*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 2 Julie 2026
In ʼn snelveranderende werkswêreld verteenwoordig ʼn naskoolse kwalifikasie nie meer die eindpunt van leer nie, maar eerder ʼn grondslag waarop daar doelgerig voortgebou moet word. Nuwe tegnologieë, veranderende markbehoeftes en toenemende spesialisering vereis van professionele persone om voortdurend hul kennis en vaardighede te verfyn. Gedagtig hieraan speel kortkursusse ʼn toenemend belangrike rol – nie net wat vaardigheidsverfrissing betref nie, maar ook voortgesette professionele ontwikkeling.
Akademia se kortkursusplatform, Akademia et al. bied praktykgerigte en insiggewende kortkursusse oor ʼn verskeidenheid akademiese dissiplines aan individue en/of organisasies en help om só die hoeksteen van volhoubare professionele groei neer te lê. Lede van die instelling se alumni-gemeenskap word aangemoedig om hulself by wyse van kortkursusse toe te rus en geniet daarom ʼn 20%-korting op Akademia et al.-kortkursusse.
Volgens Marali Snyman, koördineerder: Akademia et al., lê die waarde van voortgesette leer daarin opgesluit dat dit jong werkendes se relevantheid, mededingendheid én aanpasbaarheid in die werksplek verhoog. Nóg ʼn waardevolle voordeel van kortkursusse afhandel, is dat dit nie saamgaan met die intensiewe tyd- en finansiële verbintenis wat met die voltooiing van ʼn bykomende kwalifikasie gepaardgaan nie. “Waar formele kwalifikasies oor ʼn langer tydperk ʼn stewige akademiese grondslag en diepgaande vakkennis bied, fokus kortkursusse dikwels op spesifieke, praktiese vaardighede wat onmiddellik toegepas kan word. Omdat hierdie kursusse vinniger ontwikkel en aangepas kan word, sluit dit nou aan by nuwe tendense en die werklikhede van die dinamiese werksomgewing,” verduidelik Snyman.
ʼn Brug na nuwe geleenthede
Kortkursusse speel voorts ook ʼn belangrike rol in loopbaanverandering of -herposisionering. Vir alumni wat hul professionele fokus wil verskuif, deur byvoorbeeld van ʼn administratiewe rol na ʼn projekbestuursrol wil beweeg, bied ʼn gerigte kortkursus ʼn toeganklike manier om nuwe kennis te verwerf en selfvertroue te bou. Só slaan kortkursusse ʼn brug tussen waar iemand hulself tans bevind en waar hulle graag professioneel wil wees.
Snyman verduidelik dat elke kortkursus uit ʼn unieke kombinasie van praktiese vaardighede en toegepaste akademiese kennis beskik. Die waarde hiervan lê daarin dat deelnemers dikwels reeds die volgende dag dit wat hulle geleer het in die werksplek kan begin toepas tot voordeel van hul organisasie én hul eie loopbaanontwikkeling.
Buigsaamheid wat by jou pas aansluit
Alumni bevind hulself in uiteenlopende lewens- en loopbaanfases, met verskillende verantwoordelikhede en beskikbare tyd. In die lig hiervan is buigsame leeropsies van kardinale belang. Sommige deelnemers verkies volgens Snyman die struktuur en netwerkgeleenthede van persoonlike byeenkomste, terwyl ander die gerief van aanlyn of selfgerigte leer waardeer. Hierdie buigsaamheid maak dit moontlik om voort te leer sonder om werk- of gesinsverpligtinge prys te gee.
ʼn Belegging wat in waarde groei
Kennis en vaardighede is van die min bates wat mettertyd in waarde toeneem. Deur in hul eie ontwikkeling te belê, verhoog alumni hul vermoë om nuwe geleenthede raak te sien, groter verantwoordelikhede te aanvaar en meer waarde in hul organisasies te ontsluit. Kortkursusse is daarom nie bloot net nóg ʼn finansiële uitgawe nie, maar eerder ʼn strategiese belegging in toekomstige groei, werksekerheid en persoonlike vervulling.
Onbegrensde geleenthede
Volgens Snyman word daar hard agter die Akademia et al.-skerms gewerk aan intensiewe marknavorsing om ʼn selfs wyer reeks kortkursusse te ontwikkel wat spesifiek die huidige én toekomstige behoeftes van alumni sal kan vervul. Die doel is om leergeleenthede te bied wat nie net vandag se uitdagings doelgerig die hoof bied nie, maar ook deelnemers voorberei vir die toekoms. Hou dus gerus hierdie spasie dop.
Snyman sluit af deur alumni uit te daag om hulself persoonlik en professioneel in voortgesette leer te verdiep. “Bly nuuskierig, hou aan leer en maak seker dat jy nooit ophou groei nie,” sê Snyman.
Verken Akademia et al. se kortkursusse deur die webblad te besoek. Belangstellendes kan ook op dié kortkursusplatform se nuusbrief inteken.

Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.