phillip van Staden, BSc (Rekenaarwetenskappe)
Fakulteit Opvoedkunde
Marnie van der Westhuizen, BEd (Intermediêre Fase-onderwys)
Marné Clase, Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
Shani Prinsloo, BEd (Grondslagfase-onderwys)
Personeel vereer vir akademiese groei en navorsingsbydraes
Die Futurum-toekennings word sedert 2019 jaarliks toegeken aan Akademia-personeellede wat ʼn belangrike akademiese mylpaal bereik het deur hul doktorale studie te voltooi.
Die toekenning se naam spruit uit Akademia se leuse, ad futurum per fontes. Hierdie leuse – wat losweg as “vanuit die bronne na die toekoms” vertaal kan word – dui daarop dat die instelling deur sy aansluiting by klassieke bronne ook toekomsgerig is. Dit dra voorts die besondere betekenis van ʼn ywer vir lewenslange leer.
Hierdie dinamiese toekomsgerigtheid dra dan ook die besondere betekenis van ʼn ywer vir lewenslange leer. Deur hierdie prestasie dra die ontvangers nie net tot hul eie vakgebiede by nie, maar versterk hulle ook Akademia se akademiese gemeenskap en navorsingskultuur.
Zydèlia Venter, Philosophiae Doctor met spesialisasie in Kommunikasiebestuur (Universiteit van Pretoria)
Alumni-uitblinkerstoekenning vir die tweede keer toegeken
Die Alumni-uitblinkerstoekenning is in 2025 vir die eerste keer toegeken. Vanjaar se wenner, Letitia Franck, versinnebeeld die wese van dié toekenning deur haar diensbaarheid, deernis, deursettingsvermoë en hoopvolle toekomsgerigtheid.
As ʼn toegewyde enkelouer van twee kinders, verweef Franck ʼn veeleisende akademiese en professionele lewe met ʼn diepe verbondenheid tot haar gemeenskap. Sy is veral passievol oor kinders en bewerk daagliks – by wyse van haar entrepreneuriese aktiwiteite en gemeenskapsbetrokkenheid ʼn tasbare verskil in die lewe van kwesbare kinders en gesinne.




Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.