Daai kleindorpiegevoel: Fonties skitter as solokunstenaars in nuwe musiekvideo

Daai kleindorpiegevoel: Fonties skitter as solokunstenaars in nuwe musiekvideo Gepubliseer op: 2 Oktober 2026 Op die vooraand (2 Oktober 2026) van die eerste opvoering van Akademia se studentemusiekblyspel, Daai kleindorpiegevoel, sorg die bekendstelling van die musiekvideo van “Die verlang-liedjie” vir groot opgewondenheid. Hierdie opgewondenheid is nie beperk tot die instelling self nie, maar die ganse […]
Dit is aanhouer wen vir Akademia-alumnus Ruda Schoeman

Dit is aanhouer wen vir Akademia-alumnus Ruda Schoeman Gepubliseer op: 28 September 2026 Toe Akademia-alumnus, Ruda Schoeman, in haar laaste skooljare oor haar toekoms moes begin besluit, het sy glad nie geweet waarheen sy op pad was nie. Trouens, die keuse van ʼn studierigting het haar só oorweldig dat sy male sonder tal voor haar […]
Akademia Uitgewery gee ʼn nuwe Afrikaanse baadjie aan Die Odusseia

Akademia Uitgewery gee ʼn nuwe Afrikaanse baadjie aan Die Odusseia Gepubliseer op: 16 September 2026 Een van die oudste en invloedrykste verhale in die Westerse literatuur is nou in ʼn toeganklike, hedendaagse Afrikaanse weergawe beskikbaar. Akademia Uitgewery se nuwe uitgawe van Die Odusseia bring Homeros se klassieke verhaal van Odusseus se lang en uitdagende reis […]
Die Odusseia: ʼn Reis deur die klassieke verlede is nou binne almal se bereik

Die Odusseia: ’n Reis deur die klassieke verlede is nou binne almal se bereik Gepubliseer op: 16 September 2026 Die klassieke literatuur het ʼn besondere vermoë om eeue te oorbrug. Die groot werke van die verlede bly immers relevant omdat hulle vrae aan die orde stel waarmee die mens steeds vandag worstel: Wie is ek? […]
Daai kleindorpiegevoel-verhoogproduksie: ontmoet die Fontie-talent

Daai kleindorpiegevoel-verhoogproduksie: ontmoet die Fontie-talent Gepubliseer op: 2 September 2026 By Akademia behels studentwees meer as net lesings, handboeke en eksamen skryf. Dié Afrikaanse studietuiste bied aan studente die geleentheid om lewenslange vriendskappe te smee, vlug te gee aan hul toekomsdrome én boonop in die proses uiting te gee aan hul talente op ʼn eiesoortige […]
Jongerenprojek-deelnemers besoek Akademia se kampusse en versterk só taalbande

Jongerenprojek-deelnemers besoek Akademia se kampusse en versterk só taalbande Gepubliseer op: 21 Augustus 2026 Internasionale deelnemers aan die Jongerenprojek (JP) het in Julie voet aan wal gesit in Suid-Afrika en onder meer tyd by Akademia se kampusse in die Paarl en Pretoria spandeer. Dié gesogte uitruilprogram poog jaarliks om deelnemers ʼn beter begrip te gee […]
Universiteite as méér as net nodes van opleiding

Universiteite as méér as net nodes van opleiding Gepubliseer op: 17 Augustus 2026 Geskryf deur Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia Vir die Afrikaanse gemeenskap is daar min instellings so belangrik soos dié waarin ons kinders en jongmense opgevoed en onderrig word – van die kleuterskool tot die universiteit. Daar word intuïtief verstaan dat hierdie […]
Woordmeesters 2026: Wenners is trotse voorlopers vir Afrikaans

