Akademia-inligtingsessies: Ontdek hoe werk en studie hand aan hand kan loop

Akademia-inligtingsessies: Ontdek hoe werk en studie hand aan hand kan loop Gepubliseer op: 7 September 2026 Die keuse om ná skool of ná ʼn eerste kwalifikasie verder te studeer, hoef nie te beteken dat jy jou werk, inkomste of ander verantwoordelikhede moet prysgee nie. Met die regte onderrigleermodel kan studie en werk juis hand aan […]
Werk én studeer in 2027? Só kan jy dit bekostig

Werk én studeer in 2027? Só kan jy dit bekostig Gepubliseer op: 2 September 2026 Om te studeer hoef nie noodwendig te beteken dat jy jou werk, inkomste óf ander belangstellings moet prysgee nie. Akademia se nauurse afstandsmodel bied aan werkende studente die geleentheid om nauurs én oor afstand te studeer terwyl hulle terselfdertyd waardevolle […]
Daai kleindorpiegevoel-verhoogproduksie: ontmoet die Fontie-talent

Daai kleindorpiegevoel-verhoogproduksie: ontmoet die Fontie-talent Gepubliseer op: 2 September 2026 By Akademia behels studentwees meer as net lesings, handboeke en eksamen skryf. Dié Afrikaanse studietuiste bied aan studente die geleentheid om lewenslange vriendskappe te smee, vlug te gee aan hul toekomsdrome én boonop in die proses uiting te gee aan hul talente op ʼn eiesoortige […]
Akademia-sakeplankompetisie: wenpreneurs beïndruk met hul passie en sakevernuf

Akademia-sakeplankompetisie: wenpreneurs beïndruk met hul passie en sakevernuf Gepubliseer op: 28 Augustus 2026 Akademia het op Donderdag 27 Augustus 2026 die wenners van sy gewilde jaarlikse sakeplankompetisie, ʼn opwindende inisiatief vanuit die instelling se BCom (Ondernemingsbestuur)-program, aangewys. Dié wenners is tydens ʼn galageleentheid by die instelling se Leriba-kampus aangekondig en die aand se applous het […]
Akademia-dosent se reis deur die wêreld van STEM

Akademia-dosent se reis deur die wêreld van STEM Gepubliseer op: 26 Augustus 2026 Vir Corlé Visser, dosent in Wiskundige Wetenskappe by Akademia, is wiskunde veel meer as syfers, formules en berekeninge. Dit is ʼn lens waardeur sy die wêreld probeer verstaan – ʼn manier om komplekse probleme te ontleed, nuwe oplossings te ontdek en moontlikhede […]
Jongerenprojek-deelnemers besoek Akademia se kampusse en versterk só taalbande

Jongerenprojek-deelnemers besoek Akademia se kampusse en versterk só taalbande Gepubliseer op: 21 Augustus 2026 Internasionale deelnemers aan die Jongerenprojek (JP) het in Julie voet aan wal gesit in Suid-Afrika en onder meer tyd by Akademia se kampusse in die Paarl en Pretoria spandeer. Dié gesogte uitruilprogram poog jaarliks om deelnemers ʼn beter begrip te gee […]
Van sang tot skryfkuns: Paarl-Fonties wys hul talent tydens eerste Fontasties

Van sang tot skryfkuns: Paarl-Fonties wys hul talent tydens eerste Fontasties Gepubliseer op: 20 Augustus 2026 Akademia se Paarl-kampus het op 19 Augustus 2026 sy heel eerste Fontasties-talentkompetisie aangebied. Tien verhoogitems – van sang en kitaarbegeleiding tot teaterkuns – is tydens hierdie geleentheid in die Bôrdienghuisteater in Wellington opgevoer. Die program is verder ingekleur met […]
Eerste Fontie-spele in die Boland: ʼn ware studentesportfees!

