Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Buitelandse student vertel van studiereis by Akademia

Gepubliseer op: 23 Februarie 2021

Sean Blignaut is ʼn Afrikaanse student wat na Nieu-Seeland verhuis het, maar wat steeds in sy moedertaal wou studeer. Akademia het vir hom die oplossing gebied, en hy is tans besig om sy BCom (Bestuursrekeningkunde)-kwalifikasie deur middel van e-leer by Akademia te voltooi. Akademia het tydens hierdie proeflopie gesien dat e-leer van groot waarde vir buitelandse studente kan wees en daarom word dit in 2021 uitgerol as deel van die nauurse model by Akademia.

Blignaut noem dat sy keuse om by Akademia te studeer gebaseer was op die CIMA-akkreditasie wat hierdie hoëronderwysinstelling se BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad ontvang het. Hy verduidelik verder dat Akademia nie net ʼn keuse was sodat hy in sy moedertaal kon studeer nie, maar ook omdat die werkende student geakkommodeer word ten opsigte van nauurse klasse, aanlyn studente-ondersteuning, asook toegang tot bykomende leermateriaal en studiehulp.

“Dit is ʼn voorreg om in jou moedertaal te kan studeer. Akademia is ʼn baanbreker in Suid-Afrika, en nou ook wêreldwyd, en het vir seker uitgestaan met die ontwrigting wat die Covid-19-pandemie verlede jaar veroorsaak het,” meen Blignaut.

Die tydverskil tussen lande kan soms ʼn uitdaging wees om vanaf die buiteland te studeer, maar kontaksessies by Akademia kan in die gerief van jou eie woning of werksplek plaasvind. Indien die student goeie tydsbestuur toepas, is dit heeltemal haalbaar om klasse volgens Suid-Afrikaanse tyd by te woon. E-leerstudente ontvang toegang tot klasopnames, ondersteuning vanaf dosente, en toegang tot die aanlyn leerbestuurstelsel, genaamd die Spens. Alle assesserings vir buitelandse studente sal ook elektronies of by ʼn sentrale assesseringsentrum geskied.

“Ek sal Akademia aan enige iemand wat in Afrikaans wil studeer aanbeveel wat in die buiteland is.” As gevolg van die pandemie kon vele internasionale studente nie terugkeer na hul universiteite nie en moes hul studies opgee. Ander akademiese instellings moes toe ook eers stelsels in werking kry om hul studente te kan akkommodeer. “Ek is so bly vir Akademia se werk en visie,” sê Blignaut.

Hier is die kwalifikasies wat buitelandse studente by Akademia kan studeer:

 

Wil jy uitstaan in jou veld en steeds vanaf die buiteland in Afrikaans studeer? Akademia het die antwoord vir jou. Jy het die kans om in jou moedertaal te studeer terwyl jy in die buiteland woon en werk. Doen gerus vandag aansoek vir ʼn gehalte kwalifikasie by Akademia. Aansoeke vir studies in 2021 sluit 12 Maart. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting of rig navrae aan navrae@akademia.ac.za. Jou loopbaanreis begin hier.

Sean Blignaut, buitelandse Akademia-student.