Woordmeesters 2026: Wenners is trotse voorlopers vir Afrikaans Gepubliseer op: 14 Augustus 2026 Die gewag is verby! Ná weke se afwagting is Afrikaanse Taaldag, 14 Augustus 2026, uiteindelik die dag waarop Akademia se woordmeesters vir 2026 aangewys word. As ʼn onafhanklike hoëronderwysinstelling wat Afrikaans as akademiese taal koester, bevorder en uitbou, bied Akademia die jaarlikse […]
Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag: ʼn boek in die hand, en Afrikaans in die hart

Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag: ʼn boek in die hand, en Afrikaans in die hart Gepubliseer op: 14 Augustus 2026 Vrydag 14 Augustus is ʼn dubbeldoortaaldag. Nie nét word Afrikaansdag gevier nie, maar Afrikaanssprekendes word óók aangemoedig om aan die Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag – ʼn inisiatief deur die Vriende van Afrikaans – deel te neem. Laasgenoemde, ʼn afdeling van die ATKV, […]
Taalstudies as ʼn toekomsboublok: ʼn Taal lewe waar mense dit laat leef

Taalstudies as ʼn toekomsboublok: ʼn Taal lewe waar mense dit laat leef Gepubliseer op: 14 Augustus 2026 ʼn Taal het nie longe nie, tog haal dit asem. Dit het nie ʼn hartklop nie, tog bruis dit ononderbroke in die are van die sprekers daarvan. Gedagtig aan Afrikaanse Taaldag, 14 Augustus 2026, vier Akademia opnuut die […]
Afrikaanse Taaldag: Taal word nie nét gebruik nie, maar gelééf

Afrikaanse Taaldag: Taal word nie nét gebruik nie, maar gelééf Gepubliseer op: 14 Augustus 2026 Geskryf deur Jo-Ann Scholtz, senior taalpraktisyn by Akademia Taal het nie longe nie, tog haal dit asem. Net só beskik dit nie oor ʼn hart nie, tog klop dit ononderbroke. Gedagtig hieraan getuig ons maklik: “Taal is lewendig!”, veral op […]
Stilte in die klas? Nee, taalonderrig moet leef, leer en vorm

Stilte in die klas? Nee, taalonderrig moet leef, leer en vorm Gepubliseer op: 12 Augustus 2026 Geskryf deur Chanéll Homann, dosent: Opvoedkundestudies aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde Die klas is stil. Voor die leerders staan ʼn onderwyser wat sy of haar les deeglik beplan en voorberei het: dalk ʼn netjiese PowerPoint-aanbieding, die gebruik van ʼn […]
Akademia se eie Afrikaanse studentemusiekblyspel eersdaags op die planke

Akademia se eie Afrikaanse studentemusiekblyspel eersdaags op die planke Gepubliseer op: 11 Augustus 2026 Akademia maak vanjaar trots sy buiging op die teaterverhoog met die Afrikaanse studentemusiekblyspel, Daai kleindorpiegevoel. Met hierdie opwindende vooruitsig voeg die instelling nie nét ʼn opwindende nuwe hoofstuk tot sy studentelewebelewenis nie, maar laat hy ook die eertydse musiekblyspeltradisie op hoëronderwysvlak […]
Fontie-Aidan: Akademia leer my hoe om krities te dink

Fontie-Aidan: Akademia leer my hoe om krities te dink Gepubliseer op: 3 Augustus 2026 Op die vraag waar Aidan van Heerden (21) – ʼn LLB-derdejaarstudent aan Akademia se Pretoria-kampus – sy skoolloopbaan voltooi het, antwoord hy met ʼn glimlag: “In die tweede kamer links, op die onderste verdieping, van ons huis in Bettiesbaai.” Dié antwoord […]
Woordmeesters 2026: topdeelnemers bult hul taalspiere

Woordmeesters 2026: topdeelnemers bult hul taalspiere Gepubliseer op: 10 Julie 2026 Die finale ronde van Akademia se jaarlikse Woordmeesters-taalkompetisie, in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en Die Papier as mediavennoot, wink. Ná die aanlyn taaltoetse afgehandel is en die deelnemers se puntestand bereken is, word die hoed gelig vir die topdriefinaliste in […]