Eerste Fontie-spele in die Boland: ’n ware studentesportfees! Gepubliseer op: 17 Augustus 2026 ʼn Sonnige wintersdag met die Bolandse berge as agtergrond het die toneel geskets vir Akademia se eerste Fontie-spele in die Paarl. Spanne van vier hoëronderwysinstellings (Akademia, Hugenote Kollege, Eduvos Tygervallei en ETA Kaapstad) en twee professionele sportklubs (Dragons-hokkieklub en Rosendal-rugbyklub) het die […]
Sally as KI-klasmaat: Wie leer vir wie?

Sally as KI-klasmaat: Wie leer vir wie? Gepubliseer op: 17 Augustus 2026 Geskryf deur dr. Chris-Mari Le Hanie, senior dosent: Opvoedkundestudies aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde ʼn Skooldistrik in New York het onlangs wêreldwyd vir opslae gesorg ná die bekendmaking van sy voorneme om ʼn halfmensrobot genaamd Sally in sy robotikaklasse te gebruik. Hoewel die […]
Universiteite as méér as net nodes van opleiding

Universiteite as méér as net nodes van opleiding Gepubliseer op: 17 Augustus 2026 Geskryf deur Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia Vir die Afrikaanse gemeenskap is daar min instellings so belangrik soos dié waarin ons kinders en jongmense opgevoed en onderrig word – van die kleuterskool tot die universiteit. Daar word intuïtief verstaan dat hierdie […]
Woordmeesters 2026: Wenners is trotse voorlopers vir Afrikaans

Woordmeesters 2026: Wenners is trotse voorlopers vir Afrikaans Gepubliseer op: 14 Augustus 2026 Die gewag is verby! Ná weke se afwagting is Afrikaanse Taaldag, 14 Augustus 2026, uiteindelik die dag waarop Akademia se woordmeesters vir 2026 aangewys word. As ʼn onafhanklike hoëronderwysinstelling wat Afrikaans as akademiese taal koester, bevorder en uitbou, bied Akademia die jaarlikse […]
Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag: ʼn boek in die hand, en Afrikaans in die hart

Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag: ʼn boek in die hand, en Afrikaans in die hart Gepubliseer op: 14 Augustus 2026 Vrydag 14 Augustus is ʼn dubbeldoortaaldag. Nie nét word Afrikaansdag gevier nie, maar Afrikaanssprekendes word óók aangemoedig om aan die Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag – ʼn inisiatief deur die Vriende van Afrikaans – deel te neem. Laasgenoemde, ʼn afdeling van die ATKV, […]
Paarl-Fonties skitter op die verhoog tydens eerste Artium-geleentheid

Paarl-Fonties skitter op die verhoog tydens eerste Artium-geleentheid Gepubliseer op: 14 Augustus 2026 Akademia se Paarl-kampus het op Vrydag 7 Augustus 2026 sy eerste Artium-geleentheid met groot welslae aangebied. Twee toneelopvoerings en ʼn sêroptrede is in die Toringkerk se saal opgevoer en het só die grondslag vir die kampus se kuns- en kultuurtradisie neergelê. Artium, […]
Taalstudies as ʼn toekomsboublok: ʼn Taal lewe waar mense dit laat leef

Taalstudies as ʼn toekomsboublok: ʼn Taal lewe waar mense dit laat leef Gepubliseer op: 14 Augustus 2026 ʼn Taal het nie longe nie, tog haal dit asem. Dit het nie ʼn hartklop nie, tog bruis dit ononderbroke in die are van die sprekers daarvan. Gedagtig aan Afrikaanse Taaldag, 14 Augustus 2026, vier Akademia opnuut die […]
Afrikaanse Taaldag: Taal word nie nét gebruik nie, maar gelééf

Afrikaanse Taaldag: Taal word nie nét gebruik nie, maar gelééf Gepubliseer op: 14 Augustus 2026 Geskryf deur Jo-Ann Scholtz, senior taalpraktisyn by Akademia Taal het nie longe nie, tog haal dit asem. Net só beskik dit nie oor ʼn hart nie, tog klop dit ononderbroke. Gedagtig hieraan getuig ons maklik: “Taal is lewendig!”, veral op […]