Search
Close this search box.

Akademia is bedrywig in die Wes-Kaap

Akademia is bedrywig in die Wes-Kaap Gepubliseer op: 22 Oktober 2024 Akademia se gebeurlikheidskalender vir die Wes-Kaap is propvol en daar heers groot opgewondenheid oor elkeen van hierdie gebeurlikhede, veral in die lig van die instelling se voorgenome uitbreiding na dié streek. Dié aankondiging is vroeër vanjaar gemaak, en daar word sedertdien hard aan die […]

Akademia-driekuns vir die Kriel-trio van Pretoria

Akademia-driekuns vir die Kriel-trio van Pretoria Gepubliseer op: 16 Oktober 2024 Om sáám te groei en die toekoms hoopvol tegemoet te stap is nie net Akademia se roepingstaak nie, maar ook die goue draad wat deur die lewe van die Kriel-gesin van Pretoria loop. Laasgenoemde word beaam deur die feit dat ma Mariana, dogter Nikkie […]

Akademia-alumnikomitee: Oud-Fonties vat voor as ambassadeurs

Akademia-alumnikomitee: Oud-Fonties vat voor as ambassadeurs Gepubliseer op: 11 Oktober 2024 By Akademia is studentwees méér as net jou studie. Dit is ʼn bruisende lewensfase waar jy tuis voel, lewenslange vriendskappe en netwerke vorm, pret ervaar, én roepingsgedrewe aan ʼn vrye toekoms bou. Gedagtig hieraan streef die instelling daarna om doelgerig en voortdurend sy verbondenheid […]

Stories, gewoontes en gedrag: Só onderskei jy jouself in die werksplek

Stories, gewoontes en gedrag: Só onderskei jy jouself in die werksplek Gepubliseer op: 29 Augustus 2024 Hoe onderskei jy jouself in die werksplek? Die vraag klink maklik genoeg, maar volgens dr. Jannet Davel, hoof: Personeel en Ontwikkeling by Akademia behels die antwoord veel méér as net ʼn brokkie advies wat lui: “… maak seker jy […]

Akademia-alumnus: Só rus kwalifikasie my toe vir impak in die werksplek

Akademia-alumnus: Só rus kwalifikasie my toe vir impak in die werksplek Gepubliseer op: 30 Julie 2024 Akademia-alumnus, Linrico van Veenhuyzen (23) van Eldoraigne in Centurion, staan sy plek as finansiële adviseur met selfvertroue vol en is opgewonde oor wat sy toekoms in die finansiëlebeplanning- en bestuursektor vir hom inhou. Van Veenhuyzen, ʼn oudleerling van die […]

Akademia-alumni – ʼn pêrel in hul alma mater se kroon

Akademia-alumni – ʼn pêrel in hul alma mater se kroon Gepubliseer op: 3 Julie 2024 Om ʼn kwalifikasie by Akademia te verwerf verteenwoordig ʼn besonderse hoogtepunt in enige Fontie se lewensreis. Die oomblik wanneer jy trots oor die verhoog stap ná die suksesvolle voltooiing van ʼn kwalifikasie, vorm jy deel van dié instelling se uitgebreide […]

Akademia-kwalifikasieplegtigheid: ʼn Viering van groei en akademiese uitnemendheid

Akademia-kwalifikasieplegtigheid: ʼn Viering van groei en akademiese uitnemendheid Gepubliseer op: 11 April 2024 Akademia se kwalifikasieplegtigheid is in wese ʼn simboliese erkenning van ʼn nuwe geslag denkleiers, praktykkundiges, kunstenaars, wetenskaplikes en entrepreneurs. Kortom: ʼn geleentheid waar die doeners van more na vore tree om hul regmatige plek as rentmeesters van volhoubaarheid, innovasie en vooruitgang in […]

Mentors dien as rigtingwysers op die pad na sukses en loopbaanvervulling

Mentors dien as rigtingwysers op die pad na sukses en loopbaanvervulling Gepubliseer op: 25 Oktober 2023 Geskryf deur dr. Rachel Maritz, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by Akademia. Die lewe is voorwaar ʼn reis en hierdie avontuur word gekenmerk deur verskeie fases waarin jy verskillende titels aanneem. Dink ʼn bietjie hieroor na. Ná […]

Die ja en nee van effektiewe tydsbestuur

Die ja en nee van effektiewe tydsbestuur Gepubliseer op: 25 Oktober 2023 Geskryf deur dr. Mandie Dubery, maatskaplike werker verbonde aan Studentesake by Akademia. Gegewe die snelle pas waarteen die lewe gebeur is tydsbestuur ʼn onontbeerlike vaardigheid veral vir jong werkendes wat aan die begin van hulle professionele loopbaanreis staan.  Effektiewe tydbestuur fokus daarop om […]

Hanteer só kritiek in die werksplek

Hanteer só kritiek in die werksplek Gepubliseer op: 23 Oktober 2023 Geskryf deur Paul Smit, Akademia-studentesake: Strategiese ontwikkeling Die woord “kritiek” word alom as negatief ervaar. Dit mag wees omdat kritiek dit onder andere ten doel het om kommentaar te lewer oor iemand se standaard van werk. Om dié rede is mense geneig om verdedigend […]

Akademia-posteportaal: Hier ontmoet Fonties en werkgewers mekaar

Akademia-posteportaal: Hier ontmoet Fonties en werkgewers mekaar Gepubliseer op: 3 Oktober 2023 Daar is ʼn gesegde in die wêreld van werk wat lui dat ʼn persoon se professionele netwerk sy of haar netto waarde in die korporatiewe sektor verteenwoordig. Nêrens is dié insig meer van toepassing as in die loopbaanontwikkeling van ʼn student of jong […]

Akademia is die ware noord op my loopbaanreis sê alumnus

Akademia is die ware noord op my loopbaanreis sê alumnus Gepubliseer op: 20 September 2023 Akademia-alumnus, Ernst Visagie, kan heelhartig daarvan getuig dat die pad na beroepsukses nie altyd duidelik gekarteer is nie. Die reis na beroepsvervulling en -sukses word dikwels gekenmerk deur onverwagte kronkelpaaie en onervare terreine. Visagie is dit egter eens dat sy […]

Leierskap in die werkplek: invloed, integriteit en identiteit

Leierskap in die werkplek: invloed, integriteit en identiteit Gepubliseer op: 25 Julie 2023 Geskryf deur Paul Smit, Akademia-studentesake: Strategiese ontwikkeling Leierskap kan op verskeie maniere gedefinieer word en as sodanig het hierdie artikel dit nie ten doel om diesulke definisies te bespreek nie. Inteendeel, ek wil by wyse van hierdie skrywe graag die aard van […]

Werk vinniger en slimmer danksy KI-tegnologie

Werk vinniger en slimmer danksy KI-tegnologie Gepubliseer op: 25 Julie 2023 Geskryf deur Mareli Swanepoel, bestuurder: Projekte by Akademia. Kunsmatige intelligensie (KI) blyk die gonswoord van die oomblik te wees. Indien jy, soos soveel ander mense, skepties is oor die impak van hierdie slimtegnologie en bekommerd is dat kletsbotte eersdaags die wêreld van werk gaan […]

Skryf só ʼn wen CV

Skryf só ʼn wen CV Gepubliseer op: 25 Julie 2023 Geskryf deur dr. Jannet Davel, hoof van Personeel en Ontwikkeling by Akademia. In die rolprent We Bought a Zoo is daar ʼn toneel waar Benjamin Mee sê: “You know, sometimes all you need is twenty seconds of insane courage. Just literally twenty seconds of just […]